Tretchikoff-skildery maak geskiedenis - May 31, 2025
Suid-Afrikaanse kuns het nog ‘n rekord laat spat toe Vladimir Tretchikoff se 1955-skildery, Lady from the Orient, op ‘n veiling in Johannesburg verkoop is. Die meesterstuk het bieërs met 89 vinnige aanbiedinge betower en plaaslik geskiedenis gemaak. Internasionaal het Marlene Dumas se 1997-skildery, Miss January, ook ‘n nuwe wêreldrekord vir ‘n lewende vroulike kunstenaar opgestel en vir […]
Nama-fees: Kultuur verenig, sê Witbooi - May 31, 2025
Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om te verenig deur kulturele diversiteit te koester. Witbooi het gister die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop geopen en gesê neigings, uitlatings en praktyke wat verdeel, moet verwerp word. Platforms soos die Nama-fees moet gebruik word om die land se geskiedenis, tradisie en praktyke te […]
Tabaktaktiek sommer twak, sê CAN - May 31, 2025
Wêreld Geen-Tabak Dag word vandag gevier. Die Kankervereniging van Namibië steun die Wêreld Gesondheidsorganisasie se veldtog om die misleidende taktieke van die tabak- en nikotienbedryf te ontbloot, veral dié wat op jongmense gemik is. Hulle doen ‘n beroep op die regering om geurmiddels te verbied, belasting te verhoog, en e-sigarette en hookah-produkte in openbare ruimtes […]
Najwa Petersen dalk uit op parool - May 31, 2025
Najwa Petersen, baasbrein agter die moord op haar man, die musiekikoon Taliep Petersen, kom moontlik reeds weer in Junie vir parool in aanmerking. Dit kom nadat dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, in September verlede jaar ‘n stokkie gesteek het voor die parool wat die Pollsmoor-gevangenis se korrektiewetoesig-en-paroolraad aan haar toegestaan het. Sy sou […]
Everest tóé onder rommel - May 31, 2025
Die regering van Nepal is vasbeslote om die Berg Everest te beskerm te midde van klimaatsverandering en die toenemende aantal klimmers. Verlede jaar is meer as 11 ton rommel en vier liggame tydens ʼn skoonmaakoperasie van die berg verwyder. Nepal het nie reëls oor hoeveel dae klimmers moet bestee aan akklimatisering of oefenpogings nie. Permitte […]
Glasgow Warriors verslaan Stormers - May 31, 2025
Die Glasgow Warriors het die Stormers Vrydagaand met 36-18 in die Scotstoun-stadion afgeransel om hul plek in die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap te verseker. Glasgow het teen rustyd met 19-14 voorgeloop. Die Skotte het vyf drieë gedruk, terwyl die res van die punte van George Horn se skopskoen was. Seabelo Senatla het twee keer […]
‘Pasop vir vreemdelinge op afspraak-apps’ - May 31, 2025
Die Gemeenskapsveiligheidskomitee in die Gautengse Wetgewer waarsku die publiek om versigtig te wees as hulle vreemdelinge op afspraak-toepassings ontmoet. Dit volg na ontvoerings en aanvalle in Maboneng ontbloot is tydens ‘n onverwagte toesigbesoek aan die Jeppe-polisiestasie in Johannesburg. Die slagoffers, insluitend LGBTQIA+-individue, word ingelok en dan beroof of aangerand. Die komitee-voorsitter, Bandile Masuku, het die […]
Mej. Wêreld 2025: Vandag is die dag! - May 31, 2025
Mej. Wêreld Namibië 2025, Selma Kamanya, het haar top-20 plek in die Mej. Wêreld-kompetisie, wat vandag in Hyderabad in Indië plaasvind, verseker. Die finaal begin om 3-uur Namibiese tyd op die Miss World-webwerf by www.watchmissworld.com. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marco Coetzee, die nasionale direkteur van die Miss NGO-skouspel en Selma se bestuurder.
Só lyk Haaie-span teen Munster - May 31, 2025
Die Haaie se hoofafrigter, John Plumtree, het vyf veranderinge aan sy span aangebring wat verlede week die Scarlets geklop het, vir hul kwarteindstryd vandag teen Munster in Durban. Jason Jenkins begin as slot met Emile van Heerden wat na die bank skuif. James Venter keer terug as flank, terwyl die tweemalige Rugbywêreldbeker-wenner, Siya Kolisi, na […]
Trump in nuwe handelsvete met China - May 31, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het hernude handelsspanning met China geopper en voer aan Beijing het ‘n ooreenkoms geskend om tariewe te de-eskaleer, op ‘n tydstip dat onderhandelings klaarblyklik ‘n dooiepunt bereik het. Trump se plasing op sy Truth Social-platform volg ure na die Amerikaanse minister van finansies, Scott Bessent, gesê het handelsgesprekke met China het […]