Damme vertoon steeds goed - June 3, 2025

Waterbronne in die drie sentrale damme is tans op 83,2 persent met Swakoppoort wat op 96,4 persent staan en Von Bach op 84. Omatako is 63,1 persent vol. In die Suide is bronne op 92,2 persent. Hardap is 74,4 persent vol met Naute wat op 99,4 persent staan. Oanob is het 75 persent water. Die […]

Read More

Meer aandag nodig vir bestaande besighede, as nuwe besighede - June 3, 2025

Namibië beklee die 85ste plek uit 118 lande in die skep van ‘n bevorderlike omgewing vir begin-besighede, volgens die Global Startup Ecosystem-indeks deur Startup Blink. Die indeks word jaarliks saamgestel met behulp van honderde duisende datapunte wat verwerk word deur ‘n algoritme wat ‘n paar dosyn stelle parameters in ag neem. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Nuwe soektog begin vandag vir Maddie McCann - June 3, 2025

Duitse polisie sê hulle sal vandag met ‘n nuwe soektog na Madeleine McCann in Portugal begin. Sy was drie jaar oud toe sy verdwyn het terwyl sy op 3 Mei 2007 saam met haar gesin by die Praia da Luz-oord met vakansie was. Die soektog sal die eerste in twee jaar wees. Haar ouers, Kate […]

Read More

Unam gee gratis kos aan studente wat eksamen skryf - June 3, 2025

Die Studenteraad van Unam se hoofkampus in Windhoek het die “Brain Fuel”-ondersteuningsprogram geloods wat gratis maaltye verskaf aan studente wat eksamen skryf. Die inisiatief volg op ‘n onlangse oproep deur Unam-amptenare om die verpligte ontbyt uit koshuisgelde te skrap, in ‘n poging om ‘n bekostigbare maaltydplan vir koshuise te skep. Die Studentraad sê die maaltye […]

Read More

SAPD-lede moet met seksoortrederlys vergelyk word - June 3, 2025

Build One South Africa doen ‘n beroep op polisieminister Senzo Mchunu om alle polisielede dringend binne die volgende drie maande teen die seksoortredersregister na te gaan. Die oproep kom nadat dit aan die lig gekom het dat minder as 0,14-persent van polisiepersoneel hierdie toets ondergaan het. BOSA eis ook ‘n volledige oudit van vorige en […]

Read More

Britte het groot planne vir verdediging - June 3, 2025

Brittanje het aangekondig dat hy 12 nuwe aanvalsduikbote gaan bou. Die land het ‘n groot verdedigingshersiening van stapel gestuur wat die land meer oorlogsgereed sal maak. Die eerste minister, Keir Starmer, het oorlog in Europa, nuwe kernkragrisiko’s, daaglikse kuberaanvalle en toenemende Russiese aggressie gelys as bedreigings. Generaal Sir Richard Barons, mede-outeur van die Strategiese Verdedigingsoorsig, […]

Read More

Stukkie Parmesaankaas vir jou? - June 3, 2025

‘n Wiel Parmigiano Reggiano word gevier as “’n outentieke juweel van die natuur” nadat dit ‘n nuwe rekord vir die oudste Parmesaankaas opgestel het. Die 36kg wiel was een van die laaste wat in 1998 deur Romano en Silvia Camorani by hul suiwelplaas in Poviglio, ‘n dorpie naby Parma in Italië se noordelike Emilia-Romagna-streek, gemaak […]

Read More

Die dag wat was, 2 Junie 2025 - June 2, 2025

Welkom by die heel eerste ooit Dag Wat Was, waar Kosmos jou ‘n opsomming van die hoofnuusgebeure van die dag, van hier, daar en oral bring.

Read More

Vivo se verkoop van Engen, Shell diensstasies in volle swang - June 2, 2025

Vitol Emerald Bidco, of Vivo Energy in Namibië, het verlede jaar 74 persent van Engen bekom en as deel van die Namibiese Mededingingskommissie se voorwaardes, moet hy van 58 Engen- en Shell-diensstasies in die land ontslae raak. Dit is om billike mededinging te verseker. Die transaksie is tans in die tweede verkoopsperiode, wat einde Mei […]

Read More

ACS verwelkom sekerheidsopgraderings by lughawens - June 2, 2025

Aviation Co-ordination Services het die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid se goedkeuring om vier kritieke bagasie-ondersoekeenhede by OR Tambo en King Shaka Internasionale Lughawens te vervang, verwelkom. Dit volg op ‘n uitspraak van die Johannesburgse Hooggeregshof wat die dringende opgraderings verpligtend maak te midde van kommer oor verouderderde toerusting. Die uitvoerende hoof van ACS, Duke Phahla, sê die […]

Read More