Glastonbury-fees maak vanjaar se kunstenaars bekend - June 4, 2025

Die Verenigde Koninkryk se grootste fees, die Glastonbury-fees, het sy kunstenaars vir vanjaar bekendgemaak. Die Britse pop-rock-groep The 1975, Neil Young en Olivia Rodrigo is die hoofkunstenaars op die Pyramid-verhoog. Die Rolling Stones se kitaarspeler, Ronnie Wood, is op die Sondag-legendes-program. Ander bekendes sluit in die Brat-ster, Charli XCX, wat die hoofkunstenaar op die Other […]

Read More

Banyana Banyana fokus op Afrika-beker vir Vroue - June 4, 2025

Sokker: Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê hulle fokus nou op voorbereidings vir die Afrika-beker vir Vroue wat volgende maand in Marokko gespeel word. Suid-Afrika is as kampioene van die Drienasies-reeks gekroon nadat hulle Zambië met 2-0 in die Lucas Moripe-stadion in Pretoria verslaan het. Banyana het die toernooi onoorwonne afgesluit en vyf […]

Read More

Reëlings op dreef vir olie- en gaskonferensie later vanjaar - June 4, 2025

Windhoek skud sy vere reg vir die derde olie- en gaskonferensie wat tussen 12 en 15 Augustus sal plaasvind. Die konferensie is die week bekendgestel, en tydens ‘n paneelbespreking is vrae gestel oor hoe Namibiërs baat sal vind by die ontluikende olie- en gasbedryf, Shakwa Nyambe, besturende vennoot by SNC Incorporated, sê Namibiërs moet nou […]

Read More

SA, Lesotho versterk handelsbande - June 4, 2025

Suid-Afrika se Departement van Handel en die Ministerie van Handel in Lesotho het ooreengekom om handels- en beleggingsamewerking te versterk. Die ooreenkoms volg ná ‘n vergadering in Pretoria tydens Lesotho se weeklange studiebesoek oor handelsraamwerke. Sleutelfokuspunte vir samewerking sluit inheemse plante, oorgrenswaardekettings en die benutting van handelsooreenkomste soos die tussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die […]

Read More

VN stem vandag oor onvoorwaardelike skietstilstand in Gaza - June 4, 2025

Die VN-Veiligheidsraad sal vandag oor ‘n resolusie wat ‘n onmiddellike, onvoorwaardelike en permanente wapenstilstand in Gaza eis wat deur alle partye gerespekteer word, stem. Volgens VN-diplomate sal die Verenigde State dit waarskynlik veto. Die voorgestelde resolusie beskryf die humanitêre situasie in Gaza as katastrofies. Die woordvoerder van die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres, Stephane Dujarric.

Read More

Navorsers ontwikkel plastiek wat in seewater oplos - June 4, 2025

Navorsers in Japan het ‘n plastiek ontwikkel wat binne ure in seewater oplos, wat ‘n potensiële oplossing bied vir ‘n hedendaagse plaag wat oseane besoedel en wildlewe skade berokken. Terwyl wetenskaplikes lank reeds met bioafbreekbare plastiek eksperimenteer, sê navorsers van die RIKEN Sentrum en die Universiteit van Tokio dat hul nuwe materiaal baie vinniger afbreek […]

Read More

Namibië het ‘n kultuur van verkragting - June 4, 2025

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die aanklaer-generaal Martha Imalwa wat sosiale media-gebruikers versoek om nie verkragtingslagoffers te bespot nie. Die vermeende slagoffer in die verkragtingsaak teen die voormalige lanadbouminister het in verskeie voorvalle deurgeloop. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis Ethne Mudge gepraat. Sy het haar kommer oor die kultuur van verkragting in […]

Read More

Vryheidsindeks bring ander probleme na vore - June 4, 2025

Die Namibiese ekonomie word steeds grotendeels as nie vry nie beskou deur ‘n toonaangewende internasionale indeks. Die Heritage Foundation het Namibië vanjaar sewende uit 47 lande suid van die Sahara in sy indeks van ekonomiese vryheid geplaas. Wêreldwyd is Namibië 94ste uit 184 lande. Namibië se telling het met 1,2 punte tot 58,7 gestyg, maar […]

Read More

Namport sluit weer beter af, soos elke jaar - June 4, 2025

Namport het 253 996 20-voet-ekwivalente eenhede in die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het, hanteer. Dit verteenwoordig ‘n toename van 33 persent vergeleke met verlede jaar. Die groei, wat neerkom op ‘n bykomende 82 845 vraghouers, is behaal ten spyte van ‘n daling van 13 persent in vaartuig verkeer. Volgens die owerheid […]

Read More

Wat van Namibië, na Botswana groei na 0% aanpas oor diamantverkope - June 4, 2025

Botswana sal sy ekonomiese groei-voorspelling vir 2025 tot byna nul verminder weens die langdurige afswaai in die wêreldwye diamantbedryf, het ‘n senior amptenaar in die finansministerie gesê. Botswana is die wêreld se voorste produsent van diamante volgens waarde en die ekonomie steun grootliks op diamantuitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor. […]

Read More