Bye takel 18 mense in Omusati - May 31, 2025

‘n Swerm bye het Donderdagmiddag op sowat 18 mense op Epalela in die Omusati-streek toegesak. Drie van die mense het ernstig seergekry en is van die Omahenene-klinik na die hospitaal op Outapi oorgeplaas. Kinders en bejaardes was in die groep inwoners wat gesteek is. 

Read More

SA wysig wet op indiensneming - May 31, 2025

Die kabinet het die Wysigingswetsontwerp op Indiensneming en die Witskrif oor die Nasionale Arbeidsmigrasiebeleid goedgekeur. Hierdie wetsontwerp bepaal kwotas vir die indiensneming van buitelandse burgers in sektore soos landbou, gasvryheid en konstruksie. Die beleid het ten doel om plaaslike toegang tot werk te bevorder en nie-amptelike indiensneming te beperk. Arbeidsagente kan waarskynlik ook strenger beheermaatreëls […]

Read More

Gaza ‘hongerste plek op aarde’ - May 31, 2025

Volgens die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake, laat Israel slegs ‘n klein hoeveelheid humanitêre hulp toe om Gaza binne te gaan, met byna geen gereed-om-te-eet maaltye wat binnekom nie. ‘n Woordvoerder, Jens Laerke, sê slegs 600 van 900 vragmotors is gemagtig om by Israel se grens met Gaza uit te […]

Read More

Nege Bokke in Bulle-span teen Edinburgh - May 31, 2025

Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van Rugby, Jake White, het nege […]

Read More

Tennis: Sabalenka slaan pad oop in Franse Ope - May 31, 2025

Die topgekeurde Aryna Sabalenka het maklik tot die laaste 16 van die Franse Ope deurgedring met ‘n oorwinning van 6-2, 6-3 oor Serwië se Olga Danilovic. Sabalenka het Danilovic, wat 34ste op die wêreldranglys is, in 79 minute op die Philippe Chatrier-baan uitgestof. Die 27-jarige Sabalenka speel volgende teen die Amerikaner Amanda Anisimova wat 16de […]

Read More

Lugpassasiers groei sterk in Afrika - May 31, 2025

Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, sê totale lugpassasierverkeer het op ‘n jaar grondslag sterk in April toegeneem. Die totale vraag het met agt persent gestyg, terwyl internasionale vraag met 10,8 persent toegeneem het en binnelandse aanvraag met 3,3 persent. Afrika is die streek wat die sterkste groei in passasierverkeer ondervind het, met 14,2 persent. Dit is […]

Read More

Oorgrensmisdaad amper soos oorlog, sê DA - May 31, 2025

Die DA eis dringende maatreëls om toenemende oorgrensmisdaad aan die Lesotho-Vrystaat grens aan te pak. Die DA-lid, Roy Jankielsohn, sê aanvalle, insluitend die wrede slagting van 18 beeste naby Wepener, kan met ‘n lae-intensiteit oorlog vergelyk word. Jankielsohn eis verbeterde wetstoepassing, die gebruik van meer tegnologie en ooreenkomste oor oorgrens-agtervolging. Hy waarsku landelike misdaad bedreig […]

Read More

Copps 94.1: Rustige Vrydagaand in hoofstad - May 31, 2025

Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:

Read More

Transitorowers buit N$380 000 by Choppies, Katutura - May 30, 2025

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die polisie ‘n transitorooftog in Windhoek ondersoek waarin 380 000 Namibiese dollar buitgemaak is. Die voorval het vanoggend by Choppies in Donkerhoek, Katutura plaasgevind toe tussen drie en vyf gewapende rowers toegeslaan het. Hulle het volgens ‘n ooggetuie in wat gelyk het na ‘n swart Audi weggejaag. ‘n Vuurwapen […]

Read More

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet - May 30, 2025

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê toe die beamptes daar aankom, […]

Read More