Reën voorspel in verskeie streke oor die naweek - October 18, 2025

Reën word plek-plek oor die naweek verwag, so moet nog nie die sambrele wegpak nie. Donderstorms word voorspel in die Khomas, Omaheke, Kunene en Otjozondjupa-streke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Aiyambo, die hoof-weerkundige by die Namibië metereologiese diens, wat die weervoorspelling vir die naweek gee.

Read More

DA boos oor agterstallige misdaadstatistieke - October 18, 2025

Die DA veroordeel die vertraging in die vrystelling van misdaadstatistieke van Januarie tot Maart, wat nou sewe weke laat is. Die DA se woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, sê die gebrek aan data belemmer stasies se vermoë om te beplan en hulpbronne toe te ken, veral voor die feestyd. Sy sê die DA sal […]

Read More

Geen Tomahawk-missiele vir Oekraïne, sê Trump - October 18, 2025

Amerikaanse president Donald Trump en sy Oekraïnse eweknie Volodymyr Zelensky is verdeeld oor die toekoms van die oorlog in Oekraïne na hul derde vergadering van etlike ure Vrydag by die Withuis. Trump het dit duidelik gestel dat hy nie nou die Tomahawk-missiele sou verskaf wat Zelensky gesoek het nie. Kort na die vergadering het Trump […]

Read More

Gelant terug vir Stormers teen Zebre - October 18, 2025

Rugby: Springbok-heelagter Warrick Gelant maak vandag sy eerste verskyning van die seisoen vir die Stormers in hulle Verenigde Rugbykampioenskap wedstryd teen Zebre Parma, by die Stadio Sergio Lanfranchi in Parma. Daar is vier veranderinge aan die beginspan. Met Gelant op heelagter sluit Damian Willemse aan by kaptein Ruhan Nel in die middelveld as senterpaar. Onder […]

Read More

Copps 94.1-span staan bont in hoofstad - October 18, 2025

‘n Gewapende rooftog het die Copps 94.1-span in Windhoek besig gehou Vrydagaand, asook ‘n mediese geval en meer. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was soos gewoonlik aan diens saam met die Namibiese polisie en doen verslag:

Read More

Tiener 25 jaar tronk toe vir moord op Deveney Nel - October 18, 2025

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het ‘n 18-jarige seun tot 25-jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n graad 10-leerder van die Hoërskool Overberg in Caledon, Deveney Nel. Die tiener, wie se identiteit ingevolge die Kinderwet beskerm word, is ook skuldig bevind aan regsverydeling as deel van ‘n pleitooreenkoms. Deveney se liggaam is op 14 Augustus verlede […]

Read More

Prins Andrew doen afstand van koninklike titels - October 18, 2025

Prins Andrew sal met onmiddellike ingang die gebruik van sy koninklike titels, insluitend Hertog van York, prysgee nadat hy die saak met Koning Charles bespreek het. In ‘n verklaring wat deur Buckingham-paleis uitgereik is, sê hy na gesprekke met die Koning, en sy onmiddellike en breër familie, was daar ooreenstemming dat die voortgesette beskuldigings teen […]

Read More

Bulle klop Connacht net-net in Galway - October 18, 2025

Rugby: Die Vodacom Bulle het gisteraand ‘n laat aanslag oorleef en ‘n moeilike oorwinning van 28-27 oor die Ierse span Connacht behaal in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Galway. Hoewel die Bulle beter verdedig het, het hulle steeds vier drieë afgestaan, terwyl hulle drie van hul eie aangeteken het. In ‘n omstrede voorval is Bulle-haker Jan-Hendrik […]

Read More

Aranos-dorpsraad gee leerders ‘n hupstoot - October 17, 2025

Die Aranos-dorpsraad het, deur middel van sy Burgemeester Finansiëlebystandsinisiatief, onderneem om ondersteuning aan plaaslike skole te bied om onderwys te versterk, leerders te bemagtig en groter geleenthede vir die toekoms te skep deur meer in die dorp se onderwysinstellings te belê. Die raad het 5 000 Namibiese dollar aan ses laerskole geskenk met die doel […]

Read More

Vrystaat het nou 8 bek-en-klou uitbrekings - October 17, 2025

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het sewe nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld. Ses is in Viljoenskroon/Vredefort en een in Sasolburg, wat die provinsiale totaal op 49 te staan bring. Agt verskillende uitbrekings strek oor vyf munisipaliteite, insluitend Kroonstad, Deneysville en Edenville. Inentings op besmette plase word onmiddellik gedoen om die […]

Read More