Internetontwrigting moontlik weens werk aan ondersese kabel - June 3, 2025
MTC waarsku kliënte teen moontlike internetontwrigting, aangesien geskeduleerde onderhoudswerk aan die Wes-Afrikaanse kabelstelsel aan die gang is. Die onderhoud het op 1 Junie begin en sal na verwagting tot 16 Junie voortduur. Die WACS-kabel is ‘n belangrike ondersese breëbandinfrastruktuur wat Suid- en Wes-Afrika met Europa verbind, met ‘n landingspunt in Swakopmund. Dit bied ‘n belangrike […]
Shack Dwellers Federation sit hand by met behuisingnood - June 3, 2025
Die Stad Windhoek sê meer as 40 500 inwoners is reeds op ‘n waglys vir grond. Dié syfer hou aan styg ten spyte van die Stad se pogings om in die vraag na behuising en erwe te voorsien. Die Shack Dwellers Federation stem saam dat die probleem al hoe groter word. Heinrich Amushila van die […]
ActionSA takel polisie-direktoraat oor ‘vanlyn’ e-posstelsel - June 3, 2025
ActionSA sê die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat het 30 dae uitstel gevra vir die party se aansoek volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die PAIA-aansoek vra die bekendmaking van die OPOD-verslag oor die presidensiële beskermingseenheid se betrokkenheid by die Phala Phala-diefstalsaak in 2020. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die verslag as […]
Netflix se Adolescence wen groot in New York - June 3, 2025
Adolescence van Netflix het drie van die vier kategorieë waarvoor dit by die tweede jaarlikse Gotham-televisietoekennings in New York benoem is, gewen. Die reeks van vier episodes oor ʼn tienerseun wat van moord beskuldig word, het die deurbraakprys vir ʼn beperkte reeks, hoofrol in ʼn beperkte reeks vir Stephen Graham, en ʼn gedeelde prys vir […]
Kagiso Rabada gereed vir Aussies se slegsê-taktieke - June 3, 2025
Krieket: Protea-snelbouler Kagiso Rabada sê hy is gereed vir Australië se berugte slegsê-taktiek en voeg by dit sal hom net meer motiveer. Die twee nasies takel mekaar volgende week in die Wêreld-toetskampioenskap-eindstryd op Lord’s in Engeland. Die laaste keer wat die 30-jarige Rabada in Augustus 2022 op die heilige grond teen Engeland gespeel het, het […]
Onderwysminister hoor van kwessies in Suide - June 3, 2025
Die minister van onderwys, Sanet Steenkamp is besig met besoeke aan dorpe en skole in die Suide van die land. In die Hardap-streek het sy met goewerneur Riaan McNab ontmoet. Hy het sy kommer uitgespreek oor verskeie kwessies waaronder vervalle skole en skole wat met asbes gebou is. Luister self.
Groot kommer oor lewenskoste in SA - June 3, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor die jongste verslag oor lewenskoste in Suid-Afrika. Die verslag onthul dat oplopende hoofinflasie tussen 2011 en 2023 met 94,6-persent gestyg het, terwyl die koste van noodsaaklike goedere teen ʼn baie hoër koers geklim het. Die vakbondwoordvoerder Claude Naiker sê die prys van noodsaaklikhede soos kos, behuising en […]
Globale temperature op pad na rekords binne 5 jaar - June 3, 2025
Die Wêreld Meteorologiese Organisasie voorspel dat wêreldtemperature tussen 2025 en 2029 waarskynlik alle rekords gaan oortref. Die organisasie sê daar is ‘n 80-persent moontlikheid dat temperature in minstens een van daardie jare, 2024 as die warmste jaar ooit gaan oortref. Daar is ook ‘n 86-persent waarskynlikheid dat voor-nywerheidsvlakke binne ‘n jaar ‘n styging van 1.5-grade […]
SA se Erik van Rooyen bespreek sy plek in Amerikaanse Ope - June 3, 2025
En in gholfnuus het die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen het sy plek bespreek in die 125ste Amerikaanse Ope wat volgende week by die Oakmont-buiteklub plaasvind. Die 35-jarige speler het rondes van 64 en 67 voltooi om op 13-onder 131 eerste klaar te maak by ʼn kwalifiserende toernooi in Columbus, Ohio. Van Rooyen, ʼn tweemalige PGA-wenner, […]
NNN moet bestuur van diversiteit in die land aanspreek - June 3, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het nou twee keer in belangrike toesprake gesê dat sy nie ‘n verdeelde nasie wil lei nie. Sy het dit die eerste keer in haar intreerede gesê toe sy as president verkies is, en dit herhaal tydens die amptelike vieringe van die Volksmoord Herdenkingsdag in Windhoek. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe het egter […]