Tennis: Sabalenka klop Teichmann by Franse Ope - May 29, 2025
Die eerste gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het na die derde ronde van die Franse Ope deurgedring ná haar oorwinning van 6-3, 6-1 teen Switserland se Jil Teichmann. Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, het Brittanje se Emma Raducanu met 6-1, 6-2 geklop, terwyl verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini van Italië, die Australiër […]
Trump-tariewe onwettig, sê internasionale hof - May 29, 2025
Die Amerikaanse Internasionale Handelshof het bevind president Donald Trump het sy gesag oorskry deur omvattende, globale tariewe op invoere in te stel. Die paneel van drie regters in New York sê die Wet op Internasionale Ekonomiese Nood-magte van 1977 wat Trump aanhaal om die tariewe te regverdig, gee hom nie mag om dit in te […]
Vredesmagte moet dringend in DRK ontplooi word - May 29, 2025
Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê die vredes- en sekerheidsraamwerk moet dringend in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo ingestel word. Hy het die 12de hoëvlakvergadering van die streeksoorsig-meganisme vir die vrede-, sekerheid- en samewerkingsraamwerk in Kampala, Uganda bygewoon. Lamola sê die beraad het ook die huidige dodelike […]
Polisie slaan toe op daggaplantasie naby Hochfeld - May 29, 2025
Die Namibiese polisie het Woensdagoggend op ‘n daggaplantasie op ‘n private plaas tussen die Osire-vlugtelingkamp en Hochfeld afgekom. Die vonds is gemaak ná die polisie ‘n voertuig met 52 sakke dagga op die pad tussen Hochfeld en Okahandja voorgekeer het. Die bestuurder het hulle toe na die plaas geneem. Die daggaplantasie beslaan 1,55 hektaar en […]
Sokker: Banyana Banyana moet sokkies optrek - May 29, 2025
Banyana Banyana-afrigter Desiree Ellis sê sy is teleurgesteld met hulle vertoning teen Botswana in hul eerste wedstryd van die drienasies-reeks op die Lucas Moripe-stadion in Pretoria. Doele deur Adrielle Mibe en Jermaine Seoposenwe, wat twee bygedra het, het tot Suid-Afrika se 3-2-sege teen Botswana gelei. Banyana Banyana kom Dinsdag op dieselfde stadion teen Zambië te […]
Aardverwarming verhoog kankerrisiko in vroue - May 29, 2025
Aardverwarming verhoog dalk vroue se kankerrisiko’s in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. ‘n Studie in 17 lande het bevind dat bors-, eierstok-, baarmoeder- en servikale kankersyfers en -sterftes met elke graad Celsius temperatuurstyging toegeneem het. Eierstokkanker het die meeste gestyg. Wetenskaplikes van die Amerikaanse Universiteit in Kaïro koppel dit aan omgewingsgifstowwe, ontwrigte gesondheidsorg en ongelyke toegang […]
DA soek nasionale oudit van ‘polisie-misdadigers’ - May 29, 2025
Die DA sê hy is diep geskok deur die toenemende getal polisiebeamptes wat by ernstige misdaad betrokke maar steeds in diens is. Ian Cameron van die party sê dit sluit ‘n konstabel in wat in Kuilsrivier gestasioneer en op ‘n klag van verkragting op borgtog uit is. Hy is steeds in diens. Cameron sê ‘n […]
Seekoei val seuns in Kavango-Wes aan - May 29, 2025
Twee tienerseuns in Kavango-Wes het vroeër vandeesweek ‘n noue ontkoming gehad toe hulle deur ‘n seekoei by die Kasisi-nedersetting aangeval is. Volgens die polisie was die seuns Maandag tussen 16:00 en 17:00 in ‘n kano toe hulle aangeval is. Die 16-jarige seun het ‘n ernstige beenbesering opgedoen en is na die staatshospitaal op Rundu oorgeplaas. […]
Walliese flank wil hof toe oor kopbeserings - May 29, 2025
Voormalige Walliese flank Alix Popham wil amptenare in die hof daag vir hulle aandeel in die kopbeserings wat hy en ander spelers opgedoen het. Honderde voormalige spelers voer ‘n regsgeding teen die owerhede omdat hulle na bewering nie voldoende beskerming teen herhaalde houe teen die kop gebied is nie. Die 45-jarige Popham, wat tussen 2003 […]
Beervleis dalk op gou op rakke in Slowakye - May 29, 2025
Die vleis van bruinbere, ‘n beskermde spesie in die Europese Unie, mag dalk binnekort in Slowakye beskikbaar wees om te eet, nadat die populistiese regering nuwe planne goedgekeur het. Die kabinet het in April ‘n plan goedgekeur om sowat ‘n kwart van die een-duisend-300 bruinbere in die land te skiet, in reaksie op ‘n paar […]