VF+ sê SA is in fase ses van die tien wat vir volksmoord nodig is - June 3, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê volksmoord is ʼn storm wat in Suid-Afrika broei. Die internasionale organisasie, Genocide Watch, het tien stadiums van volksmoord geïdentifiseer. Volgens die organisasie is wit boere in die land by fase ses – polarisasie. Wynand Boshoff van die VF Plus sê die eienskappe van hierdie stadium sluit in polariserende verklarings en propaganda, […]

Read More

Diamantmark: Botswana verlaag groeivoorspelling na nul - June 3, 2025

Botswana gaan sy ekonomiese groeivoorspelling vir 2025 tot byna nul verlaag weens die voortslepende afswaai in die wêreldwye diamantbedryf. Die begrotingstekort sal na verwagting ook toeneem as gevolg van verlaagde diamantinkomste. Botswana is die wêreld se voorste produsent van diamante volgens waarde en sy ekonomie is grootliks afhanklik hiervan. Daar is vroeër ‘n groei van […]

Read More

Suid-Korea kies vervanger vir Yoon vandag - June 3, 2025

Miljoene Suid-Koreane het vandag gestem in ‘n blitsverkiesing vir ‘n nuwe president om Yoon Suk Yeol op te volg. Meer as 15-miljoen mense het verlede week tydens ‘n twee dae lange vroeë stemperiode gestem, wat byna 35-persent van die land se 44,4-miljoen stemgeregtigde kiesers uitmaak. Yoon het die land in chaos gedompel deur in Desember krygswet af […]

Read More

Onthou, brandstofpryse daal vannag - June 3, 2025

Bestuurders word daaraan herinner om nie hulle voertuie voor middernag vol te maak nie. Die petrolprys daal dan met 30 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 70 sent ‘n liter daal. Die aankondiging van die brandstofprys is Vrydag bekend gemaak. Ten Hasheela, woordvoerder van die energieministerie.

Read More

Bek-en-klouseer by Karan en die plaaslike impak - June 3, 2025

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Die rimpeleffek hiervan is groot. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak […]

Read More

Raffinadery-plan het reeds uitdagings - June 3, 2025

Namibië se ambisies om ‘n plaaslike olieraffinadery te ontwikkel, kan ernstige uitdagings in die gesig staar, met lae nasionale brandstofvraag en hoë kapitaalvereistes wat as belangrike struikelblokke na vore kom. The Brief berig dat volgens Namcor, staan die land se huidige brandstofverbruik op ongeveer 25 000 vate per dag, heelwat onder die vlak van 100 000 […]

Read More

NLU sê oor generasionele plaaswerkers - June 3, 2025

Die Namibiese Landbou-unie stem saam met landbouminister Inge Zaamwani dat kommersiële boere waardige en volhoubare oplossings moet vind vir generasionele plaaswerkers en hulle nie van plase af verdryf nie. Zaamwani sê gedwonge uitsettings van hierdie plaaswerkers, wat oor generasies ‘n bydrae tot plase gelewer het, is onmenslik en onaanvaarbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met […]

Read More

Rysproduksie onder die loep na invoere van N$314m - June 3, 2025

Daar word berig dat Namibië kyk na nuwe strategieë om rysproduksie te verbeter. Dit kom na meer as 314 miljoen Namibiese dollar in 2024 bestee is om 28 300 metrieke ton rys in te voer. Die planne kom te midde van die sukkelende Kalimbeza projek wat braak gelê het in 2022 en 2023 te midde […]

Read More

Olieprys: Wat gaan aan? - June 3, 2025

Die prys van Brent ru-olie het wisselvallig vertoon oor die afgelope paar dae en dit is moeilik om te sê hoe die kommoditeit sal presteer. Steeds rondom 65 Amerikaanse dollar ‘n vat het die prys Maandag met amper 4 persent gestyg en dit kom terwyl daar voorspellings is vir ‘n daling tot by 55 dollar […]

Read More

Gates wil US$200 miljard in Afrika bestee - June 3, 2025

Microsoft-stigter, Bill Gates, sê hy beplan om die meeste van sy fortuin van 200 miljard Amerikaanse dollar te bestee aan die verbetering van gesondheids- en onderwysdienste regoor Afrika. Hy het die aankondiging gemaak in ‘n toespraak by die hoofkwartier van die Afrika-unie in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba. Gates sê dat die ontketening van menslike […]

Read More