NamWater maak waterplanne vir sentrale gebied bekend - May 30, 2025
NamWater het sy jaarlikse werkswinkel vir belanghebbendes in die sentrale gebied in Windhoek gehou om waterbeskikbaarheid na die 2024/2025-reënseisoen te bepaal. Die uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, het verbeterde damvlakke verwelkom, maar waarsku teen droogterisiko’s. Die Swakoppoort-, Von Bach- en Omatako-damme kan tans water vir twee seisoene verskaf, selfs al reën dit nie. Kosmos 94.1 Nuus […]
Beloning na stroop van 4 renosters nou N$1,2 miljoen - May 30, 2025
Die skokgolwe kring steeds uit na nog drie gestroopte renosters gevind is op dieselfde plaas in die Suide waar ‘n wyfierenoster onlangs gestroop is, en haar kalf gered is. Die beloning vir inligting wat sal lei tot die stropers se inhegtenisname staan nou op 1,2 miljoen Namibiese dollar. Die privaat misdaadondersoeker van Suid-Afrika, Mike Bolhuis, […]
Leeuwyfie byt Bernd Kebbel dood by Hoanibrivier - May 30, 2025
Die bekende natuurliefhebber Bernd Kebbel is naby die Hoanibrivier deur ‘n leeu doodgebyt, het NamPol kommissaris James Nderura bevestig. Kebbel het glo omtrent 2-uur vanoggend uit sy daktent geklim en op die laaste trap het ‘n leeuwyfie hom gegryp en afgetrek. Sy het hom aan die keel gegryp. ‘n Persoon het probeer help en haar […]
Cyril gaan gou datum vir nasionale dialoog aankondig - May 30, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê president Cyril Ramaphosa sal binnekort die datum aankondig vir die nasionale dialoog wat daarop gemik is om Suid-Afrika se dringende uitdagings aan te spreek. Die dialoog sal die regering, die burgerlike samelewing, kerke, tradisionele leiers en politieke partye bymekaarbring. Mashatile het die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek en gesê die nasionale […]
VN bekommerd oor burgerlike ongevalle in Oekraïne - May 30, 2025
Die Verenigde Nasies waarsku die stygende aantal burgerlike ongevalle en toenemende humanitêre krisis kan ʼn diplomatieke einde aan die oorlog in Oekraïne ontspoor. Rusland het verlede naweek sy grootste vlaag aanvalle met ʼn rekordgetal langafstandmissiele en hommeltuie op Kiev uitgevoer en tientalle burgerlikes is dood. Rosemary DiCarlo van die VN sê internasionale humanitêre reg verbied […]
RCB in eerste IPL-finaal sedert 2016 - May 30, 2025
Krieket: Die Royal Challengers Bengaluru is deur na hulle eerste Indiese Premierliga-eindstryd sedert 2016 ná ʼn agtpaaltjie-oorwinning teen die Punjab Kings. Josh Hazlewood en Suyash Sharma het elkeen drie paaltjies platgetrek en Punjab was na 14 boulbeurte en een bal almal uit vir 101. In antwoord daarop het Phil Salt ʼn onoorwonne 56 van 27 […]
Ongwediva stel dienslewering voorop - May 30, 2025
Die burgemeester van Ongwediva, Taarah Shalyefu, sê die dorpsraad prioritiseer steeds belangrike ontwikkelingskwessies terwyl die dorp groei. Shalyefu beklemtoon dat die begroting van 205,5 miljoen Namibiese dollar daarop gemik is om dienslewering vir beide inwoners en besoekers te verbeter. Die begrotingstoewysing vir die jaar 2025/26 prioritiseer behuising en sanitasie, grondlewering, landbou, sport, jeugbemagtiging, gesondheid en […]
G20-leiersberaad sal by Nasrec aangebied word - May 30, 2025
Die G20-leiersberaad in November sal by die Nasrec-eksposentrum in Soweto plaasvind. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die geleentheid by die geskiedkundige perseel versterk pogings om ruimtelike beplanning uit die apartheid-era aan te spreek. Die minister sê Nasrec Soccer City, is vir groot ekspo’s soos Electra Mining Africa gebruik en sal nou een […]
Kabila terug in DRK, ontmoet M23-rebelle - May 30, 2025
Oud-president Joseph Kabila was gister terug in die Demokratiese Republiek van die Kongo en plaaslike leiers in Goma ontmoet. Die stad in die ooste van die DRK word deur die Rwanda-gesteunde M23-rebelle beset. Hy is in Goma ten spyte daarvan dat hy ‘n moontlike hoogverraadverhoor in die gesig staar oor sy beweerde steun vir die […]
MotoGP-kampioen wil Aprilia verlaat - May 30, 2025
Motorsport: Die heersende MotoGP-kampioen, Jorge Martin, wil Aprilia na ‘n enkele seisoen verlaat. Die Spanjaard het by die Italiaanse span aangesluit nadat hy verlede jaar die wêreldkampioenskap vir Prima Pramac Racing beklink het. Martin het vanjaar ‘n nagmerrie-begin gehad, met beserings in ‘n voorseisoense ongeluk wat hom die eerste drie wedrenne laat misloop het, gevolg […]