Goeie reënval duur dalk voort volgende somer - June 4, 2025
Dinge lyk ietwat positief vir die 2025/26-reënseisoen. Huidige voorspellings dui op ‘n hoë waarskynlikheid dat ENSO-neutrale toestande deur die winter en vroeë somer, dus tot Oktober vanjaar sal voortduur, met ‘n geleidelike verskuiwing na óf ‘n neutrale óf La Niña-fase daarna. La Niña bring reën in Namibië terwyl El Niño droëer toestande veroorsaak. Die onsekerheid […]
Karan-situasie raak ons boere, maar uitvoere na SA reeds minder - June 4, 2025
Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak en Kosmos 94.1 Nuus het […]
Olieraffinadery saam met Botswana ‘maak sin’ - June 4, 2025
Namibië se ambisies om ‘n plaaslike olieraffinadery te ontwikkel, kan ernstige uitdagings in die gesig staar, met lae nasionale brandstofvraag en hoë kapitaalvereistes wat as belangrike struikelblokke na vore kom. ‘n Raffinadery benodig vraag van tot 300 000 vate daagliks en kan tot 90 miljard Namibiese dollar kos om op te rig. Daar is onlangs […]
Keulen-middestad ontruim oor 3 lewendige WW ll-bomme - June 4, 2025
Ongeveer 20 000 mense in die middestad van Keulen is ontruim nadat drie lewendige bomme uit die Tweede Wêreldoorlog gevind is. Dit is die grootste vonds van die aard in die Duitse stad sedert die einde van die oorlog. Die drie Amerikaanse bomme is tydens bouwerk ontdek en sal nou deur bomdeskundiges ontlont word. Twee […]
Goeie vooruitsigte vir groei in privaatsektor kredietverlening - June 4, 2025
Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlening in April was 4,5 persent, effe laer as die 5 persent wat in Maart aangeteken is, maar aansienlik hoër as die 1,6 persent in April 2024. Besighede bly die hoofbydraers met groei van 7,1 persent op ‘n jaargrondslag, terwyl huishoudelike kredietgroei effens gedaal het tot 2,7 persent. Kosmos 94.1 […]
SA moet brandstofbelastings hersien, soos belowe: Cosatu - June 4, 2025
Cosatu sê die regering moet sy beloftes van 2018 en 2022 nakom en die talle brandstofbelastings en -heffings hersien wat sowat ʼn derde van die brandstofprys uitmaak. Die verhoging in die brandstofheffing het ingetree nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die EFF se aansoek om dit op te skort, verwerp het. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê dis ook […]
KI ‘gaan toekomstige oorloë oorheers’ - June 4, 2025
Die voormalige Amerikaanse ambassadeur by Navo, Kay Bailey Hutchison, sê kunsmatige intelligensie sal oorlog in die toekoms oorheers. Besteding op verdediging, veral binne Navo, is op die Europese en Britse agenda. Bailey Hutchison het met Sky News gepraat.
Franse Ope: Sinner, Djokovic, Zverev mik na halfeindrondte - June 4, 2025
Tennis: Jannik Sinner en Novak Djokovic probeer vandag om die halfeindronde by die Franse Ope te bereik, maar die kollig gaan op Lois Boisson in die vrouetoernooi wees. Die 22-jarige Franse speler is ‘n promotorskeuse en 361ste op die wêreldranglys. Sy speel teen die sesde-gekeurde Mirra Andreeva van Rusland nadat sy die derde-gekeurde Jessica Pegula […]
Fabupharm kry opdrag om strope te onttrek, produksie te staak - June 4, 2025
Die Namibië Medisyne-beheerraad het Fabupharm Namibia opdrag gegee om te begin om al sy vloeistofprodukte wat mondeliks ingeneem word, te herroep. Dit moet ook produksie van die vloeistowwe staak totdat geïdentifiseerde kwessies in die produksielyn aangepreek is, in lyn met vasgestelde standaarde. Die raad sê in ‘n verklaring ‘n inspeksie van die orale vloeistof-dosis blok het tekortkominge […]
MK-party se Shivambu ‘nederig’ om in parlement te dien - June 4, 2025
Floyd Shivambu van die MK-party het belowe om sy nuwe rol in die Parlement te gebruik om die party voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing en die algemene verkiesing in 2029 te versterk. Sy herontplooiing volg na ‘n dissiplinêre besluit oor ‘n ongemagtigde reis na Malawi, waar hy die voortvlugtige Shepherd Bushiri se kerk in […]