Skietery dood (weer) 27 Palestyne wat kos kom haal - June 4, 2025

Reddingswerkers sê die Israeliese weermag het Dinsdag minstens 27 mense naby ‘n VSA-gesteunde hulpsentrum in Gaza doodgeskiet. Die weermag voer egter aan hulle het geskiet op verdagtes wat in troepe se rigting beweeg het. ‘n Soortgelyke skietery Sondag in dieselfde gebied het tientalle Palestyne wat hulp gesoek het, dood en gewond gelaat. Die VN se […]

Read More

Hengari weer Donderdag in die hof - June 3, 2025

Die voormalige landbouminister Mac Hengari bly in aanhouding tot Donderdag, wanneer hy weer in die Windhoek-landdroshof sal verskyn, hangende ‘n beslissing deur die aanklaer-generaal. Uitspraak word verwag in ‘n kwessie oor Hengari se arrestasie en of hy in aanhouding moet bly. Verdedigingsadvokaat Patrick Kauta voer aan dat Hengari se inhegtenisneming op 26 April op ‘n […]

Read More

Zuma, Thales se poging om korrupsiesaak te beëindig misluk - June 3, 2025

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het aansoeke van voormalige president Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, om hul wapentransaksie-korrupsieverhoor te staak, van die hand gewys. Zuma en Thales staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery wat verband hou met die wapentransaksie van 1999 van multimiljard-rand. Regter Nkosinathi Chili het in sy uitspraak […]

Read More

Nederland se koalisie-regering stort in duie - June 3, 2025

Die ver-regse Nederlandse leier, Geert Wilders, het sy party uit die regering onttrek na twis oor immigrasie, wat die wankelrige koalisie tot ‘n val gebring het en waarskynlik tot ‘n vinnige verkiesing gaan lei. Wilders is gefrustreerd met wat hy beskou as die stadige tempo met die instelling van ‘n streng immigrasiebeleid, wat na sy […]

Read More

Vroue-Springbok Makua wil impak maak by Afrika-vrouebeker - June 3, 2025

Rugby: Die Springbok-vroue se veelsydige voorspeler, Lerato Makua, sê sy is vasbeslote om ‘n impak te maak in die Afrika-vrouebeker in Madagaskar wat Saterdag begin. Suid-Afrika wil hulle titel teen Uganda, Kenia en die gasvroue Madagaskar by die Stade Makis in Antananarivo verdedig. Makua, wat na ‘n kniebesering terugkeer, sê dit is ‘n geleentheid vir […]

Read More

Kankervereniging onderstreep belangrikheid van HPV-inentings - June 3, 2025

Die gesondheidsministerie se bekendstelling van die entstof teen menslike papilloomvirus, of HPV in die nasionale roetine-immuniseringskedule, sal van 30 Junie tot 18 Julie plaasvind. Dit is oorspronklik vir 2 tot 13 Junie beplan, maar is herskeduleer om te verseker dat alle nodige voorbereidings in plek is. Die HPV-inentingsprogram is hoofsaaklik ‘n skoolgebaseerde ingryping, wat meisies […]

Read More

Brave Warriors probeer weer by Cosafa-beker 2025 - June 3, 2025

Namibië se nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, is in Bloemfontein in Suid-Afrika waar hulle aan die Cosafa-beker 2025-toernooi gaan deelneem. Afrigter Collin Benjamin het ‘n groep van 23 spelers vir die streekstoernooi gekies. Namibië is in Groep B geloot saam met Angola, Malawi en Lesotho. Die toernooi skop môre om 3-uur by die Toyota-stadion […]

Read More

Golden Game, Antje Nauhaus bemiddel na helikopter-ongeluk - June 3, 2025

Die nadraai van die noodlottige helikopter-ongeluk op 17 Julie 2023 by die Swakopmund-vliegveld is steeds nie afgehandel nie. Die 54-jarige vlieënier Jacques Jacobs en die 29-jarige lugvaartingenieur Dirk von Weidts het in die ongeluk gesterf. Golden Game van Mariental dagvaar Antje Nauhaus en Namibia Base Aviation vir net meer as 6,7 miljoen Namibiese dollar, vir […]

Read More

Namibië se belangrikste uitvoere voel internasionale spanning - June 3, 2025

Namibië se mynbougedrewe welvaart word bedreig deur internasionale politieke spanning en handelsbeskerming wat ‘n demper op die vooruitsigte vir kommoditeitspryse vir vername uitvoere soos basismetale en diamante plaas. Hoewel Namibië min direkte handel met Amerika dryf, voel die land wel indirek die impak van Trump-tariewe en trae globale nywerheidsbedrywighede. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo […]

Read More

Okahandja toerisme-ekspo gaan voort, maar gemeenskap boikot - June 3, 2025

Die Okahandja -toerisme- en handelsuitstalling het vandag geopen, nadat dit in Mei uitgestel is weens moorde op drie jong meisies. Dit het gekom na druk deur gemeenskapslede en aktiviste na die lyke van die 5-jarige Ingrid Maasdorp, die 6-jarige Roswinds Fabianu en die 15-jarige Beyonce Kharuxas gevind is. Burgemeester Beatrice Kotungondo het aan plaaslike media […]

Read More