Bergfietsresies: Taai stryd wag op Namibië se Looser - May 30, 2025
Namibië se Vera Looser, die heersende kampioen in die 2024 UCI Marathon World Cup, gaan môre ‘n opdraandestryd in vanjaar se Hero UCI Marathon World Cup in Italië hê. Looser lê tans negende uit 36 deelnemers in dié bergfietsresies. Die tweede been van die resies vind môre in Andorra plaas.
Hupstoot vir CoW se veselnetwerk - May 30, 2025
Die Suid-Afrikaanse veselinstallasie maatskappy LightStruck het ‘n vennootskap met die Stad Windhoek se City Link-inisiatief begin om die stad se pogings om sy veselnetwerk te kommersialiseer, te bevorder. Lightstruck het ook in vennootskap met RocketNet getree om met vesel-installering dwarsoor die land te help. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Xander Erasmus, die stigter van […]
Drie vandag in hof oor daggaplantasie by Hochfeld - May 30, 2025
Nóg ‘n verdagte is vasgetrek in verband met die daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld waarop die polisie Woensdagoggend afgekom het. Die plaaseienaar, plaasbestuurder en bestuurder van die motor waarin 52 groot sakkies dagga gevind is, verskyn vanoggend in die landdroshof op Okahandja. Die daggaplantasie van 1,55 hektaar was versteek in landerye op die plaas.
Baanbreker-tegnologie vir Namibië se robbe ingespan - May 30, 2025
Die Marine Stewardship Council, MSC, het meer as 40 miljoen Namibiese dollar aan ’n Namibiese projek toegeken om rob-interaksies met visvangtoerusting te verminder. Die Namibiese Stokvisvereniging en wetenskaplikes gaan ‘n nuwe tegnologie, Tast, toets wat skadelose lae-frekwensie geluide gebruik om robbe af te skrik. Dit bied ’n volhoubare oplossing vir newevangste en toerustingverstrengeling. Die projek […]
Reuse-inspuiting vir Walvisbaai se paaie - May 30, 2025
Die begroting vir die opknapping en bou van paaie in Walvisbaai is van 250 miljoen Namibiese dollar tot 400 miljoen verhoog. Die Padfondsadministrasie gaan die geld oor ‘n tydperk van vyf jaar beskikbaar stel om die kusdorp se belangrike rol as ‘n handels- en logistieke nisbestemming te verbeter.
Amper tyd om vir plaaslike owerhede, streeksrade te stem - May 30, 2025
Namibië sê plaaslike owerheids- en streeksraadsverkiesings moet binne die volgende paar maande plaasvind, maar die presiese datums is nog nie bekend nie. Politieke partye sal binnekort met verkiesingsveldtogte begin, en nuwe raadslede sal in November 2025 hul ampte aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die Walvisbaai munisipale raadslid Ryan Gordon gepraat. Hy verwys na kwessies […]
Biodiversiteit lewensbelangrik vir Namibië - May 30, 2025
Volgens die Biofin Namibia-inisiatief is die land ryk aan biodiversiteit, en die bewaring van sy natuurlike hulpbronne is van kritieke belang vir lewensbestaan, voedselsekerheid, klimaatsveerkragtigheid en ekonomiese volhoubaarheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bernadette Shivute, volhoubare finansieringspesialis by die UNDP-kantore in Namibië, wat verduidelik waarom biodiversiteitsbewaring belangrik is, ondanks uitdagings soos armoede en werkloosheid.
Vier SADP-lede voor hof oor Stilfontein - May 30, 2025
Vier SAPD-lede het in die Stilfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling en hulp met die ontsnapping van die aangehoudene Neo James “Tiger” Tshwaeli. Tshwaeli, ‘n vermeende onwettige mynbaas, het verdwyn nadat hy tydens die Vala Umgodi-operasie in die Noordwes uit ‘n Stilfontein-mynskag gered is. Die beskuldigdes is elk op duisend rand borgtog vrygelaat. Die saak […]
Russiese oudbevelvoerder dood in ontploffing - May 30, 2025
‘n Afgetrede Russiese bevelvoerder wat die lugaanvalle op die Oekraïense hawestad Mariupol gelei het, is dood in ‘n ontploffing in Stavropol in die suide van sy land. Die 34-jarige Zaur Gurtsiev het verskeie medaljes ontvang vir sy deelname aan aanvalle op Mariupol en Avdiivka. Owerhede het nie gesê wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar […]
Rugby: Etzebeth verwag moeilike stryd teen Munster - May 30, 2025
Hoewel die Haaie die Europese Uitdaagbeker gewen het, het hulle nie veel welslae behaal in die Verenigde Rugbykampioenskap nie. Hulle het verlede seisoen in die 14de plek op die punteleer afgesluit. Die Durbanse span berei voor vir Saterdag se kwarteindstryd teen die Ierse span Munster op Kingspark in Durban. Die Haaie se kaptein, die Springbok-ster […]