Besteding op Britse verdediging belangriker as ooit, meen kenner - June 2, 2025
Die Britse verdedigingsminister John Healey sê daar is geen twyfel dat die Britse verdedigingsbesteding teen 2034 tot 3 persent van die BBP sal styg nie. In Februarie het eerste minister, sir Keir Starmer, planne uiteengesit om verdedigingsbesteding teen April 2027 tot 2,5 persent te verhoog, met ‘n duidelike teiken om 3 persent teen 2034 te […]
E-visums: Dis moeilik om te sê of stelsel vertraag is - June 2, 2025
Reaksie word steeds ontvang oor die tyd wat buitelandse toeriste moet wag, al dan nie, om by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Walvisbaai Lughawe met hulle e-visums deur doeane te gaan. Sommige plaaslike berigte praat van ure wat in rye spandeer word, terwyl die regering dit ontken en die sukses van die nuwe […]
SA-vlugtelinge vertrek steeds na VSA - June 2, 2025
Die Amerikaanse ambassade in Pretoria sê vlugtelinge uit Suid-Afrika kom steeds op handelsvlugte in Amerika aan as deel van die voortsetting van die Afrikaner-hervestigingsprogram. Verlede maand het ʼn groep van 49 Afrikaners na Amerika vertrek nadat hulle glo beweer het hulle is volksmoordslagoffers en soek vlugtelingstatus. Die ambassade het aan News24 gesê hy oorweeg navrae […]
IDF brand los by Gaza-voedselpunt - June 2, 2025
Volgens berigte is minstens 31 mense dood en meer as 100 beseer nadat Israelse magte die gebied naby die Gaza Humanitêre Stigting se sentrum aangeval het. Volgens die Palestynse Rooi Halfmaan-vereniging het skares mense by die perseel in Rafah saamgedrom om hulp te kry toe Israelse magte losgebrand het. Die Gaza-stigting wat deur Amerika en […]
Boulder-polisie ondersoek terreur-aanval - June 2, 2025
Ses mense tussen 67- en 88-jaar is beseer nadat ʼn man volgens berigte mense by ʼn winkelsentrum in Boulder, Colorado, in Amerika aan die brand gesteek het. Die 45-jarige verdagte, Mohamed Sabry Soliman, het na bewering ʼn tuisgemaakte vlamwerper gebruik en ʼn brandbom tussen die mense gegooi terwyl hy “Free Palestine” skree. ʼn FBI-agent, Mark […]
Voorkoming van winterbrande in plakkerskampe - June 2, 2025
Brande in informele nedersettings in veral die winter is ‘n ernstige bedreiging. Inwoners gebruik dikwels onveilige maniere om hul plakkershutte te verhit, soos kerse, oop vure en paraffienstowe. Kosmos 94.1 Nuus het Fillipus Sikongo, ‘n seniorstasie-offisier by die brandweer in Windhoek vir wenke gevra om binnenshuise brande te voorkom.
Ma en stiefpa gearresteer na baba van voertuig gegooi is - June 2, 2025
Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord ná ‘n babadogtertjie van 18 maande na bewering Saterdag uit ‘n bewegende voertuig gegooi en ernstig beseer is. Die voorval het tussen vieruur en vyfuur die middag op die pad tussen Outjo en Kalkveld gebeur. Na verneem word, was ‘n boer en een van sy werkers, […]
Wêreldmarkte is alles behalwe kalm - June 2, 2025
Die eerste helfte van 2025 was allesbehalwe kalm, met ‘n golf van ekonomiese skokke en geopolitieke probleme wat wêreldmarkte en beleggersvertroue geskud het. Terwyl aandele gereeld hoofopskrifte haal, het kommoditeite die duidelikste seine van die onderliggende wêreldwye bui gelewer. Namate makro-ekonomiese risiko’s vererger, pas beleggers hul taktieke aan en kyk hulle toenemend na kommoditeite as […]
Leeu wat Kebbel doodbyt, geskiet - June 2, 2025
Die woestyn aangepaste leeuwyfie Charlie, wat in die vroeë oggendure van Vrydagoggend die bekende sakeman en ondersteuner van die woestyn aangepaste leeus, die 59-jarige Bernd Kebbel doodgebyt het, is van kant gemaak. Sy is Sondag geskiet. Kebbel was ‘n groot ondersteuner van dr. Flip Stander se navorsing oor die diere en ‘n leeumannetjie, wat in […]
Wreedheid van veediefstal onder die soeklig - June 2, 2025
Veediefstal, en die wreedheid wat dikwels daarmee gepaardgaan, is nogmaals onder die vergrootglas nadat die eienaars van die plaas Klein Okombahe naby Omaruru vandeesweek ‘n kalf gevind het wat met ‘n spies deurdring was. Die kalf het by die kraal uitgekom maar is toe dood. Die Omaruru Boerevereniging het die regering gevra om drastiese strafmaatreëls […]