Ongelisensiërde hommeltuie ‘n groot probleem - May 27, 2025
Die naspoor van hommeltuie in Namibië word bemoeilik omdat baie sonder ‘n lisensie rondvlieg. Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af […]
Nalasra se jaarlikse spele begin op Katima Mulilo - May 27, 2025
Die Namibiese Sport- en Ontspanningvereniging vir Plaaslike Owerhede, Nalasra, se jaarlikse spele het Maandag op Katima Mulilo begin. Al 57 plaaslike owerhede trek jaarliks saam vir ‘n week van sport soos sokker, netbal en atletiek. Vanjaar se spele vind plaas onder die tema, “Enhancing Wellness Through Physical Activities”.
Boere skep weer hoop ná goeie reënseisoen - May 27, 2025
Namibië het ‘n skitterende reënseisoen agter die rug en daar is weer moed in die landbousektor. Die reën het uitkoms in alle vertakkings van landbou gebring en boere kan nou die pad vorentoe beplan, sê andboukenner Wallie Roux. Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels:
Grootfontein se lykshuis oorvol, massagraf nodig - May 27, 2025
Die staatshospitaal op Grootfontein oorweeg ‘n massagraf vir armlastiges weens die lykshuis wat oorvol is. Volgens die nasionale uitsaaier berg die lykshuis 133 liggame van volwassenes en babas wat sedert 2017 nog nie opgeëis is nie. Die hospitaal sukkel om naasbestaandes op te spoor of grond vir grafte te bekom. Adjunkpremier Natangue Ithete het die […]
Olieraffinadery: Namibië, Botswana sal omgewing moet beskerm - May 27, 2025
Namibië en Botswana sal ‘n streng regulatoriese raamwerk moet daarstel as hulle voortaan met planne om saam in olieraffinadery te bou, sê die gesoute ekonoom, dr. John Steytler. ‘n Raffinadery kan onder meer water besoedel en grond verweer. Aangesien beide lande swaar steun op toerisme en wêreldbekend is vir die bewaring van natuurlewe, sal die […]
Oyo bring boodskap oor tienerswangerskappe - May 27, 2025
Stygende tienerswangerskappe is ‘n groot bron van kommer in Namibië: Byna drie uit elke 10 meisies in die land verlaat skool omdat hulle swanger is. Die Ombetja Yehinga Organisation, Oyo, het die afgelope naweek in die //Kharas-streek ‘n bewusmakingsboodskap deur hul jaarlikse kunstefees vir die jeug versprei. Hulle besoek Rehoboth binnekort. Cecilia Petrus, bestuurder van […]
Onwettige geldvloei kos Afrika R1,5 triljoen elke jaar - May 27, 2025
Suid-Afrika se minister van beplanning, eonitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê onwettige finansiële geldvloei bly ‘n kritieke uitdaging vir baie lande, veral in Afrika. Ramokgopa het die Derde G20-ontwikkelingswerkgroepvergadering in KwaZulu-Natal toegespreek. Sy sê volgens die Afrika-Eenheid Ekonomiese Kommissie vir Afrika oor onwettige finansiële vloei, verloor die vasteland na raming jaarliks 1,5 triljoen rand as […]
Macron sê stamp was net ‘n grappie - May 27, 2025
Die Franse president, Emmanual Macron het ‘n video ligtelik afgemaak wat wys hoe sy vrou hom in die gesig stamp toe hulle gereed gemaak het om van ‘n vliegtuig in Vietnam af te klim. Die kort video wat ‘n Associated Press kameraoperateur geneem het, toon die vliegtuig se deur wat oopgaan met Macron wat sy verskyning maak. […]
Tennis: Italië se Musetti klim rangleer - May 27, 2025
Die Italianer Lorenzo Musetti verbeter steeds op die wêreldranglys en het by die Noorweër Casper Ruud verbygeskuif in die sewende plek in die enigste verandering aan die top-tien met die aanvang van die Franse Ope. Nog ‘n Italianer, Jannik Sinner, is steeds boaan die lys sedert 10 Junie verlede jaar, gevolg deur Carlos Alcaraz van […]
Nuwe visa-regime skrik toeriste nie af, sê ministerie - May 27, 2025
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê mediaberigte wat beweer Namibië se nuwe visa-regime gaan toerisme knou, is onwaar en agenda-gedrewe. ‘n Groep van 243 passasiers op ‘n Frankfurt-vlug Sondag het binne net meer as ‘n uur deur immigrasie op Hosea Kutako Internasionale Lughawe beweeg. ‘n Vlug uit Addis Ababa met 212 passasiers is […]