Vroue lei klimaatsoptrede in Uganda - May 27, 2025

Die Afrika-klimaatsveranderingfonds deur die Afrika-ontwikkelingsbank help Ugandese vroue met geslagsgelykheid en klimaatsverandering. By ʼn woudherstelterrein in Kotido leer vroue om bome te plant, toegang tot grond te kry en waterbewaring. Gemeenskapsleiers, die burgerlike samelewing en plaaslike amptenare is ook betrokke. Die projek bemagtig vroue as omgewingsleiers, met tasbare resultate soos boomkwekerye en plaaslike klimaatsaksie. Amptenare […]

Read More

Franse parlement stem oor ‘reg om te sterf’-wetsontwerp - May 27, 2025

Franse parlementslede stem vandag oor ‘n omstrede wetsontwerp oor die reg om te sterf. Dis die eerste stap in ‘n lang parlementêre proses om wettig mediese hulp te verleen aan pasiënte om hulle eie lewens te beëindig in duidelik-gedefinieerde omstandighede. President Emmanuel Macron dring daarop aan dat dit beperk moet word tot mense met ongeneeslike […]

Read More

NRU Premierliga se top-vier maak reg vir halfeindstryde - May 27, 2025

Die top-vier klubs in die Namibië Rugbyunie Premierliga maak nou gereed vir die halfeindstryde. Kudus het Unam die naweek met een punt uitgeskakel na ‘n oorwinning van 40-39. Grootfontein het tuis met 41-39 teen Rehoboth gewen, en Wanderers is steeds onoorwonne na ‘n 78-21 oorwinning oor Western Suburbs. United het sy wegwedstryd teen Dolphin met […]

Read More

Dis hoe jy veldbrande kan help verhoed - May 27, 2025

Namibië gaan nou die droë wintermaande binne, wat beteken veldbrande en brande rondom huise kan meer gereeld voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met die Senior Brandveiligheidsinspekteur Fillipus Sikongo van Stad Windhoek Brandweerdienste gepraat, wat wenke gee om veldbrande te voorkom.

Read More

O&L, CMB.TECH loop voor met groen-skeepsbrandstof - May 27, 2025

Pogings om wêreldwye skeepvaart se emissies te verminder vorder, met die fokus daarop om seker te maak alle streke, insluitend die globale suide, sal voordeel trek uit die oorgang. Groenbrandstof-geleenthede neem regoor die wêreld vorm aan om hierdie doel te ondersteun. Die gesamentlike onderneming tussen Olthaver en List en die verskepingsmaatskappy CMB.TECH is een van […]

Read More

Hoekom is politici stil oor informele verkopers se penarie? - May 27, 2025

Die Windhoek Stadspolisie se hardhandige optrede teenoor informele verkopers voor ‘n kettingwinkel in die middestad kry steeds sterk kritiek. Volgens die Stad Windhoek kla besighede al meer oor informele verkopers wat onwettig voor hul winkels sake doen. Daar word egter ook gesê dat die Stad nie ‘n geskikte plek het vir informele verkopers om besigheid […]

Read More

Fitch hou Namibië se kredietrisiko-gradering op BB-minus - May 27, 2025

Die internasionale kredietgraderingsagentskap Fitch Ratings het Namibië se kredietrisiko-gradering onveranderd gehou op BB-minus gehou, wat beteken dat die land as stabiel maar kwesbaar beskou word. Die gradering plaas Namibië in die spekulatiewe of nie-belegging-kategorie. Fitch sê die gradering word ondersteun deur die land se sterk bestuursaanwysers en institusionele raamwerk relatief tot eweknieë, en fiskale finansieringsbuigsaamheid […]

Read More

Starship-mega-vuurpyl word vanaand lanseer - May 27, 2025

SpaceX is gereed om die Starship-mega-vuurpyl op sy volgende toetsvlug te stuur. Die vuurpyl is die spil waarom Elon Musk se Mars-ambisies draai, met die laaste twee lanserings wat ontplof het. Daar is vanaand ‘n lanseervenster oop by SpaceX se Starbase-fasiliteit in Texas. Met ‘n hoogte van 123 meter is Starship die grootste en kragtigste […]

Read More

Gewapende rowers van bejaarde Swakopmund-egpaar aan - May 27, 2025

‘n Bejaarde egpaar is Maandagoggend in hul huis in Emeraldstraat in Ocean View in Swakopmund deur gewapende rowers aangeval. Volgens die polisieverslag het die man om 7-uur opgestaan om die alarmstelsel af te skakel en koffie te maak toe vier gemaskerde gewapende mans hom aangeval het. Hulle het hom in die gesig geslaan en met […]

Read More

Binnelanders, kusgemeenskappe ‘moet oseaan-erfenis leer ken’ - May 27, 2025

Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê Suid-Afrika se binnelandse en kusgemeenskappe moet meer bewus raak van die land se oseaan-erfenis. Hy het die hoofrede gelewer op ʼn slypskool met die titel, Verbind binnelandse gemeenskappe met die oseaan, in Mbombela, Mpumalanga. Dis deel van Suid-Afrika se groter #Ocean20-pogings onder sy G20-presidentskap om […]

Read More