Liverpool-jaer van poging tot moord aangekla - May 28, 2025
Die polisie sê die 53-jarige man wat Maandag in Liverpool, Engeland, in ʼn skare ingeploeg het, is weens poging tot moord, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed van dwelms vasgetrek. Duisende mense was in die stad se strate vir Liverpool se Premierliga-parade toe die voorval plaasvind. Meer as 50 mense wat kinders insluit, is […]
Stormers nie van stryk oor Willemse-skorsing - May 28, 2025
Die Stormers is nie angstig oor die afwesigheid van die ervare Springbok-agterspeler Damian Willemse vir Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Glasgow Warriors in Skotland nie. Willemse is vir drie wedstryde geskors vir sy rooikaart teen Cardiff, wat tot twee verminder kan word as hy Wêreldrugby se sogenaamde duiktegniekskool bywoon. Voorspeler-afrigter Rito Hlungwani sê die span […]
Lewenslank vir moordenaars van Botma-egpaar - May 28, 2025
Die twee mans wat Giel and Sarie Botma in Februarie 2018 op hul plaas naby Koës in die //Kharas-streek vermoor het, is Dinsdag beide tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Julius Arndt (47) en Andries Afrikaner (44) is albei skuldig bevind aan twee klagte van moord, verkragting, huisbraak, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord. Regter Dinnah Usiku […]
Waghond veroordeel xenofobie in Oos-Kaap - May 28, 2025
Die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge het die onlangse xenofobiese geweld in Addo, in die Oos-Kaap, waar drie buitelandse burgers in vermeende wraakaanvalle dood is na die dood van ‘n plaaslike jong man, sterk veroordeel. Claude Kayitare van die organisasie sê meer as 430 mense is ontheem en meer as 20 beseer, insluitend vroue […]
Trump kanselleer regeringskontrakte met Harvard - May 28, 2025
President Donald Trump gaan na wat berig word federale agentskappe opdrag gee om alle regeringskontrakte met Harvard-universiteit te kanselleer. Die ongeveer 30 kontrakte is gesamentlik 1,8 miljard rand werd. Sedert April is reeds 57 miljard rand se navorsingstoelaes gevries. Daar is ook probeer om die universiteit te verbied om buitelandse studente in te skryf, ‘n […]
Krieket: Protea-kaptein verleng Aussie-kontrak - May 28, 2025
Die Protea Vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, sal vir nog twee jaar beskikbaar wees vir Adelaide Strikers in Australië se Women’s Big Bash League. Sy het haar kontrak verleng na vyf seisoene waartydens sy 1 726 lopies aangeteken het. Die 26-jarige Wolvaardt sê die span het haar tweede tuiste geword, en sy is opgewonde en […]
Ovaherero-, Nama-gemeenskappe boikot herdenking van volksmoord - May 28, 2025
Vandag word die volksmoord van 1904 tot 1908 amptelik in Namibië herdenk. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp egter 28 Mei as Volksmoord Herdenkingsdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul insette ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, waarop die volksmoordbevele uitgereik is. Die amptelike herdenking vind vandag by die parlementstuine in […]
Ghana sluit ambassade in VSA - May 28, 2025
Ghana het sy Amerikaanse ambassade in Washington, DC, tydelik gesluit nadat ‘n beweerde visumbedrogspul ontbloot is. Die minister van Buitelandse Sake, Samuel Okudzeto Ablakwa, sê die sluiting volg na verdoemende ouditbevindings. ‘n Personeellid en medewerkers het na bewering visumaansoekers na ‘n privaat onderneming herlei, niegoedgekeurde fooie gehef en die fondse in hul sakke gesteek. Alle […]
Musk se Tesla-verkope tuimel - May 28, 2025
Motorverkope van Elon Musk se onderneming, Tesla, het in April met meer as die helfte gedaal terwyl Chinese elektriese motorvervaardigers se aandeel gestyg het. Verkope van elektriese motors het oor die algemeen gestyg in die 27 Europese Unie-lande, maar Tesla se aandeel het skerp gedaal te midde van die kollig op Musk se betrokkenheid by […]
Tennis: Norrie deur na tweede ronde in Franse Ope - May 28, 2025
Die Brit Cameron Norrie het die elfde gekeurde Rus, Daniil Medvedev, verslaan om deur te dring na die Franse Ope se tweede ronde. Die driemalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, het die Amerikaner, Mackenzie McDonald, gemaklik geklop terwyl die Rus, Andrey Rublev, met Suid-Afrika se Lloyd Harris afgereken het. In die vroueafdeling is Coco Gauff […]