Meer geld by Gauteng-begroting sal nie verskil aan dienslewering maak nie - June 4, 2025
Die DA in Gauteng sê die 886,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat by die provinsiale begroting gevoeg is, sal nie ʼn beduidende verskil maak aan dienslewering en inwoners se lewensgehalte nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het die provinsiale begroting vir die 2025/2026-boekjaar opnuut voorgelê nadat veranderinge aangebring is ná gewysigde nasionale […]
Musk sê Trump se ‘big, beautiful bill’ is ‘n gruwel - June 4, 2025
Die miljardêr Elon Musk het president Donald Trump se belasting- en bestedingswetsontwerp gekritiseer en dit verregaande en ʼn gruwel genoem. Die wetsontwerp wat triljoene Amerikaanse dollar se belastingverligting insluit, is verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Musk, wat die Trump-administrasie verlede week verlaat het, sê die Kongres maak Amerika bankrot. Die Republikeinse huis-speaker, […]
Oekraïne val Kerch-brug aan, beskadig pilare - June 4, 2025
Oekraïne sê hy het die Kerch-brug wat Rusland met die Krim verbind, met onderwater-plofstof aangeval. Dis die derde keer dat Kiëf die brug teiken sedert Rusland se inval in 2022. Oekraïne se veiligheidsdiens sê hy het 1 100 kilogram plofstof gebruik wat die brug se pilare ernstig beskadig het. Hy voeg by die aanval het […]
Telecom rol 5G-stasies uit - June 4, 2025
Telecom Namibia ontplooi tans nuwe mobiele basisstasies wat 5G-geaktiveer is, terwyl hy voortgaan met pogings om sy netwerk te moderniseer en toegang tot hoëspoed-verbindings regoor die land uit te brei. Telecom se uitvoerende hoof, dr. Stanley Shanapinda sê die uitrol van 5G-infrastruktuur is ‘n sleuteldeel van die maatskappy se strategie om Namibië in pas te […]
Starlink is digitale imperialisme – ATM - June 4, 2025
Die African Transformation Movement eis ‘n onmiddellike verbod op Elon Musk se onderneming, die Starlink-satellietdiens, en sê dit word onwettig in Suid-Afrika bedryf. Die ATM kritiseer die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid se versuim om op te tree en noem Starlink se bedrywighede ‘n bedreiging vir nasionale soewereiniteit. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, kritiseer ook die ANC-DA-koalisie oor […]
Geen voedselverspreiding vandag in Gaza nie, stigting moet eers beplan - June 4, 2025
Die Gaza Humanitêre Stigting wat deur Amerika en Israel ondersteun word, sê sy verspreidingsentrums is vandag gesluit. Dit volg nadat Israel se weermag Gaza-inwoners gewaarsku het om nie na hulpsentrums te reis nie omdat die paaie daarheen as oorlogsones beskou word. Gister is 27 mense dood wat bymekaargekom het om kos by een van die […]
IPL-titel behoort aan Royal Challengers Bengaluru - June 4, 2025
Die Royal Challengers Bengaluru het die Punjab Kings met ses lopies geklop om hul eerste Indiese Premierliga-titel te buit. Virat Kohli met 43 het die meeste lopies bygedra en RCB het in sy 20 boulbeurte 190 vir nege behaal. Ten spyte van Shashank Singh se onoorwonne 61, is Punjab in antwoord daarop tot 184 vir […]
EU in Namibië sê oor EU-AU beraad - June 4, 2025
Die Europese Unie en die Afrika Unie het verdere bande gesmee ter voorbereiding vir die sewende EU-AU beraad. Die beraad sal later vanjaar in Afrika plaasvind, en al die besonderhede moet nog bekend gemaak word. Ian du Pont, die adjunkhoof van die EU-sending na Namibië, het meer oor die vergadering.
IATA verwag rederye sal vanjaar bestendig bly - June 4, 2025
Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, IATA, het ‘n opdatering van die finansiële vooruitsigte van lugdienste vanjaar aangekondig, wat beter winsgewendheid oor 2024 en veerkragtigheid toon in die lig van die wêreldwye ekonomiese en politieke verskuiwings. Alhoewel wêreldwye BBP-groei na verwagting van 3,3 persent in 2024 tot 2,5 persent in 2025 sal daal, sal die winsgewendheid van lugrederye […]
Xi en Trump sal die week gesels - June 4, 2025
Volgens die Withuis sal die Amerikaanse president Donald Trump en China se president Xi Jinping waarskynlik later hierdie week hulle langverwagte telefoniese gesprek voer, met handelsspanning tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë wat toeneem. Trump het verlede week verdere spanning met China aangewakker toe hy die wêreld se tweede grootste ekonomie beskuldig het van […]