Sewe dwelm-beslagleggings oor die naweek - June 2, 2025
Tien mense, waarvan drie vroue is, is die naweek in sewe verskillende voorvalle in hegtenis geneem met dagga en Mandrax in hul besit. Twee van die voorvalle was op Keetmanshoop, twee op Karasburg en die ander drie in Narraville. Die totale waarde van die al die dwelms waarop beslag gelê is, is nog nie bekend […]
Polisie soek na drie verdagtes in verband met die moord op ‘n IVP-LP - June 2, 2025
Die Gauteng-polisie sê hulle soek drie verdagtes in verband met die moord op die adjunkhoofsweep van die IVP, Khethamabala Petros Sithole. Hy is Saterdag in ‘n skietery by die Buyafuthi-hostel in Katlehong aan die Oos-Rand dood. Sy party het die moord as ‘n sluipmoord bestempel. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê ‘n groep mans was […]
Oekraïne voer geskiedkundige aanvalle diep in Rusland uit - June 2, 2025
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê hulle doen alles moontlik om Rusland te oorreed om die oorlog te beëindig. Dit volg nadat Kiëf gister grootskaalse hommeltuigaanvalle uitgevoer het op talle lugmagbasisse diep in Moskou, en verskeie vegvliegtuie uitgewis het. Onder die meer as 40 vliegtuie wat volgens berigte verwoes is, was Tu-95 en Tu-22 strategiese […]
Piastri vergroot voorsprong, wen in Spanje - June 2, 2025
Oscar Piastri van McLaren het sy voorsprong in die jaerskampioenskap oor sy spanmaat Lando Norris tot tien punte vergroot, nadat hy die Spaanse Grand Prix gewen het. Norris het tweede geëindig met Charles Leclerc van Ferrari derde. Die heersende wêreldkampioen, Max Verstappen van Red Bull, wat by ‘n reeks voorvalle betrokke was, het vyfde klaargemaak, […]
IVP-leier sterf in sluipmoord - June 1, 2025
Die Inkatha Vryheidsparty betreur die verlies van sy adjunk-hoofsweep, Khethamabala “Jobe” Sithole, wat gisteraand in Katlehong doodgeskiet is in wat die party ‘n sluipmoord noem. Die 68-jarige het sedert 2010 in die Parlement gedien en was ‘n gerespekteerde leier in die IVP se Nasionale Raad. Provinsiale Sekretaris van die IVP, Alco Ngobese, is in dieselfde […]
Duisende op CoW-waglys vir huise, grond - June 1, 2025
Meer as 40 500 inwoners van Windhoek is tans op ‘n waglys vir grond van die Windhoekse munisipaliteit. Dié syfer styg toenemend ondanks die munisipaliteit se pogings om in die vraag na behuising en erwe te voorsien. Die waglys bestaan uit voornemende kopers en huurders, asook lede van spaargroepe en mense met gestremdhede.
CAF-eindstryd: Dis Mamelodi Sundowns teen Pyrmids FC - June 1, 2025
Mamelodi Sundowns pak Pyrmids FC om agtuur vanaand in Kaïro vir die beslissende tweede ronde van die CAF Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns moet ná hulle gelykopuitslag van een-elk, minstens met 2-elk gelykop speel om die titel te kan verower. Die afrigter, Steve Komphela, sê die span het die vermoëns, maar hulle moet dié taai eindstryd met moed […]
Brittanje bestee miljarde op wapens - June 1, 2025
Die Verenigde Koninkryk gaan sowat 7 000 missiele, vuurpyle en hommeltuie koop en minstens ses wapenfabrieke bou om die moontheid midde toenemende bedreigings te herbewapen. Die Britse regering het die naweek sy verdedigingsplan van ses miljard pond aangekondig. Verdedigingsminister John Healey het Saterdagaand gesê duur lesse uit Rusland se onwettige inval in Oekraïne het getoon […]
Piastri spring voor weg vir vandag se Grand Prix - June 1, 2025
McLaren het albei posisies op die voorste ry beklink met Oscar Piastri eerste en Lando Norris tweede vir die Spaanse Grand Prix. Norris was 0,2-sekondes agter Piastri, maar het steeds vir Max Verstappen tot die derde posisie beperk. George Russell is vierde en Lewis Hamilton is vyfde. Piastri, wat drie punte voor Norris is in […]
Meer as 150 dood in vloede in Nigerië - June 1, 2025
Meer as 150 mense is dood ná vloedwaters Mokwa, ‘n belangrike vervoer- en handelspunt in Nigerië, oorstroom het. Swaar reën het Donderdag dié dorp verswelg, brûe en paaie verspoel en baie geboue bykans heeltemal onder water gelaat. Meer as 3 000 mense is ontwortel en baie word steeds vermis, het owerhede Saterdag gesê.