Steinhoff-saak na Hooggeregshof verskuif - June 1, 2025
Die Steinhoff-bedrogsaak is weens die kompleksiteit daarvan na die Hooggeregshof verskuif. Die volgende verskyning is op 3 September. Die gewese Steinhoff-bestuurders, Stéhan Grobler, Hein Odendaal en Iwan Peter Schelbert, se borgtog is in die Pretoria se Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verleng. Die staat finaliseer sy ondersoek en wag op beëdigde verklarings van sleutelgetuies. Grobler ontken aanklagte van […]
Witbooi betig tradisionele leiers - June 1, 2025
Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op tradisionele leiers gedoen om onderlinge geskille uit die weg te ruim wat verdeeldheid saai. Witbooi het Vrydag tydens die opening van die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop gesê verskille moet minsaam opgelos word ter bevordering van maatskaplike vooruitgang, groei en ontwikkeling.
Sokker: Franse chaos ná PSG Kampioeneliga wen - June 1, 2025
Verskeie onderonsies met die onlustepolisie in Parys het Saterdagaand uitgebreek ná Paris Saint-Germain vir die eerste keer die Kampioeneliga gewen het. PSG het Inter Milan met 5-0 in München, Duitsland geklop – die grootste oorwinning ooit in die Kampioeneliga. Sowat 5 400 polisiebeamptes is in die Franse hoofstad ontplooi en moes van traansgas en pepersproei […]
Meer as 180 veldbrande teister Kanada - June 1, 2025
Militêre vliegtuie en helikopters is ingespan om duisende inwoners van die Manitoba- en Saskatchewan-provinsies in Kanada uit die pad van verwoestende veldbrande te ontruim. Meer as 180 veldbrande woed in die land en het reeds na dele van Amerika versprei. Beide Saskatchewan en Manitoba het noodtoestande afgekondig en vir internasionale hulp met brandbestryding gevra.
Geen politieke inmenging, sê Valke se oudhoof - June 1, 2025
Die uittredende hoof van die Valke, advokaat Godfrey Lebeya, sê daar was geen politieke inmenging binne die direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke sedert dit gestig is nie. Tydens ‘n afskeidsfunksie die naweek het hy ‘n oorsig gegee van sy ampstermyn van 2018 tot sy laaste dag by die Valke en polisie in Pretoria terwyl hy wetstoepassing vaarwel […]
Rugby: Haaie klop Munster net-net - June 1, 2025
Die Haaie het na die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap deurgedring, deur Munster met die kleinste moontlike punteverskil in Durban te klop. Met die tellings gelykop op 24-24, het die wedstryd na bykomende tyd oorgegaan. Met die tellings steeds gelykop na 20 minute, is die wedstryd vir die eerste keer in VRK-geskiedenis met strafskoppe beslis. […]
Twee brûe in Rusland vernietig - June 1, 2025
Sewe mense is dood en tientalle beseer ná twee brûe oornag in Rusland ineengestort het en treine ontspoor het. Die voorvalle het in die Bryansk- en Kursk-streke plaasgevind. Die oorsaak van die twee voorvalle is onbekend en owerhede het nog geen verdagtes geïdentifiseer nie.
Kulturele gemeenskappe in SA rigtingloos, sê AfriForm - June 1, 2025
AfriForum het die Parlement aangemoedig om minagting van die Konstitusionele Hof te vermy deur sperdatums vir die regstelling van ongrondwetlike wette na te kom. Dit volg op ‘n tweejaar-verlenging wat toegestaan is vir die aanvaarding van die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Barend Uys van AfriForum waarsku dat die vertraging kulturele gemeenskappe rigtingloos laat. Hy […]
Namibië se Selma blink uit by Mej. Wêreld - June 1, 2025
Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya, het Saterdaand in Hyderabad, Indië geskiedenis gemaak deur onder die top-8 uit 107 deelnemers te eindig. Mej. Thailand, Suchata Chuangsri, is as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Tydens die kompetisie is Kamanya gevra hoekom sy dink sy behoort die kroon te dra. Hier is haar antwoord:
Wintertoerisme bly louwarm in SA - June 1, 2025
Die uitvoerende bestuurder van die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika, Tshifhiwa Tshivhengwa, sê lae toerismesyfers in die winter bly ‘n uitdaging in die bedryf. Tshivhengwa sê noorde van die land is ‘n ideale winterbestemming met ‘n matige klimaat en talle kulturele ervarings. Tshivhengwa moedig ondernemings aan om toerisme na die binneland te bevorder deur spesiale pryse, geleenthede […]