Verslapte BBEE-vereistes vir Starlink is problematies  - May 27, 2025

Build One South Africa het kommer uitgespreek oor die verslapte B-BBEE-lisensievereistes vir satellietdiensmaatskappye wat skielik in die Staatskoerant gepubliseer is. Die voorgestelde beleidsverandering maak dit makliker vir Elon Musk se Starlink om in die land bedryf te word. Dit bied sekere aansoekers ʼn manier om reëls te omseil om ʼn lisensie te kry om elektroniese kommunikasiedienste […]

Read More

Indiese kuswag in stryd teen oliestorting  - May 27, 2025

Indië se kuswag is ontplooi om ‘n oliestorting te beveg van ‘n vragskip met gevaarlike vrag wat Sondag aan die suidkus van die land gesink het. Die vaartuig het 640 houers vervoer waaronder 13 met gevaarlike vrag en 12 wat kalsiumkarbied bevat, ‘n chemikalie wat vir kunsmisproduksie en staalvervaardiging gebruik word. Die skip het ook […]

Read More

Krieket: Só lyk Protea-span vir Wes-Indiese Eilande  - May 27, 2025

Sestien spelers is ingesluit in die Protea Vroue se groep vir ‘n witbaltoer na die Wes-Indiese Eilande. Die span sal vanaf 11 Junie drie eendagwedstryde en drie T20s in Barbados speel. Laura Wolvaardt sal die groep aanvoer, wat die terugkeer van die ervare Marizanne Kapp insluit, asook die naatboulers Tumi Sekhukhune en Ayanda Hlubi. Die […]

Read More

VN, MTC vat hande met digitale innovasie  - May 27, 2025

MTC en die Verenigde Nasies het ‘n vyfjaar-ooreenkoms onderteken om volhoubare ontwikkeling in Namibië te bevorder deur digitale innovasie, in ooreenstemming met nasionale en globale ontwikkelingsdoelwitte. Die vennootskap sluit in inisiatiewe soos digitale identiteit-oplossings, finansiële insluiting, slim landbou en landelike konnektiwiteit. Die VN se inwonende koördineerder Hopolang Phororo lig sleutel-fokusareas van die ooreenkoms uit:  

Read More

‘n Bank vir die natuur in SA  - May 27, 2025

SANParke se bioverskeidenheidsverrekeningsbank word geloof as ʼn belangrike instrument in die land se volhoubare groei. Die doel is om beskermde gebiede uit te brei en terselfdertyd ontwikkelaars in staat te stel om hul omgewings-, maatskaplike en bestuursdoelwitte te bereik. Die banke word bedryf deur bewarings- en opknappingsprojekte te skep. Ontwikkelaars kan bioverskeidenheidskrediete koop om te […]

Read More

Noord-Amerika maak reg vir kragtekort  - May 27, 2025

Die kragvoorsiener North American Electric Reliability Corporation waarsku dat Noord-Amerika dié somer kragonderbrekings kan ondervind. Faktore wat daartoe bydra sluit in die toenemende vraag na elektrisiteit, sektore wat oorspronklik deur fossielbrandstowwe aangedryf is en nou na elektrisiteit oorskakel, asook die wydverspreide ingebruikneming van elektriese voertuie en hittepompe. Die Mid-weste, Texas, Nieu-Engeland en dele van Kanada loop die […]

Read More

Sokker: Liverpool skerp op vir volgende seisoen  - May 27, 2025

Liverpool se voorsitter, Tom Werner, sê hy is reeds besig om die span te verbeter vir volgende seisoen, al het hulle die Premierliga-titel op ‘n drafstap verower. Die Rooies sal vandag die beker in Liverpool vertoon, met derduisende wat na verwagting langs die strate sal toekyk. Jeremie Frimpong finaliseer sy skuif vanaf Bayer Leverkusen as […]

Read More

Biodiversiteit verseker volhoubare ontwikkeling  - May 27, 2025

Die Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit is herdenk onder die tema “Harmonie met die natuur en volhoubare ontwikkeling”. Dit het beklemtoon hoe diversiteitsbewaring verbind is met Namibië se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, en illustreer dat beide agendas saam moet vorder aangesien hulle mekaar ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese ekoloog, dr. Peter Cunningham, wat […]

Read More

Netflix, YouTube plaas druk op SA telekom-infrastruktuur  - May 27, 2025

Suid-Afrika se telekommunikasie-infrastruktuur is onder toenemende druk, met die huidige stelsel wat as onvolhoubaar beskou word. ‘n Sleutelbydraer is aanlyn-stromingsdienste soos Netflix en YouTube, wat groot hoeveelhede bandwydte verbruik. Volgens die Vereniging van Kommunikasie en Tegnologie is hierdie platforms grootliks afhanklik van plaaslike netwerke om inhoud aan hulle te lewer, maar dra hulle nie by […]

Read More

Salman Rushdie tevrede met aanvaller se vonnis  - May 27, 2025

Die beroemde skrywer Salman Rushdie is tevrede met die maksimum-vonnis van 25 jaar tronkstraf wat opgelê is aan ‘n man wat hom in 2022 met ‘n mes aangeval het by ‘n New Yorkse kultuursentrum. Hadi Matar is vroeër skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding. Videomateriaal het gewys hoe hy op die verhoog storm […]

Read More