Oud-minister Hengari verskyn weer - June 3, 2025

Oud-landbouminister Mac Hengari sal na verwagting vandag weer in die Windhoek-laerhof verskyn op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar gedurende die laaste naweek in April aan die 21-jarige vrou met wie hy blykbaar ‘n verhouding het, wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek of, dat sy […]

Read More

Namibiese sakelui moet ook tot omgewing bydra - June 3, 2025

Die finansministerie gaan ‘n raamwerk ontwikkel wat private beleggings in klimaatsprojekte bevorder. ‘n Parlementêre komitee het versoek dat inkomste uit koolstofmarkte die Aanpassingsfonds ondersteun en dring aan op die spoedige vestiging van ‘n fonds vir klimaatsrampe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, wat sê besighede behoort ook betrokke te […]

Read More

Een uit elke vyf hoërskoolleerders in SA damprook - June 3, 2025

Die adjunkminister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê die verheerliking van damprook en gegeurde tabakprodukte veroorsaak ‘n gevaarlike toename in nikotienverslawing onder tieners. Hy het tydens Wêreld Geen Tabakdag in Midrand onthul dat een uit elke vyf hoërskoolleerders damprook. Phaahla het beklemtoon dat hierdie neiging gesondheid op die lange duur bedreig. Hy het beklemtoon dat die […]

Read More

Djokovic tweede om 100 wedstryde by Roland Garros te wen - June 3, 2025

Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, het Rafael Nadal ingehaal en die tweede man in die geskiedenis geword om 100 wedstryde by Roland Garros te wen. Die Serwiër het die Brit, Cameron Norrie, verslaan om die 16de agtereenvolgende jaar die kwarteindronde te haal. Die topgekeurde Jannik Sinner van Italië het die Rus, Andrey Rublev geklop en […]

Read More

Bruni en McClaren moet groot opdok vir Esau-kostes - June 3, 2025

Die bekende likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren sal moet diep grawe om op te dok vir die regskostes van Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau. Dit kom na die hooggeregshof op 8 Mei die hoërhofbeslissing dat Esau toegang tot 3,4 miljoen Namibiese dollar van sy fondse kan kry vir regsverdediging, gehandhaaf het. Esau, en sy vrou Swamma, […]

Read More

Onderwysassistente moet voltydse onnies word – Cosatu - June 3, 2025

Cosatu bepleit beter ondersteuning om onderwysassistente te help om voltydse onderwysers te word en so meer loopbaanrigtings vir jongmense oop te stel. Die vakbond sê dit sal onderwys help verbeter, die wanbalans in die onderwyser-leerder ratio verminder en jeugwerkloosheid beveg. Matthew Parks van Cosatu verwelkom die terugkeer van die presidensiële werkstimulus, wat 200 000 jongmense […]

Read More

Daar moet geen beloning vir Putin wees nie - June 3, 2025

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beklemtoon die sleutel tot blywende vrede is duidelik: Die aggressor moenie enige beloning vir die oorlog ontvang nie. Dit volg ná ʼn tweede ronde vredesonderhandelinge gister in Istanboel tussen Rusland en Oekraïne wat sonder ʼn deurbraak geëindig het. Zelensky het by ʼn beraad in die Litause hoofstad, Vilnius, gesê […]

Read More

Verstappen sê ongeluk was sy skuld - June 3, 2025

Die viermalige wêreldkampioen, Max Verstappen, het erken dat sy frustrasie daartoe gelei het dat hy in Mercedes se George Russell vasgery het tydens die laaste rondtes van die aksiebelaaide Spaanse Grand Prix. Verstappen het Russel en die Ferrari-bestuurder, Charles Leclerc, aanvanklik blameer, maar het op sosiale media erken sy optrede was onvanpas. Die voorval het […]

Read More

Moedertaalonderrig suip aan die agterspeen - June 3, 2025

Reaksie word ontvang op die onderwysministerie wat sê hy sukkel om gekwalifiseerde onderwysers in Afrikaans, Khoekhoegowab en Setswana te kry. Maatskaplike aktivis, Shaun Gariseb, is van die mening dat die lynminister die probleem ignoreer. Hy verduidelik.

Read More

Kommer oor pryse, uitvoere, na Karan bek-en-klouseer bevestig - June 3, 2025

Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, het positief getoets vir bek-en-klouseer. Die voerkraal sê daar word nou saam met die staat se veeartsenydienste gewerk, en dat alle innames van beeste by sy Heidelberg-fasiliteit tot tyd en wyl gestaak word. Die rimpeleffek hiervan is groot. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers […]

Read More