Studente geteiken vir damprook-bemarking - June 2, 2025
Kenners benadruk die gesondheidsrisiko’s wat met rook verband hou terwyl die adjunkminister van Gesondheid, Joe Phaahla, vandag ‘n Wêreld Geen Tabakdag-geleentheid toespreek. Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad onthul dat meer as 76-persent van universiteitstudente het al e-sigaretpromosies, wat gratis monsters insluit, gesien. Die raad doen ‘n beroep vir dringende optrede teen e-sigaretadvertensies wat op studente gemik […]
Konserwatiewe Nawrocki vat Poolse verkiesing - June 2, 2025
Die konserwatiewe historikus Karol Nawrocki is Pole se nuwe president. Die 42-jarige Nawrocki van die regse populistiese party Wet en Geregtigheid, het 50,9-persent van die stemme verower, terwyl sy teenstander, die liberale kandidaat wat ten gunste van die Europese Unie is, Rafal Trzaskowski, 49,1persent van die stemme gekry het. Nawrocki, ‘n verdediger van tradisionele Poolse […]
Pas gekroonde Mej Wêreld gereed om impak op die wêreld te maak - June 2, 2025
Die pas gekroonde 72ste Mej. Wêreld, Opal Suchata Chuangsri van Thailand, sê sy sal tydens haar heerskappy voortgaan met haar Skoonheid met ʼn Doel-projek, For HER. Die projek is ʼn borskankerveldtog wat op opvoeding, vroeë opsporing en bemagtiging fokus. Sy is die eerste Thaise vrou wat die Mej. Wêreld-titel wen. Chuangsri sê sy is vasbeslote […]
Amper 415 000 bees teen knopvelsiekte gespuit - June 2, 2025
Die landbouministerie sê 1 521 bees is landswyd vrek as gevolg van knopvelsiekte met 7 127 gevalle wat bevestig is. Die hoof veeartsenybeampte, dr. Johannes Shoopala sê die uitbreking is die grootste en mees verspreide in die onlangse geskiedenis. Teen 8 Mei is amper 415 000 diere ingeënt met amper 326 000 wat deur die […]
Voorstel by SA-wetgewer ingedien vir terugkeer van doodstraf - June 2, 2025
Forum vir Suid-Afrika het formeel ‘n voorstel by die Parlement ingedien waarin hulle die hersiening van Artikel 11 van die Grondwet aanvra om die herinstelling van die doodstraf moontlik te maak. Tebogo Mashilompane, van die Forum voer aan dat stygende moordsyfers, veral op vroue en kinders, strenger strawwe vereis. Met verwysing na openbare steun en […]
Inheemse haarsorg erg geraak deur Trump se tariewe - June 2, 2025
Pryse by salonne styg met inflasie en hoër huurkostes, maar kopers en stiliste word meer onder druk geplaas namate die Amerikaanse president Donald Trump-administrasie se tariewe op ingevoerde goedere pryse begin opjaag vir ‘n oorvloed produkte wat baie swart vroue as noodsaaklik beskou. Baie van die sintetiese en menslike hare vir verlengings, pruike en meer, […]
Sweed Maja Stark vat Vroue-ope in Wisconsin - June 2, 2025
Maja Stark van Swede het ʼn finale ronde van 72 aangeteken om haar eerste major titel op te raap met ʼn oorwinning van twee houe by die Amerikaanse Vroue-ope by Erin Hills in Wisconsin. Die wêreld-nommer-een, Nelly Korda van Amerika, en Rio Takeda van Japan deel die tweede plek op vyf onder. Hye-Jin Choi van […]
Meer as N$760 000 oor die naweek gebuit - June 2, 2025
Twee kroeë in die Noorde is die naweek beroof. Vroeg Saterdagoggend is by die Nua Nokuritjevera Bar in die Otjozondjupa-streek ingebreek. Drank en kontant uit die dobbelmasjiene is gesteel. In totaal het die verdagtes meer as 740 000 Namibiese dollar buitgemaak. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie. In ‘n ander voorval […]
SA loods inisiatief teen geslagsgeweld en moord op vroue - June 2, 2025
Die Departement van Justisie ontwikkel ‘n vrouemoord-inisiatief om geslagsgeweld die hoof te bied. Die hoof van die Bevordering van die Regte van Kwesbare Groepe, Praise Kambula, het die behoefte aan verbeterde ondersoek- en vervolgingstelsels beklemtoon om sulke misdade te bestry. Sy het teenoor SABC News beklemtoon dat die inisiatief daarop gemik is om data in […]
Hulp kom uiteindelik aan in sentraal-Nigerië - June 2, 2025
Minstens 151 mense in sentraal-Nigerië is alreeds dood na kitsvloede wat huise vernietig en duisende inwoners sedert verlede week ontwortel het. Die noodbestuursagentskap van Nigerië, Nsema, het aan die BBC bevestig dat die dodetal skerp gestyg het van 115 nadat vloede die dorp Mokwa getref het. ‘n Woordvoerder van Nsema het gesê dat meer as […]