Namibiese dammestand effe laer - May 28, 2025

Namibië se damme is tans in totaal 88,1 persent vol, effe minder as die 88,5 persent van verlede week, toon NamWater se jongste data. Die Suide se damme – Hardap, Neckartal en die Naute – het die meeste gesak. NamWater skryf die algehele verlaging in damvolumes in die land aan seisoenale vernaderings en voortgesette vraag […]

Read More

SA herstel handelsverhouding met VSA - May 28, 2025

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het sy handelsverhoudings met die VSA suksesvol herstel ná ‘n hoëvlakbesoek aan Washington verlede week. In antwoord op ‘n parlementêre vraag het hy bevestig dat besprekings oor heffings en beleggings hervat is en dat die VSA se deelname aan die komende G20-beraad in November uiters belangrik is. Ramaphosa het sy […]

Read More

Frankryk arresteer 20 oor kripto-ontvoerings - May 28, 2025

Frankryk het meer as 20 mense in hegtenis geneem in verband met ontvoeringskomplotte wat kripto-handelaars teiken. Die inhegtenisnemings vorm deel van ‘n ondersoek deur die georganiseerde misdaadkantoor in Frankryk na die ontvoering van ‘n kripto-miljoenêr in Parys se pa, wat later deur die Franse polisie gered is, ‘n poging vroeër hierdie maand om ‘n Franse […]

Read More

Rugby: Skotse vleuel kan weer teen Bulle uitdraf - May 28, 2025

Edinburgh se Suid-Afrikaans-gebore Skotse vleuel, Duhan van der Merwe, is terug na ‘n langdurige enkelbesering en kan teen die Bulle speel in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd in Pretoria. Hy het gister saam met sy spanmaats na Suid-Afrika gevlieg. Van der Merwe sal ook vanjaar weer die Britse en Ierse Leeus verteenwoordig nadat hy in 2021 […]

Read More

LPM herdenk nie volksmoord, net Afrikadag - May 27, 2025

Die Landless Peoples Movement gaan op 28 Mei as ‘n party Afrikadag vier in Gibeon. Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi gaan ‘n toespraak hou oor reparasie vir koloniale vergrype. Ironies word die Nama en Herero-volksmoord op 28 Mei herdenk, maar die LPM ondersteun dit nie want dit is nie die datum wat die […]

Read More

Moenie beleid verslap vir een mens, sê Forum - May 27, 2025

Forum for South Africa veroordeel die regering se plan om wette oor swart ekonomiese bemagtiging vir miljardêr Elon Musk te verslap. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het verlede week ʼn beleidsriglyn in die Staatskoerant gepubliseer om swartbemagtigingsvereistes vir satellietdiensmaatskappye te verslap. Indien dit goedgekeur word, mag Musk se Starlink-internetdiens in Suid-Afrika […]

Read More

Tiener sterf in rugby-geïnspireerde sosiale media-gier - May 27, 2025

‘n Tiener is in Nieu-Seeland dood nadat hy deelgeneem het aan ‘n rugby-geïnspireerde gier, waar deelnemers sonder beskermende toerusting teen volle spoed in mekaar vashardloop. Die “run-it-straight”-uitdaging het in Nieu-Seeland en Australië versprei, word aangeblaas deur sosiale media en vind soms voor groot skares plaas. Georganiseerde kompetisies bied duisende dollars in prysgeld, maar die nuwe […]

Read More

Leeus vs Wallabies-reekswenner kan dalk met valbylpunt beslis word - May 27, 2025

Rugby: Vanjaar se reeks tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus kan deur ‘n valbylpunt in bykomende tyd beslis word. Die hoof van Rugby Australië, Phil Waugh, sê hulle het die voorstel gedoen in die geval waar die reeks op een wedstryd elk staan en die laaste toets gelykop eindig. 2017 se reeks […]

Read More

Nuwe visa-reëlings maak groot geld vir land - May 27, 2025

Die binnelandse sake-ministerie het reeds mediaberigte wat beweer dat Namibië se nuwe visa-regime toerisme gaan knou, afgeskiet as onwaar en agenda-gedrewe. Die ministerie noem as voorbeeld 243 passasiers op ‘n vlug vanaf Frankfurt wat Sondag in net meer as ‘n uur deur immigrasie op Hosea Kutako Internasionale Lughawe beweeg het. Die ministerie se woordvoerder, Margaret […]

Read More

UP vereer Zanele Mbeki vir bevordering van vroueregte - May 27, 2025

Die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Menslike Wetenskappe het ‘n eredoktorsgraad toegeken aan oudpresident Thabo Mbeki se vrou, Zanele, vir haar lewenslange bevordering van ‘n inklusiewe samelewing en die regte van vroue. Dit fokus spesifiek op die bemagtiging van landelike vroue en die versterking van hulle stemme. Mbeki het die organisasie Women in Dialogue gestig […]

Read More