Namibiese sjefs kook dat die stoom so staan - October 17, 2025
Die Namibian Chefs-vereniging se sjef van die jaar kompetisie is aan die gang en junior-, skole- en senior sjefs ding mee in verskeie kategorieë. Kosmos 94.1 Nuus het met Roelien de Lange, een van die beoordelaars en eienaar van Purple Fig, gesels.
Tamatie-uitvoere na SA steeds lamgelê - October 17, 2025
Die uitvoer van plaaslike tamaties, en binnekort druiwe, na Suid-Afrika het vasgeval na die buurland fito-sanitêre bepalings aangepas het, reeds op 11 Augustus. Sonop Farming, die land se grootste uitvoerder na die buurland, het daardie tyd ‘n tydelike hofbevel bekom om sy uitvoere te hervat nadat hy 2,9 miljoen Namibiese dollar daagliks verloor het. Dit […]
NamWater sê oor boorgate by Berg-Aukas-kompleks - October 17, 2025
NamWater nooi belanghebbendes om ‘n bod in te dien vir die boor en toetsing van agt produksieboorgate, asook om vier verdere boorgate by die belangrike Berg Aukas-watervoorsieningskema te monitor. Namwater-woordvoerder Lot Ndamanomhata het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die skema ‘n kritieke rol speel in die voorsiening van water aan die sentrale streke van […]
Verkope van voertuie vertoon goed teenoor 2024 - October 17, 2025
Vergeleke met verlede jaar het voertuig verkope skerp gestyg met 1 303 nuwe voertuie in September verkoop, amper 32 persent meer as in 2024. IJG Securities sê vir die jaar tot dusver is 10 853 voertuie verkoop, waarvan 5 121 passasiersvoertuie, 5 022 ligte kommersiële voertuie en 710 medium- en swaar kommersiële voertuie is. Op […]
The Namibian gee bedingingstatus aan Nampu - October 17, 2025
Die Namibiese mediawerkers-vakbond, Nampu, het amptelik eksklusiewe bedingingseenheidstatus by The Namibian verkry. Die koerant het die afgelope paar jaar talle bewerings van seksuele teistering, onbillike arbeidsomstandighede en kontrakprobleme met werknemers in die gesig gestaar. Nampu se sekretaris-generaal, Jemima Beukes, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ooreenkoms billike arbeidspraktyke sal verseker, asook dat joernaliste […]
Trae vordering met nuwe geld, OTM’s - October 17, 2025
Slegs een kommersiële bank het tot dusver sy kitsbanke gekalibreer om die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot te begin uitreik, met ooreenkomste wat aan die gang is vir ander banke om te volg. Dit is volgens die sentrale bank. Van ‘n totaal van twee miljoen note wat van die gedenknoot gedruk is, is 717 000 note, wat […]
Om geld in een eenheid te stort om bendegeweld te bekamp, is ‘n fout - October 17, 2025
Die minister van Polisie het aan die Parlement se ad hoc komitee gesê die storting van fondse in ‘n enkele polisie-eenheid, nie bendegeweld op die Kaapse Vlakte in die Wes-Kaap sal oplos nie. Mchunu het gister vir die eerste keer voor die komitee verskyn om sy weergawe te gee in die voortgesette ondersoek na politieke […]
Dis 10 jaar sedert Parys-ooreenkoms, en die wêreld is warmer - October 17, 2025
Climate Central, ‘n onafhanklike groep wetenskaplikes wat navorsing doen oor en verslag doen oor die veranderende klimaat en hoe dit mense raak, het ‘n verslag saamegestel oor die klimaat, tien jaar na die Parys-ooreenkoms. Die visepresident vir wetenskap by die organisasie, Kristina Dahl sê een van die bevindinge is dat die wêreld nou 11 warmer […]
Groot hupstoot vir SA se vrouerugby - October 17, 2025
SA Rugby beplan ‘n elite-, volledige beroepskompetisie vir vroue volgende jaar. SARU se president, Mark Alexander, sê dit volg op die Springbok-vroue se puik vertoning op die die Wêreldbekertoernooi in Engeland, waar hulle die heel eerste keer die kwarteindronde gehaal het. Hy sê die potensiaal vir groei in die vrouespel in die land is fantasties, […]
So lyk planne vir padinfrastruktuur in Karas - October 17, 2025
Die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië is tans besig om ‘n infrastruktuur ontwikkelingsforum in Lüderitz te hou. Die idee agter die forum is om die konstruksie bedryf bewus te maak van al die geleenthede vir die industrie tydens die ontwikkeling van die dorp. Lüderitz word verwag om in die volgende paar jaar groei te ondergaan weens […]