Demokraat Lee wen in Suid-Korea - June 4, 2025
Die Demokratiese Party se kandidaat Lee Jae-myung het die Suid-Koreaanse blitspresidentsverkiesing met byna 50-persent van die stemme gewen. Sy hoofteenstander, Kim Moon-soo van die konserwatiewe People Power Party, het die nederlaag erken. Hy sê hy berus in die mense se besluit. Die verkiesing het gevolg na die vorige president Yoon Suk Yeol aangekla en vervolg […]
BeFree bied steeds opleiding oor voortplantingsgesondheid aan - June 4, 2025
Die BeFree Cares-kliniek het onlangs voortplantingsgesondheidsopleiding vir gesondheidsorgwerkers aangebied en jong meisies bygestaan met voortplantingsgesondheidsdienste. Jeugdiges tussen die ouderdomme van 18 en 35 kan steeds al die BeFree-kampus se dienste benut. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pauline Kahupi, die uitvoerende direkteur van die One Economy-stigting, wat die belangrikheid van die uitreiking uitlig.
Kom ondersteun plaaslike rugby vandeesmaand - June 4, 2025
Die direkteur van die Namibiese Rugby-unie en legendariese speler Jacques Burger doen ‘n beroep op rugbyondersteuners in die land om nie net die klubspanne die naweek te ondersteun nie, maar ook die nasionale span wat verskeie wedstryde die maand speel ter voorbereiding vir kwalifisering vir die Wêreldbeker in 2027. Hy het die program so uitgelê […]
Nog geen terugvoer oor Starlink nie - June 4, 2025
Die kwessie dat Starlink 30 persent plaaslike aandeelhouding moet hê om ‘n bedryfslisensie te kan kry was onlangs in die nuus in Suid-Afrika, met die regering wat beoog om die beleid en wette hieroor te verslap. Daar is net soos in Namibië, ‘n groot behoefte in afgeleë en ondergedienste gebiede vir die internet-diens. Die deeltydse […]
Honderde hektaar se mielies staan en vrek, geen stropers nie - June 4, 2025
Mielieproduksie by die Uvhungu Vhungu-groenskema in Kavango Oos is met die helfte verminder weens die onbeskikbaarheid van ’n stroper. Plaaslike media berig die bestuurder Floris Smith sê die tekort ontwrig seisoenale aanplantings. Smith het aan die Republikein verduidelik dat hoewel die lynministerie reeds begrotingsgoedkeuring vir sekere ingrypings ontvang het, baie van die uitvoering steeds buite […]
Waar’s die diamante, vra likwidateurs - June 4, 2025
Die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, saam met die veiligheidsministerie, die ministerie van myne en energie en die diamantkommissaris stoei weer in die hof oor 14 miljoen Namibiese dollar se diamante. Die hoërhof het in Julie verlede jaar opdrag gegee dat die polisie die diamante oorhandig maar, […]
Selma gesels oor haar skoonheidsreis - June 4, 2025
Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya, het die naweek geskiedenis gemaak in Hyderabad deur onder die top-8 uit 107 deelnemers in die kompetisie se finaal te eindig. Mej. Thailand, Suchata Chuangsri, is as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Kosmos 94.1 Nuus het met haar opgevang na haar terugkeer uit Indië. Sy gee die resep vir haar […]
Steenkamp looi afwesigheid van Karas-onderwysers - June 4, 2025
Die onderwysminister Sanet Steenkamp is op streeksbesoek. Tydens haar besoek aan die Karas-streek, het sy haar kommer uitgespreek oor die afwesigheid van veral onderwysers by die skole. Die goewerneur, Aletha Fredericks, het op haar beurt ‘n tekort aan sport-ondersteuning uitgelig, veral omdat meeste van die atlete in die streek op skool is.
SA ekonomie groei met skamele 0,1%, maar landbou presteer - June 4, 2025
Suid-Afrika se ekonomie het met slegs 0,1-persent in die eerste drie maande van die jaar gegroei. Die landbousektor, met ‘n groei van byna 16-persent danksy goeie reën, was die hoofdryfveer en het gehelp om ‘n inkrimping in die bruto binnelandse produk te vermy. Mynbou en vervaardiging het die ekonomie egter afgetrek, met dalings in sleutelprodukte […]
Zim reik skietpermitte vir 50 olifante uit - June 4, 2025
Zimbabwe het permitte uitgereik om minstens 50 olifante uit te dun op ‘n reservaat waar daar drie keer meer olifante is as wat die habitat kan onderhou. Die Save Valley-bewarea in die suide van die land is die tuiste van ongeveer 2 550 olifante, terwyl dit ‘n dravermoë van 800 olifante het, volgens die Zimbabwe […]