Uraan, akkerbou ekonomiese dryfvere vanjaar - May 30, 2025
Die Bank of Namibië het onlangs gesê die binnelandse ekonomie sal na verwagting in 2025 met 3,8 persent groei en met 4 persent in 2026, vanaf sowat 3,7 persent in 2024. Volgens sy ekonomiese voorspellingsverslag sal die verwagte groei in die primêre bedrywe, ondersteun deur sterk groei in gewasboerdery en uraanproduksie, die belangrikste dryfveer van […]
SA gaan weer spesialis-polisie ontplooi - May 30, 2025
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê misdaad bly ‘n groot probleem. Sy sê alhoewel moordsake verminder, is daar ‘n toename in seksuele oortredings, insluitend verkragting. Ntshavheni sê die kabinet loof die polisie vir die vinnige arrestasies in hoëprofiel geslagsgeweldsake, insluitend dié van die Wits Universiteit-student Olorato Mongale. Sy het bygevoeg die regering beplan […]
Gevaarligte flikker vir klimaatskrisis - May 30, 2025
‘n Nuwe verslag van die Wêreld Weerkunde-organisasie waarsku temperature gaan wêreldwyd waarskynlik aanhou styg, met ‘n 80-persent kans dat ten minste een jaar tussen nou en 2029 nog warmer gaan wees. Die organisasie voorspel dat die gemiddelde verwarming vir 2015 tot 2034 sowat 1,44 grade Celsius meer sal wees as voor nywerheidsvlakke. Daar bestaan ‘n […]
Krieket: Spanne spook vir eindstrydplek in Indiese IPL - May 30, 2025
‘n Plek in die eindstryd van die Indiese Premierliga is vandag op die spel in die eerste kwalifiseerder tussen Punjab Kings en Royal Challengers Bengaluru in New Chandigarh. Die twee spanne, wat eerste en tweede op die punteleer geëindig het, veg albei vir hul eerste titel in die kompetisie. Vandag se wenner gaan deur na […]
Nanso waarsku kinders teen rooiligte - May 30, 2025
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het veiligheidsgidse in Windhoek se Havana-nedersetting versprei om bewusmaking oor seksuele en geslagsgebaseerde geweld te bevorder. Die uitreik het speletjies en kos vir kinders ingesluit. Woordvoerder Jenny Poiyah sê die inisiatief is ’n reaksie op die toenemende gevalle van kindermishandeling en geslagsgebaseerde geweld. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso president […]
SA kry kommissie van ondersoek na apartheidsmisdade - May 30, 2025
President Cyril Ramaphosa het ‘n oudregter van die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, aangestel om ‘n geregtelike kommissie van ondersoek te lei na vertragings met ondersoeke en vervolging van misdade uit die apartheidsera. Die kommissie sal probeer vasstel of pogings aangewend is om in te meng met ondersoeke of sake te laat ontspoor wat die Waarheids- […]
TV-reeks oor Harry Potter vorder - May 30, 2025
Arabella Stanton, Dominic McLaughlin en Alastair Stout gaan die rolle van Hermione, Harry en Ron vertolk in HBO se komende Harry Potter TV-reeks. Meer as 30 000 akteurs het sedert verlede jaar oudisies afgelê. Die drie sluit aan by ʼn rolverdeling wat akteurs soos John Lithgow as Hogwarts-hoof Albus Dumbledore, en Janet McTeer as Minerva […]
Sokker: Chelsea sien uit na blink era - May 30, 2025
Chelsea se afrigter, Enzo Maresca sê hy hoop hul oorwinning in die UEFA-Konferensieliga kan die begin wees van ‘n nuwe era van sukses. Die span het agtergeloop voordat hulle Real Betis 4-1 geklop het in Breslau, Pole, en sy eerste trofee sedert 2022 verower het. Chelsea is ook die eerste span wat al drie Europa se […]
BIG maak groot verskil in Namibiërs se lewens, toon verslag - May 30, 2025
Die Nasionale Raad se staande komitee oor gesondheid, waatskaplike Welsyn en arbeidsake het ‘n verslag vrygestel oor die basiese inkomstetoelaag-loodsprojek by Otjivero en Omitara van 5 Augustus 2024 tot 9 Mei vanjaar. Die verslag spoor die regering aan word om toelaes uit te brei na kwesbare, werklose Namibiërs tussen 19 en 59 jaar oud. Die […]
Lewenslange tronkstraf vir Joslin se ontvoerders - May 30, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die lewenslange vonnisse vir Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn in die saak van Smith se jong dogter, Joslin, wat in Februarie verlede jaar aan die Kaapse Weskus verdwyn het. Die NVG se woordvoerder, Eric Ntabazalila, sê die beslissing van die Wes-Kaapse Hooggeregshof is ‘n ongewone, geskiedkundige skuldigbevinding aan […]