Slagting op Tiananmen vandag 36 jaar gelede - June 4, 2025

Dis is vandag 36 jaar sedert die Tiananmen-plein-slagting in Beijing in China. In April 1989 het studente en burgers op die plein begin bymekaarkom om te protesteer teen politieke korrupsie, sensuur en ‘n gebrek aan politieke en ekonomiese hervormings. Die vreedsame demonstrasie het in omvang en intensiteit gegroei. Die Chinese regering, wat nie bereid was […]

Read More

Parlement hervat volgende week bedrywighede - June 4, 2025

Die Nasionale Vergadering sal na verwagting op 10 Junie hervat en verskeie items is reeds op die agenda. Dit is die begroting, die Wysigingswetsontwerpe op Openbare Verkryging en die Regbank, en die Padwetsontwerp. Al die wetsontwerpe is sonder wysigings in die Nasionale Raad aangeneem. Verder is daar verskeie Staande Komitee-verslae wat ook deur die Nasionale […]

Read More

EFF steeds boos oor belasting wat sonder LP’s geïmplementeer word - June 4, 2025

Die EFF sê hulle sal hul parlementêre verteenwoordiging gebruik om te verhoed dat die Nasionale Tesourie in die toekoms belasting sonder behoorlike demokratiese toesig instel. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die party se aansoek teen die brandstofheffingverhoging met koste van die hand gewys het. Die verhoging van 16-sent per liter vir petrol en 15-sent […]

Read More

GEF befonds drie nuwe projekte van die VN-omgewingsprogram - June 4, 2025

Die Global Environment Facility het befondsing aangekondig vir drie nuwe projekte onder leiding van die VN-omgewingsprogram. Dit is die globale ondersteuningsprogram vir klimaatdeursigtigheid, die wêreldwye uitskakeling van kwik in die produksie van nie-ysterhoudende metale in Suid-Afrika, en die uitskakeling van kwik in vel-bleikmiddels in Afrika. Die drie projekte wil praktiese oplossings bied vir ernstige omgewingskwessies, […]

Read More

Strafhof sal Lord’s Resistance Army se Kony in September verhoor - June 4, 2025

Regters in die Internasionale Strafhof sal in September die oorlogsmisdaadklagtes teen die voortvlugtige Ugandese krygsheer, Joseph Kony aanhoor. Dit sal die eerste keer in hierdie hof se geskiedenis wees dat die verhoor om aanklagte te bevestig in absentia gehou sal word, aangesien Kony steeds ‘n voortvlugtige is. Hy word aangekla van 39 oorlogsmisdade en misdade […]

Read More

Hyphen sit nasionale vaardigheidsdatabasis voort - June 4, 2025

Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar ‘n vaardigheidsensus van stapel gestuur ter ondersteuning van Namibië se eerste grootskaalse groenwaterstofprojek. Namibiërs kan sodoende hul vaardighede en dokumente op ‘n nasionale databasis vir werksoekers insluit. Die sensus gaan die plaaslike talent identifiseer, die gereedheid van die arbeidsmag bepaal, asook riglyne vir toekomstige opleiding verskaf. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Ghana en Emirate onderteken ooreenkoms van miljarde vir KI - June 4, 2025

Ghana en die Verenigde Arabiese Emirate het ‘n ooreenkoms van 17 miljard Namibiese dollar onderteken om ‘n toonaangewende kunsmatige intelligensie- en tegnologiesentrum te bou. Die sentrum sal probeer om groot tegnologiemaatskappye soos Microsoft en Meta te lok. Die inisiatief is deel van ‘n breër strategie om albei die lande as leiers in kunsmatige intelligensie-innovering te […]

Read More

Petrolbom-aanvaller se familie agter tralies - June 4, 2025

Die familie van die Egiptiese burger wat daarvan beskuldig word dat hy petrolbomme tydens ‘n pro-Israeliese optog in Colorado ana deelnemers gegooi het, is Dinsdag in federale aanhouding geneem en kan gedeporteer word. Mohamed Sabry Soliman het in Colorado Springs gewoon maar was onwettig in die land nadat hy sy toeristevisum en ‘n vervalde werkpermit […]

Read More

eThekwini berei voor vir die 98ste Comrades - June 4, 2025

Die eThekwini-munisipaliteit sê hy is druk besig om gereed te maak vir die 98ste Comrades-marathon, wat een van die grootste sportgeleenthede op die Suid-Afrikaanse kalender is. Meer as 80 nasies word Sondag verteenwoordig wanneer die 89 kilometer van Pietermaritzburg na Durban aangedurf word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê hulle werk hard om ʼn […]

Read More

Sankwasa sê raadslede koop erwe vir N$5 - June 4, 2025

Daar word vanoggend berig dat die nuwe minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Volgens Namibian Sun, sal die volle onderhoud oor […]

Read More