Twee borg geweier in daggaplantasie-saak - May 30, 2025

Die 42-jarige Armand Schultz en ‘n 27-jarige Suid-Afrikaner, David van der Linden, het in die Okahandja landdroshof verskyn na ‘n daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld ontdek is. Hulle word aangekla van handeldryf in afhanklikheidsvormende stowwe en die besit van dwelmproduserende stowwe. Volgens staatsaanklaer Hilma Mwata was Schultz en Van der Linden na bewering betrokke […]

Read More

Rentekoersverlaging-besluit is korrek, sê ekonoom - May 30, 2025

ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om sy rentekoersverlagingsiklus voort te sit, is die regte een. Die komitee het die koers met 25 basispunte gesny. Dit bring die terugkoopkoers af tot 7,25-persent en die prima uitleenkoers tot 10,75-persent. Parsons sê op hierdie stadium […]

Read More

Appèlhof stel Trump se tariewe vir eers weer in - May 30, 2025

‘n Amerikaanse federale appèlhof het ‘n aansoek deur president Donald Trump se administrasie toegestaan om die uitspraak van die Hof vir Internasionale Handel tydelik op te skort. Die hof het Woensdag beslis Trump is ingevolge die Wet op Internasionale Noodekonomiese Magte nie by magte om omvangryke globale tariewe te hef nie. Die beslissing beteken dat […]

Read More

Djoko goed op dreef in Franse Ope - May 30, 2025

Tennis: Die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië het na die derde rondte van die Franse Ope deurgedring toe hy met Corentin Moutet van Frankryk afgereken het. Die derde gekeurde Duitser Alexander Zverev het ná een stel agter, die jong Nederlander Jesper de Jong geklop. Australië se Alex De Minaur, nommer nege in die wêreld, […]

Read More

Wees bedag op verbypad op B6 - May 30, 2025

Die Padowerheid het aangekondig dat ‘n tydelike verbypad van môre af op die B6 op pad na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in werking sal wees. Dit is weens konstruksie op die pad, en padgebruikers word gemaan om versigtig te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer […]

Read More

Rugby: Groot premierliga-aksie op Hage Geingob môre - May 30, 2025

Groot aksie wag môre op rugbyliefhebbers wanneer vier spanne gaan meeding om ‘n plek in die finaal van die Namibiese Rugbypremierliga. FNB Kudus pak FNB Grootfontein om 14:30 in die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Om 16:15 is FNB Wanderers teen Trustco United. 

Read More

Volksmoordherdenking: Dís hoekom 28 Mei gekies is  - May 30, 2025

Namibië se eerste herdenking van die volksmoord van 1904 tot 1908 Woensdag was in omstredenheid gedompel met sekere lede van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe wat nie met die keuse van die datum saamgestem het nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 28 Mei is gekies omdat Duitsland op dié dag in 1908 die konsentrasiekampe in Namibië gesluit […]

Read More

Sesde Nama-fees in volle swang  - May 30, 2025

Die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop is ‘n volle swang. Verrigtinge het vanoggend amptelik met ‘n parade deur die strate van die suidedorp begin. Stalletjies met handwerk eie aan die Namas, tradisionele kos en –kruie pryk op die feesgronde by die Westdene-stadion, waar kultuurgroepe ook gaan sorg vir vermaak en Nama-musiek. Die geleentheid sal […]

Read More

Swanger tieners groot bron van kommer  - May 30, 2025

Stygende tienerswangerskappe bly ‘n groot bekommernis, met amper drie uit elke 10 meisies wat die skool verlaat omdat hulle swanger is. Die Ombetja Yehinga Organisation, Oyo, het begin met bewusmaking onder die jeug oor die kwessie deur hul jaarlikse kunstefees. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Ethne Mudge gepraat.    

Read More

NNN verwelkom nuwe AfDB-president  - May 30, 2025

Namibië se prioriteite stem volkome ooreen met dié van die nuwe president van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB), Sidi Ould Tah, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tah, Mauritanië se voormalige finansminister, is Donderdag tot die nuwe leier van die bank verkies. Nandi-Ndaitwah het hom gelukgewens en gesê Namibië glo, soos Tah, in nywerheidsontwikkeling deur plaaslike waardetoevoeging tot natuurlike […]

Read More