Insette oor hervorming van wetgewing… DBV gee siening - June 2, 2025
Die ministerie van justisie het, in opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah, vir die publiek se insette oor die hervorming van wetgewing gevra. Die sperdatum vir terugvoer is 13 Junie. Kosmos 94.1 het Silke van der Merwe, die direkteur van die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek, gevra watter wette ideaal vir troeteldiere sal wees.
Besighede maak die meeste skuld, huishoudings meer sku - June 2, 2025
Die jaarlikse groei in die privatatsektor kredietverlening het in April vanjaar op 4,5 persent gestaan, ‘n effense afname van 5 persent in Maart, maar aansienlik hoër as die 1,6 perset wat in April 2024 aangeteken is. Volgens Cirrus het kredietverlening op ‘n maandelikse basis met 0,1 persent gestyg, af van die 0,6 persent groei wat […]
Meer oor die N$1,2m beloning vir renosterstropers - June 2, 2025
‘n Beloning van 1,2 miljoen Namibiese dollar is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van verdagtes wat vier renosters op ‘n plaas in die Maltahöhe-distrik gestroop het. Daar word vermoed dat dit die werk was van ‘n sindikaat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Muller van die Rhino Momma Project, wat […]
Reaksie op BoN wat 3% van buitelandse reserwes in goud sal hou - June 2, 2025
Die Bank van Namibië gaan tot 3 persent van sy buitelandse valutareserwes in plaaslik-ontginde goud hou, as deel van ’n nuwe diversifikasiereël. Volgens die bank se woordvoerder, Kazembire Zemburuka, word goud nie gebruik om die geldeenheid te steun nie, soos wat in Zimbabwe gedoen word. In Maart het Namibië se buitelandse reserwes tot 59,7 miljard […]
Hollywood se kreatiwiteit is dood – Eastwood - June 2, 2025
Hollywood-ster Clint Eastwood het mede-filmmakers aangespoor om met nuwe idees vorendag te kom. In sy mening bestaan die rolprentbedryf tans net van sogenaamde ‘remakes’ en franchises. Hy het met die Oostenrykse koerant Kurier gepraat en sê dat hy verlang na die goeie ou dae toe draaiboekskrywers rolprente soos ‘Casablanca’ in klein bungalows op die ateljee-erf […]
Roof van bejaardes: Dis alle dorpsrade se verantwoordelikheid - June 2, 2025
Swakopmund staar ‘n toename in rooftogte in die gesig wat op bejaardes gemik is, met slagoffers wat aanrandings aanmeld wanneer hulle nie waardevolle items kan oorhandig nie. Uit vrees vir hul veiligheid vermy sommige bejaardes nou kerkdienste op weeksdae. In reaksie hierop installeer die munisipaliteit CCTV-kameras by 15 brandpunte, maar inwoners doen steeds ‘n beroep […]
Ramaphosa sê 200 000 jongmense begin vandag by onderwys werk - June 2, 2025
President Cyril Ramaphosa sê die Basiese Onderwys-indiensnemingsprojek bring hoop en inkomste na plekke waar geleenthede gewoonlik min is. Sowat 200 000 jong mense wat deel is van die vyfde fase, begin vandag in skole werk. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief hulle werk in die klaskamer laat onderwysers met meer tyd vir lesvoorbereiding en onderrig. […]
Oud-Biden segsman sê Israel pleeg oorlogsmisdade - June 2, 2025
Die voormalige woordvoerder vir president Joe Biden se buitelandse departement Matthew Miller glo Israel pleeg oorlogsmisdade in Gaza. Miller het met Sky News gepraat en sê die standpunt is sy persoonlike opinie. Hy verduidelik.
Lilo and Stitch bly nommer een - June 2, 2025
Disney se supertreffer, Lilo and Stitch, is die tweede agtereenvolgende naweek nommer een by kaartjiekantore. Dis die tweede Hollywood-vrystelling naas A Minecraft Movie wat die prestasie in 2025 behaal. Paramount en Skydance se Mission: Impossible – The Final Reckoning met Tom Cruise in die hoofrol is tweede, en Karate Kid: Legends het op nommer drie […]
GRN tref voorbereidings vir Eurobond-aflossing - June 2, 2025
Die Namibiese regering het ‘n aflossingsfonds begin om hul Eurobond-skuld te vereffen. Daar is reeds 463 miljoen Amerikaanse dollar in hierdie fonds, op pad na die 500 miljoen dollar teiken ter voorbereiding van die terugbetaling van die Eurobond van 750 miljoen dollar wat op 29 Oktober vanjaar betaalbaar is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met […]