Withuis stuur kernvoorstel aan Iran - June 1, 2025
Die Withuis het bevestig die VSA het ‘n voorstel vir ‘n kernooreenkoms tussen Teheran en Washington aan Iran gestuur. Die minister van Buitelandse Sake van Iran, Abbas Araghchi, het gesê dat sy Omaanse eweknie, Badr Albusaidi, tydens ‘n besoek aan Teheran, voorwaardes vir ‘n Amerikaanse ooreenkoms aan hom voorgelê het. ‘n Verslag deur die VN-kernwaghond […]
Rugby: Bulle klop Edinburgh 42-33 - June 1, 2025
Die Bulle het genoeg gedoen om ‘n oortuigende oorwinning in ‘n wedstryd met 11 drieë teen ‘n strydlustige Edinburgh-span in die halfeindstryd van hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd by Loftus te behaal. In ‘n tipiese uitklopwedstryd moes die Bulle vroeg van ‘n agterstand van 3-14 herstel om ‘n oorwinning van 42-33 te verseker. Keagan Johannes het vergoed […]
Rugby: FNB Kudus, FNB Wanderers deur na eindstryd in Premierliga - June 1, 2025
FNB Kudus en FNB Wanderers het Saterdag op die Hage Geingob-stadion in Windhoek deurgedring na die eindstryd van die Namibiese Rugbypremierliga. FNB Kudus het FNB Grootfontein met 42-37 geklop, terwyl FNB Wanderers Trustco United met 39-14 verslaan. PJ Walters, die kaptein van FNB Kudus, het só na hul stryd teen FNB Grootfontein reageer:
Al hoe warmer vir al hoe langer - June 1, 2025
Die helfte van die wêreldbevolking het die afgelope jaar ‘n bykomende maand van uiterste hitte verduur as gevolg van mensgemaakte klimaatsverandering. ‘n Nuwe studie beklemtoon hoe die voortgesette verbranding van fossielbrandstowwe gesondheid en welstand op elke vasteland benadeel, terwyl die gevolge in ontwikkelende lande moeiliker is om te bepaal. Die ontleding deur wetenskaplikes by World Weather […]
Verdagte in Mongale-moord gee homself oor - June 1, 2025
‘n Gesoekte verdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale van Johannesburg het homself by die KwaMashu-polisiestasie oorgegee. Mongale se liggaam is in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind nadat sy ‘n afspraak met haar vermeende moordenaar gehad het. Die polisie het bevestig dat twee verdagtes reeds aangehou word en nóg een, Philangenkosi Makhanya, gister in […]
Kalkrand-boer sterf in vliegongeluk - June 1, 2025
‘n Boer van die Hardapstreek is Saterdagoggend in ‘n vliegongeluk op sy plaas in die Kalkrand-omgewing dood. Die 53-jarige Jannie Spangenberg het sy plaas Gras met ‘n mikrovliegtuig ten tye van die voorval gepatrolleer. Volgens polisiekommissaris John Mwatongwe van Hardap kon die vliegtuig skielik nie styg nie en het dit omstreeks 09:30 in ‘n bergagtige […]
Khoekhoegowab-, Afrikaanse onnies bitter skaars - June 1, 2025
Die ministerie van onderwys sukkel om gekwalifiseerde onderwysers in Afrikaans, Khoekhoegowab en Setswana te kry, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Steenkamp het Vrydag tydens die opening van die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop gesê meer beurse is nodig vir onderwysers wat hulle in dié tale wil bekwaam. Namibië benodig sterk, gekwalifiseerde onderwysers uit gemeenskappe, het […]
Landbou in SA floreer ondanks uitdagings - June 1, 2025
Agbiz se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo, sê Suid-Afrika se landbousektor bly floreer, ondanks wêreldwye handelsuitdagings. Sihlobo het op ‘n paneelbespreking op Creamer Media gesê die sektor het produksie sedert 1994 verdubbel en voer jaarliks die helfte daarvan uit. Sihlobo waarsku dat moontlike Amerikaanse tariewe onder Donald Trump uitvoere kan benadeel, maar sê plaaslike boere is uiters aanpasbaar en […]
Maldives-leier vereer vir stryd teen tabak - June 1, 2025
Die president van die Maldives, Mohamed Muizzu, het Saterdag die Wêreldgesondheidsorganisasie se spesiale erkenning vir Wêreld Geen Tabak-dag ontvang vir sy leierskap in tabakbeheer. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het Muizzu se toewyding aan openbare gesondheid geprys. Die Maldive-eilande het onder sy leierskap e-sigarette verbied, die ouderdom vir die gebruik van tabakprodukte tot […]
Tennis: Swiatek op koers om Franse Ope te wen - June 1, 2025
Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, bly op koers om ‘n vierde agtereenvolgende Franse Ope-titel te wen. Dié top-gekeurde van Pole het nou 24 oorwinnings in Parys behaal toe sy die Roemeen Jaqueline Cristian 6-2, 7-2 geklop het om vir die sewende jaar onder die laaste 16 te wees. Carlos Alcaraz in die manskompetisie gister ‘n […]