VK toenemend deur vyandige lande bedreig: MI5 - October 17, 2025
Die Verenigde Koninkryk se binnelandse veiligheidsdiens, MI5, waarsku dat Brittanje ‘n toenemende bedreiging van vyandige lande, insluitend Iran, Rusland en China, ondervind, terwyl die risiko vir terrorisme enorm bly. Die VK het verlede jaar ‘n toename van 35-persent ondervind in die aantal verdagtes wat vir moontlike werk vir ‘n vyandige buitelandse regering ondersoek is. Die […]
Haaie span groot kanonne in teen Ulster - October 17, 2025
Rugby: Die Haaie se groot kanonne is terug vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Ulster op Kingspark in Durban. Die Springbokvoorspelers Ox Nché, Eben Etzebeth en Siya Kolisi sluit na hulle triomfantlike Rugbykampioenskaps-veldtog aan by hulle mede-Bokke, Bongi Mbonambi en Vincent Koch, in die opdrafspan. Die skrumskakel Grant Williams en die binnesenter André Esterhuizen is […]
Trustco Finansiering word Monetu Financing - October 17, 2025
Trustco Finansiering het ‘n naamverandering ondergaan. Die mikrolener maatskappy staan nou bekend as Monetu Financing. Die nuwe rigting wat die maatskappy inslaan gaan gepaard met nuwe tegnologie wat ook uitgerol word. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se adjunkhoof Quinton van Rooyen Jr. gepraat.
Omstrede Brown Mogotsi vrees vir sy lewe - October 17, 2025
Die omstrede sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, sê hy vrees vir sy lewe nadat die polisie Donderdag ʼn klopjag uitgevoer het by sy sakeonderneming in Mahikeng. Die polisie sê dis deel van ʼn voortgaande ondersoek wat reeds voor die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee bespreek is. Hy word beskuldig dat hy deel was van […]
Brasilië vra EU se hulp om reënwoude te beskerm - October 17, 2025
Brasilië het die Europese Unie se ondersteuning gevra om die Tropical Forests Forever-fonds te stig om reënwoude te beskerm. Die hoofdoel is om jaarlikse betalings te doen aan lande met reënwoude as beloning omdat hulle woudbedekking onderhou of uitbrei. Reënwoude bedek sowat 12-persent van die aarde se grondoppervlak. Die Brasiliaanse minister van Inheemse Volke, Sonia […]
Gevaarlike hittetoestande ook vir VSA F1 Grand Prix verklaar - October 17, 2025
Motorsport: Die Internasionale Motorfederasie het die naweek se Formule Een Grand Prix in Amerika verklaar tot ‘n wedren met gevaarlike hittetoestande te midde van hoë temperature in Austin. Temperature in Sentraal-Texas sal na verwagting tydens môre se snelren en Sondag se wedren tot bo die perk van 31-grade Celsius styg. Dit is die tweede agtereenvolgende […]
Dino sê oor eindeksamens - October 17, 2025
Die onderwysministerie het reeds begin met die Namibië Senior Sekondêre Eksamens, met leerlinge wat tans besig is met vroeë vraestelle. Adjunk-onderwysminister Dino Balotti het in die Nasionale Vergadering ‘n ministeriële verklaring gegee oor belangrike datums in die eksamentydperk. Uitslae sal na raming op 25 Januarie beskikbaar wees.
Olie daal effe met Trump-Putin-beraad - October 17, 2025
Oliepryse het vanoggend effens gedaal, op pad na ‘n weeklikse verlies van byna 7 persent, met onsekerheid oor wêreldwye energievoorrade nadat die Amerikaanse president Donald Trump en die Russiese president Vladimir Putin ooreengekom het om in Hongarye te vergader. Brent staan nou net bo 60 Amerikaanse dollar. Hierdie week se daling was ook deels te […]
Beskerm olie- en gassektore vir brandstofprys – Mantashe - October 17, 2025
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die oplossing vir bekostigbare brandstofpryse is die beskerming van die gas- en petroleumsektor. Hy het gister lede van die Parlement toegespreek tydens die Nasionale Raad van Provinsies se vraag-en-antwoordsessie met uitgesoekte ministers in die ekonomiese groep. Mantashe sê binnelandse brandstofpryse word beïnvloed deur faktore soos […]
Venezuela vra VN om VSA-aanvalle onwettig te verklaar - October 17, 2025
Venezuela het die Veiligheidsraad versoek om te bepaal dat dodelike Amerikaanse aanvalle op skepe langs sy kus onwettig is en ‘n verklaring uit te reik wat Venezuela se soewereiniteit ondersteun. Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n groot Amerikaanse militêre opbou in die suidelike Karibiese Eilande beveel, en die troepe het ten minste vyf aanvalle […]