Rusland, Oekraïne praat weer oor beëindiging van oorlog - June 2, 2025

Russiese en Oekraïense amptenare sal vandag in Istanbul vergader om planne uit te ruil oor hoe om die drie jaar lange oorlog, Europa se grootste sedert die Tweede Wêreldoorlog, te beëindig. Dit volg nadat Kiëf gesê het hy het een van sy suksesvolste aanvalle uitgevoer toe hy bomwerpers by lugmagbasisse in Rusland getref het. Die […]

Read More

Franse Ope: Andreeva, Gauff deur na kwarteindrondte - June 2, 2025

Tennis: Op Roland Garros moes die 18-jarige Rus, Mirra Andreeva, hard veg om vir die tweede agtereenvolgende jaar die Franse Ope-kwarteindstryd te haal. Die sesde gekeurde het ‘n oorwinning van 6-3, 7-5 teen die Russies gebore Australiër Daria Kasatkina beklink. Coco Gauff het vir die vyfde keer in ‘n ry deurgedring na ‘n Franse Ope-kwarteindstryd […]

Read More

Pluimveebedryf floreer, en kan nog groei - June 2, 2025

Namibië se pluimveebedryf se groeikurwe duur voort. Verlede jaar was die bedryf se produksiewaarde 1,74 miljard Namibiese dollar, ‘n styging van 13 persent teenoor die vorige jaar. Naas beesboerdery lewer pluimvee die tweede grootste bydrae tot landbou in die land. Pluimveeboere word versoek om by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, LLPB, of die Pluimveeprodusentevereniging, die PPA, […]

Read More

Afrika-lande moet loskom van buitelandse hulp: Ithete - June 2, 2025

Die adjunk-eerste minister en myne-minister, Natangue Ithete, verteenwoordig Namibië as die huidige voorsitter van die Afrika-streeksplatform vir ramprisikoverminderingsburo by die Globale Platform vir Ramprisikovermindering wat van 2 tot 6 Junie 2025 in Genève, Switserland, plaasvind. In sy openingsrede sê Ithete Afrika-regerings moet ontslae te raak van chroniese afhanklikheid van buitelandse hulp en te werk aan […]

Read More

Windturbine-kragopwekkers by Diaz-windplaas opgerig - June 2, 2025

Die eerste windturbine-kragopwekkers by die Diaz-windplaas naby Lüderitz word tans deur reuse-hyskrane in plek gesit, as deel van fase een van die ontwikkeling. Die werk word gedoen deur Sarens Siba, die Suid-Afrikaanse filiaal van Sarens, die wêreldleier in swaar optelwerk, vervoeroplossings en hyskraan-verhuringsdienste. Die toerusting sluit in 500-ton kruiphyskrane, en 500-ton en 300-ton alle-terrein hyskrane. […]

Read More

Drasties laer uitvoerheffings op huide, velle om veebedryf te help - June 2, 2025

Die finansministerie het die uitvoerheffing op rou huide en velle, sowel as gepekelde huide, drasties verminder. Dit is volgens die ministerie noodsaaklik om die veebedryf te bevorder en te ondersteun, en om plaaslike waardetoevoeging ‘n hupstoot te gee. Ministeriële woordvoerder Wilson Shikoto het die syfers.

Read More

Oliepryse styg met 3% na Opul-besluit - June 2, 2025

Oliepryse het vanoggend met ongeveer 3 persent gestyg nadat Opul en sy vennote produksieverhogings vir Julie op dieselfde vlak as die vorige twee maande gehou het. Opul het beslis om produksie met 411 000 vate per dag in Julie te verhoog, die derde agtereenvolgende maandelikse toename van die syfer. Brent verhandel steeds uiters laag op die […]

Read More

Stadspolisie ontvang 250 CCTV-kameras - June 2, 2025

Lede van die Windhoek-gemeenskap het onlangs 250 geslotekring-kameras aan die Windhoek Stadspolisie geskenk. Die hoofstad se metropolisie gebruik toenemend kameras om misdaad te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met sersant Kavetoka Humavindu gepraat. Sy meen dit toon samewerking deur inwoners om misdaad hok te slaan.

Read More

Inisiasieskole moet geregistreer wees voor seisoen begin - June 2, 2025

Die O.R. Tambo Inisiasieforum in die Oos-Kaap doen ‘n beroep op alle inisiasieskole om te verseker dat hulle behoorlik geregistreer is voor die winter-inisiasieseisoen wat middel Junie begin. Die voorsitter, Nkosi Lutuka, het aan SABC Nuus gesê bewusmakingsveldtogte en monitering word opgeskerp. Dit volg ná 29 sterftes wat deur die somer aangeteken is, insluitend sewe […]

Read More

Iran het kommer oor VSA se standpunt oor sanksies - June 2, 2025

Iran se ministerie van buitelandse sake sê dat hy sal moet kyk of daar veranderinge in die VSA se standpunt oor sanksies is, terwyl die twee lande ‘n ooreenkoms onderhandel om ‘n dekades lange geskil oor Iran se kernambisies op te los. Die owerheid sê die sanksies is onderdrukkend en duidelikheid oor hoe dit opgehef […]

Read More