Rugby: Dan Cole hang sy skoene op - May 28, 2025
Engeland en Leicester Tigers se stut, Dan Cole, sê hy gaan aan die einde van die seisoen uittree. Die 38-jarige wat die tweede meeste toetse vir Engeland gespeel het, het sy land 118 keer verteenwoordig. Sy loopbaan sluit in vier Premierskaptitels vir Leicester, waar hy as seun gespeel het, en vir wie hy 340 wedstryde […]
Riool verdryf Kamfersdam se flaminke - May 28, 2025
Kamfersdam, noord van Kimberley in die Noord-Kaap, was eens ‘n belangrike broeiplek vir kleiner flaminke, maar hulle het die dam verlaat weens jare se besoedeling van rou riool. Bewaringsgesindes sê die giftige water het die flaminke verdryf en hulle teël sedert 2020 nie meer daar nie. Die dam was een van slegs vier broeiplekke in […]
Franse stem oor reg om te sterf - May 28, 2025
Franse parlementslede het Dinsdag gestem oor ‘n omstrede wetsontwerp oor die reg om te sterf. Dis die eerste stap in ‘n lang parlementêre proses om wettig mediese hulp te verleen aan pasiënte om hulle eie lewens te beëindig in duidelik-gedefinieerde omstandighede. President Emmanuel Macron dring daarop aan dat dit beperk moet word tot mense met […]
Krieket: Engelse Atkinson beseer, uit eendagreeks - May 28, 2025
Engeland se snelbouler, Gus Atkinson, gaan die eendagreeks teen die Wes-Indiese Eilande misloop weens ‘n dyspierbesering. Die reeks begin môre op Edbaston. Atkinson is die tweede speler wat weens ʼn besering onttrek nadat Jofra Archer ook uit is weens ʼn beseerde duim. Die 27-jarige Atkinson is nie gekies vir die reeks van drie T20-wedstryde wat […]
Ngurare: Verwerk minerale plaaslik - May 28, 2025
Die Opuwo jaarlikse handelskou vind hierdie week plaas, met die tema “Bemagtig die plaaslike ekonomie deur volhoubare innovasie in groenwaterstof, olie en gas, bewaarareas vir toerisme, en mynbou”. Eerste minister Elijah Ngurare het tydens die opening die belangrikheid van mynbou onderstreep en aangedui dat gesprekke oor ‘n mineraal-verwerkingsaanleg sal begin
Theuns du Toit oorweeg siviele eis teen Maties - May 28, 2025
Die Universiteit Stellenbosch-oudstudent, Theuns du Toit, wat aangekla is nadat hy in 2022 op ʼn medestudent se besittings geürineer het, oorweeg ʼn siviele eis teen die universiteit. Die Stellenbosch-landdroshof het hom onskuldig bevind aan crimen injuria en kwaadwillige saakbeskadiging. Du Toit is geskors nadat hy na ʼn tugverhoor skuldig bevind is aan oortreding van studente se dissiplinêre […]
Israelse weermag vuur waarskuwingskote oor kos - May 28, 2025
Die Israelse Weermag sê hy moes waarskuwingskote naby die nuwe hulpverspreidingsentrum in Rafah, Gaza, afvuur. Dit volg nadat duisende Palestyne heinings gebreek het om by voorrade uit te kom en die pasgestigte Gaza Humanitêre Stigting beheer oor die verspreidingsperseel verloor het. Die stigting wat deur Israel en Amerika ondersteun word, sê hy het tot dusver […]
Krieket: Royal Challengers Bengaluru môre teen Punjab Kings - May 28, 2025
Royal Challengers Bengaluru speel môre teen die eerste span op die Indiese Premierliga-punteleer, Punjab Kings, in die eerste kwalifiseerder na hulle oorwinning van ses paaltjies oor Lucknow Super Giants in die laaste groepswedstryd. Rishabh Pant se onoorwonne 118 van 61 balle het Lucknow gevoer tot 227 vir drie in hulle 20 boulbeurte. Die waarnemende kaptein, […]
Generasie-plaaswerkers kry grond - May 28, 2025
Landbouminister Inge Zaamwani het Dinsdag eienaarsbriewe vir hervestigingsplaaseenhede aan nege generasie-plaaswerkers oorhandig wat voorheen met hul vee in die korridors van die Omaheke-streek moes wei. Die regering het twee plase in die streek teen 28 miljoen Namibiese dollar in totaal gekoop. Dit beslaan net meer 11 000 hektaar, terwyl die regering se grondhervormingsteiken 15 miljoen hektaar […]
Zimbabwe: Radiolisensie verplig vir motorversekering - May 28, 2025
Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, het ‘n wet onderteken wat vereis dat alle motoriste meer as 1 600 rand vir ‘n jaarlikse radiolisensie moet betaal voordat hulle voertuigversekering kan kry. Hy sê die stap is daarop gemik om die inkomste vir die sukkelende staatsuitsaaier, Zimbabwean Broadcasting Corporation, te verhoog. Kritici, insluitend opposisieleier Nelson Chamisa, het […]