Musk sê: Tata, Trump!  - May 30, 2025

Elon Musk het as die medehoof van Amerika se departement van doeltreffendheid, Doge, bedank. Dit volg ná Musk een van die kernbeleide van president Donald Trump gekritiseer  het. Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het verlede week ‘n wetsontwerp aanvaar wat Trump as groot en pragtig beskryf het, met belastingverligting van triljoene dollar en ‘n belofte […]

Read More

Italië se Marini val met motorfiets, erg beseer  - May 30, 2025

Die Italiaanse motorfietsrenjaer, Luca Marini, sal moontlik volgende week se MotoGP-wedren in Aragon, Spanje, misloop nadat hy tydens toetse in Japan geval het. Die bestuurder van Honda Factory Racing het veelvuldige beserings opgedoen, onder meer ʼn ontwrigte heup, talle beenbreuke en ʼn long wat platgeval het. Honda sê Marin sal in ‘n Japanse hospitaal bly vir waarneming […]

Read More

NR gee groenlig vir 2025/26-begroting  - May 30, 2025

Die Nasionale Raad het die begrotingswetsontwerp sonder wysigings goedgekeur. Die Wetsontwerp op Paaie van 2024, die Wetsontwerp op die Wysiging van die Regbank en die Wetsontwerp op Openbare Verkryging is ook goedgekeur. Die Raad sal aan die speaker verslag doen dat daar geen wysigings aan die wetsontwerpe aangebring is nie, waarna die speaker dit aan […]

Read More

Regering van nasionale eenheid in SA een jaar oud  - May 30, 2025

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet is dankbaar om die regering van nasionale eenheid se eerste herdenking as ‘n belangrike mylpaal in die demokrasie van Suid-Afrika te vier. Sy sê die tien-party-koalisie, wat slegs 14 dae ná die verkiesing gevorm is, toon ‘n sterk verbintenis tot eenheid, bestendigheid en inklusiewe regering. […]

Read More

Israel skep nuwe nedersettings in besette Wesoewer  - May 30, 2025

Israel het die skepping van 22 nuwe nedersettings aan die besette Wesoewer aangekondig, wat die verhouding met die internasionale gemeenskap verder onder druk kan plaas. Die Verenigde Nasies veroordeel Israeliese nedersettings aan die Wesoewer gereeld as onwettig sê dit word gesien as een van die grootste hindernisse vir blywende vrede tussen Israeli’s en Palestyne. Die […]

Read More

Rugby: Groot uitdaging vir SA-spanne in VRK  - May 30, 2025

Suid-Afrika se drie spanne in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap staan voor hul grootste uitdaging van die seisoen, met net oorwinnings wat goed genoeg sal wees om die voorlaaste ronde te haal. Die Stormers het waarskynlik die moeilikste taak wanneer hulle môreaand in Skotland speel teen die verdedigende kampioen, Glasgow Warriors. Die Bulle, wat […]

Read More

Opec+ neig na groter olieproduksie  - May 30, 2025

Opec+ sal waarskynlik instem om olieproduksie in Julie met 411 000 vate per dag te vermeerder. Reuters berig die besluit word môre verwag wanneer agt lede vergader, nadat verhogings meer is as wat in Mei en Junie verwag is. Die verslag dui aan die huidige breër 22-lid-oorsig sal waarskynlik nie die beleid verander nie. Die stap […]

Read More

SARB se laer rentekoers verwelkom  - May 30, 2025

ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om sy rentekoersverlagingsiklus voort te sit, is die regte een. Die komitee het Donderdag die koers met 25 basispunte gesny. Dit bring die terugkoopkoers af tot 7,25 persent en die prima uitleenkoers tot 10,75 persent. Parsons sê […]

Read More

Staak wapenverkope aan Israel, pleit Britse bekendes  - May 30, 2025

Die popster Dua Lipa het saam met sowat 300 Britse bekendes ‘n ope brief onderteken waarin die regering versoek word om wapenverkope aan Israel te staak. Dit volg op soortgelyke pleidooie van prokureurs en skrywers. Akteurs, musikante, aktiviste en ander openbare figure vra premier Keir Starmer in die brief om Brittanje se medepligtigheid te beëindig […]

Read More

Rugby: Só lyk Stormer-span teen Glasgow Warriors  - May 30, 2025

Suleiman Hartzenberg en Dan du Plessis sal as die senters op die veld draf in die afwesigheid van die geskorste Damian Willemse wanneer die Stormers môreaand teen Glasgow Warriors in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd in Skotland te staan kom. Sacha Feinberg-Mngomezulu en Stefan Ungerer is weer die skakelpaar met Herschel Jantjies en Manie Libbok wat op […]

Read More