Ruto prys Odinga se nalatenskap op staatsbegrafnis - October 17, 2025

Kenia se president, William Ruto, het hulde gebring aan voormalige premier Raila Odinga en hom ‘n sagmoedige siel en die stem van rede genoem. Duisende rouklaers het by die Nyayo Nasionale Stadion in Nairobi bymekaargekom vir Odinga se staatsbegrafnis, gekenmerk deur militêre eerbewyse en streng sekerheidsmaatreëls nadat drie mense dood is in gister se onrus. […]

Read More

Kolisi, Barrett sien uit na 2026 All Blacks-toer in SA - October 17, 2025

Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê volgende jaar se reeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gaan ongelooflik wees, en iets wat hierdie geslag nooit sal vergeet nie. Die All Blacks besoek Suid-Afrika vir sewe wedstryde – drie toetse teen die Bokke, kragmetings met die Stormers, die Haaie, die Bulle en die Leeus, terwyl nog ‘n toets in […]

Read More

Mense is jagluiperds se grootste bedreiging: vereerde kenner - October 17, 2025

Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund buite Otjiwarongo is tydens die kongres van die Wêreldbewaringsorganisasie met die Kaliforniese Orde van die Kondor-toekenning vereer vir haar lewenslange bydrae tot die bewaring van jagluiperds. Marker het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê die kernwerk van die fonds is daarop gemik om te verseker […]

Read More

Laaste been van nasionale veldfietsrenne by Gallina - October 17, 2025

Die enjins gaan weer brul by die agtste en laaste been van die nasionale veldfietsrenne wat môre by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaasvind. Aangesien baie van die veldfietsjaers skoolkinders is en eksamens aan die gang is, word nie baie inskrywings verwag nie. Francois Lottering van Motor Media Namibia sê groot name gaan […]

Read More

Politieke ontleder kap SAOG, AU oor Madagaskar - October 17, 2025

In die nasleep van wydverspreide betogings en ‘n militêre staatsgreep in Madagaskar, het Kosmos 94.1 Nuus met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gesels. Hy voer aan dat wat nou gesien word, die bitter vrugte is van jare se verwaarlosing, mislukte beloftes en ekonomiese wanhoop. Hy kritiseer ook streekliggame soos die SAOG en die Afrika-unie, en sê […]

Read More

Huishoudings trek swaar, dus swak kredietverlening-groei - October 17, 2025

Privaatsektor kredietverlening syfers vir Augustus is bekend. Dit het effens gestyg tot 5,8 persent op ‘n jaargrondslag, vergeleke met 5,7 persent in Julie. Korporatiewe krediet het tot 10,3 persent op ‘n jaargrondslag gestyg van 10,1 persent in Julie, wat deurlopende besigheidsbeleggings en bedryfsfinansieringsbehoeftes weerspieël. Huishoudelike krediet het effens gestyg tot 2,8 persent jaar-op-jaar van 2,7 […]

Read More

Reuse-bedrae in mosiehof opgeëis - October 17, 2025

Reuse-bedrae is deur kommersiële banke in die mosiehof vanoggend opgeëis met eise van tot 18,5 miljoen Namibiese dollar en drie aansoeke vir verstekvonnisse wat twee eiendomme teruggevra het. Regters Gerhard Tötemeyer en Andrew Corbett het 96 aansoek in totaal hanteer waarvan sewe op die rol 108-rol was. Banke het 38 aansoeke gebring maar eis 20 […]

Read More

SA se beste Sauvignon Blanc bekendgemaak - October 17, 2025

Die 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-wenners is aangekondig nadat 167 wyne van 98 produsente beoordeel is. Die wenners sluit in Ataraxia Sauvignon Blanc 2025 uit die Hermanus-omgewing, Robertson se Rietvallei John B Sauvignon Blanc 2025, en Merwida Sauvignon Blanc 2025 uit Breedekloof. Sauvignon Blanc SA se voorsitter, Elunda Basson, sê die wenwyne weerspieël […]

Read More

Skerp maand-tot-maand daling in residensiële bouplanne in Windhoek - October 17, 2025

Nuwe wooneenhede was verantwoordelik vir 33 van die totale 207 goedkeurings wat in September by Stad Windhoek geregistreer is, volgens IJG Securities se bouplanne-verslag. Dit is ‘n 21,4 persent maand-tot-maand afname vergeleke met die 42 wooneenhede wat in Augustus goedgekeur is. In waardeterme is 59,6 miljoen Namibiese dollar se residensiële eenhede goedgekeur, 44,9 persent minder […]

Read More

ActionSA verwelkom tronkstraf vir vrou wat stiefdogter vermoor - October 17, 2025

ActionSA het die 23 jaar tronkstraf verwelkom wat die Mpumalanga Hooggeregshof opgelê het aan ‘n Mosambiekse vrou wat haar 11-jarige stiefdogter in Maart 2015 met rotgif in roomys vermoor het. Die sewe-en-dertigjarige Clara Masinga het skuldig gepleit op ‘n aanklag van moord met voorbedagte rade en erken dat haar motief vir die moord op Jennifer […]

Read More