Nie genoeg voorrade in Gaza toegelaat: VN-hulpagentskap - May 27, 2025
Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Palestynse Vlugtelinge waarsku die voorrade wat drupsgewys in die oorloggeteisterde Gaza toegelaat word, sal nie die hongersnood stop nie. Daar word beraam dat ‘n half-miljoen mense deur hongersnood bedreig word. Dit volg nadat Israel sy aanvalle teen Hamas in die noorde van Gaza verskerp het en minstens 50 mense […]
Punjab Kings deur na IPL uitspeelrondes - May 27, 2025
Krieket: Punjab Kings het Mumbai Indians met sewe paaltjies geklop wat aan hulle ‘n eerste of tweede plek in die Indiese Premierliga waarborg voor die uitspeelwedstryde. Mumbai het 184 vir sewe in hulle 20 boulbeurte behaal. Josh Inglis en Priyansh Arya het daarna ‘n vennootskap van 109 lopies van 59 balle om die tweede paaltjie […]
Verbypad van môre af op B6 op pad na lughawe - May 27, 2025
Die Padowerheid het aangekondig dat ‘n tydelike verbypad van môre af op die B6 op pad na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in werking sal wees. Dit is weens konstruksie op die pad, en padgebruikers word gemaan om versigtig te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer […]
Oos-Kaapse premier vra kalmte na dodelike geweld - May 27, 2025
Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het kalmte gevra na dodelike gewelddadige aanvalle tussen buitelandse burgers en Suid-Afrikaners in Addo. Drie buitelanders is tydens wraakaanvalle in Addo vermoor ná ʼn gewelddadige betoging wat die naweek uitgebreek het na die moord op ʼn jong Suid-Afrikaanse man. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê geweld en wraak […]
SA se Tyla wen weer by Amerikaanse Musiektoekennings - May 27, 2025
Die Suid-Afrikaanse musieksensasie Tyla het die Favourite Afrobeats-kunstenaarskategorie gewen op die Amerikaanse Musiektoekennings wat in Las Vegas gehou is. Billie Eilish was die groot wenner met sewe toekennings, insluitend Kunstenaar van die Jaar, Album van die Jaar vir Hit Me Hard Soft, gunsteling vroue-popkunstenaar en Liedjie van die Jaar vir Birds of a Feather. Beyoncé, […]
Franse Ope: Verdedigende kampioene Alcaraz, Swiatek vorder - May 27, 2025
Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz het die verdediging van sy Franse Ope-titel begin met ‘n oorwinning oor die Italiaanse kwalifiseerder, Giulio Zeppieri, om die tweede ronde te haal. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, het met die Fransman Arthur Rinderknech afgereken terwyl 2021 se naaswenner, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, die Argentyn Tomas Martin Etcheverry verslaan […]
Twee in hof na N$4,4 miljoen diefstal by Nored - May 27, 2025
Twee mans wat na bewering elektriese toerusting van meer as 4,4 miljoen Namibiese dollar van Nored gesteel het, het in die Rundu laerhof verskyn. Die 53-jarige Linyando Linyando, wat by Nored werk, en David Kwandu, 52, word daarvan beskuldig dat hulle 103 transformators en 14 pale van die perseel gesteel het. Die gesteelde items, ter […]
Holomisa vra SA-VSA-komitee oor volksmoordbewerings - May 27, 2025
Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, vra ‘n gesamentlike ondersoekkomitee tussen Suid-Afrika en Amerika om die oorsprong, doel en geloofwaardigheid van ʼn wit volksmoord in Suid-Afrika te ondersoek. President Donald Trump het beweer daar is ʼn volksmoord teen die land se wit boere, maar die regering ontken dit. Holomisa het aan Newzroom Afrika gesê […]
Man vas na hy met motor in Liverpool-skare inploeg - May 27, 2025
Twee mense, insluitend ʼn kind, is ernstig beseer terwyl 27 na ʼn hospitaal geneem is nadat ʼn motor tussen skares ingeploeg het by die Liverpool-sokkerklub se Premierliga-parade in Engeland. Die vermeende bestuurder van die voertuig, ʼn 53-jarige Britse man, is gearresteer. Merseyside-polisie se Assistent-hoofkonstabel, Jenny Sims, sê vier mense, drie volwassenes en ʼn kind, moes […]
Namibië, Proteas wy FNB Namibië Krieketgrond op 11 Oktober in - May 27, 2025
Krieket: Namibië en die Proteas sal op 11 Oktober ‘n historiese T20I in Windhoek betwis. Die eerste internasionale wedstryd tussen die twee senior nasionale partye sal dien as die amptelike opening van die FNB Namibië Krieketgrond. Krieket SA se uitvoerende hoof, Pholetsi Moseki, sê hulle is geëerd om deel van die geskiedkundige geleentheid te wees. […]