Valterra Platinum, ou Amplats, maak debuut op JSE - May 29, 2025

Valterra Platinum, voorheen Anglo American Platinum, het Woensdag sy debuut op die Johannesburgse Effektebeurs gemaak, voor sy amptelike ontbinding van Anglo American aan die einde van Mei. In ‘n onderhoud met SABC News sê die finansiële hoof van Valterra, Sayurie Naidoo, die skuif is ‘n belangrike stap in die maatskappy se oorgang. Sy het Valterra […]

Read More

Krieket: Aussies maak reg vir Proteas - May 29, 2025

Australië se groep vir volgende maand se eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Suid-Afrika in Londen het met ‘n spanboukamp in die Britse hoofstad begin. Die spanbou sal gevolg word deur gefokusde oefening voordat die wedstryd op 11 Junie by Lord’s begin. Afrigter Andrew McDonald het die afgelope tyd as ‘n deurmekaar gemors beskryf met sommige […]

Read More

VN sê Rusland skuldig aan oorlogsmisdade - May 29, 2025

VN-deskundiges het bepaal Rusland se weermag het “misdade teen die mensdom” en “oorlogsmisdade” gepleeg met sy hommeltuigaanvalle op burgerlikes in Oekraïne se Cherson-streek. Die Onafhanklike Internasionale Kommissie van Ondersoek oor Oekraïne, wat deur die VN se Menseregteraad ingestel is, sê Russiese gewapende magte teiken burgerlikes stelselmatig. Rusland se hommeltuigaanvalle is in die kollig nadat Moskou […]

Read More

Bek-en-klouseer in SA amper onder beheer - May 29, 2025

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement se verskerpte pogings om bek-en-klouseer te beheer en uit te wis, is werp vrugte af. Die siektebestuur in Limpopo en die Oos-Kaap word binnekort opgehef en ʼn dringende bestelling vir noodsaaklike entstof ter waarde van 72 miljoen rand is geplaas. Die ministerie sê daar is in […]

Read More

Duitsland, Namibië se pad lyk belowend - May 29, 2025

Namibië en Duitsland se pad vorentoe lyk belowend, ook wat versoening rakende die volksmoord betref, sê Duitsland se ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter. Hutter het Woensdag die eerste amptelike herdenkingsdagvieringe in Windhoek bygewoon. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens dieselfde geleentheid beklemtoon die oplossing vir die volksmoordkwessie moet almal tevrede stel, veral die gemeenskappe wat daardeur […]

Read More

Gholf: Ierland gasheer vir Ryderbeker in 2027 - May 29, 2025

Die Ryderbeker-kompetisie van 2027 vind vanaf 17 September op Adare Manor in Ierland plaas, wanneer die spanbyeenkoms sy eeufees vier. Dit sal die tweede keer wees dat die land die tweejaarlikse kompetisie aanbied nadat Europa Amerika in 2006 op die K-klub in Kildare geklop het. Vanjaar se Ryderbekerkompetisie vind in New York plaas, ook in […]

Read More

Iran oorweeg VN-, VSA-kerninspeksies - May 29, 2025

Iran sê hulle sal dit moontlik oorweeg om Amerikaanse inspekteurs van die Verenigde Nasies se kernwaghond toe te laat om sy fasiliteite te inspekteer indien ‘n ooreenkoms met die Verenigde State bereik word. Iran word lank reeds deur Westerse moondhede beskuldig dat hulle kernwapens wil ontwikkel, ‘n bewering wat Teheran aanhoudend ontken en dring daarop […]

Read More

Net 16% van SA munisipaliteite kan met geld werk - May 29, 2025

Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê die stand van finansiële en prestasiebestuur-dissiplines in plaaslike regering laat veel te wense oor. Plaaslike regering het die afgelope drie jaar 17,6 miljard rand verloor weens vrugtelose en verkwistende besteding. Die ouditeur-generaal het bevind slegs 41 uit 257 rade het in die 2023/24-boekjaar ʼn skoon oudit ontvang. Maluleki het aan […]

Read More

Veediefstal raak al wreder - May 29, 2025

Die Omaruru Boerevereniging het ‘n beroep op die regering gedoen om drastiese strafmaatreëls in te stel om veediefstal as ‘n saak van erns te takel. Dit volg ná die eienaars van die plaas Klein Okombahe naby Omaruru Woensdag ‘n kalf gevind het wat met ‘n spies deurdring was. Die kalf het kraal toe gesukkel, maar […]

Read More

Vakbond vra SARB vir rente-genade - May 29, 2025

Die vakbondfederasie Cosatu vra ‘n rentekoersverlaging van 50 basispunte terwyl die Reserwebank (SARB) se Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Matthew Parks van Cosatu sê die ekonomie het verligting nodig met dalende inflasie en werkers wat deur skuld en stygende lewenskoste belas word. Die meeste werkers bly onder druk weens skuld, ondanks 44 miljard rand wat deur […]

Read More