Krieket: Zimbabwe se Raza held in Pakistan - May 27, 2025
Die veelsydige Zimbabwiese speler Sikandar Raza is ‘n held in sy geboorteland, Pakistan, nadat hy Lahore Qalanders gehelp het om die Pakistanse Superliga te wen. Hy het net betyds geland, maar ‘n onoorwonne 22 lopies bygedra en Qalanders het Quetta Gladiators met ses paaltjies geklop. Raza se spanmaats het hom skouerhoog van die veld gedra. […]
Katutura-inwoners keelvol vir ACC se ‘dubbele standaarde’ - May 27, 2025
Die Katutura-inwonerskomitee kla reeds ‘n geruime tyd oor die Teenkorrupsie-kommissie se beweerde dubbele standaarde in sy hantering van korrupsiesake. Die groep het onder andere ‘n petisie by die kommissie ingehandig oor RedForce-kontrakte, en gevra vir vinnige optrede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, die groep se segsman:
Hof sê SA se kripto-regulasies verouderd - May 27, 2025
Die digitale bateplatform, Luno, wat in Suid-Afrika gestig is, het ‘n mylpaaluitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom, waarvolgens ‘n hersiening van Suid-Afrika se verouderde kripto-regulasies vereis word. Regter Mandlenkosi Motha het bevind die land se valutabeheerwette van 1961 kan nie op digitale geldeenhede toegepas word nie en het dringende hervorming van die wet versoek. […]
Gaza-skietstilstandooreenkoms gereed, sê VSA-gesant - May 27, 2025
Amerika se spesiale gesant, Steve Witkoff, sê ʼn skietstilstand/gyselaar-ooreenkoms vir Gaza wat die weg kan baan vir ʼn einde aan die oorlog, is tans op die tafel. Dit volg nadat Israel sy militêre optrede in Gaza verskerp het. Die naweek is minstens 54 Palestyne dood waarvan die meeste in ʼn skool geskuil het wat ontheemde […]
Rugby: VRK-nominasies vir Speler van die Jaar - May 27, 2025
Sacha Feinberg-Mngomezulu van die Stormers en Cameron Hanekom en Wilco Louw van die Bulle is vereer vir hul volgehoue goeie spelpeil gedurende die seisoen en as die drie benoemings aangewys vir die Suid-Afrikaanse Verenigde Rugbykampioenskaps-toekenning as Speler van die Seisoen. Stemming het Vrydag gesluit met die afrigtingspanne van die Springbokke en die vier Suid-Afrikaanse spanne, […]
Unam ken eerste navorsingsleerstoele toe - May 27, 2025
Unam het sy eerste agt navorsingsleerstoele bekendgestel, ‘n belangrike stap om ‘n navorsingsgedrewe instelling te word. Die posisies is toegeken aan topgeleerdes op gebiede soos groen tegnologieë, klimaatsveerkragtigheid en aansteeklike siektes. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam se woordvoerder, Simon Namesho gesels.
Namibië, Botswana se raffinaderyplanne kan werk - May 27, 2025
Namibië se Botswana se planne om vennote in die bou van ‘n olieraffinadery te wees, hou groot ekonomiese voordele in, sê die veteraan-ekonoom John Steytler. Dit sluit in werkskepping, infrastruktuele vooruitgang en groter handelsgeleenthede. Daar is egter baie uitdagings wat eers oorkom moet word, sê Steytler. ‘n Omsigtige ekonomiese analise, omgewingsbeplanning en strategiese uitvoering van […]
Namibië spog met oliereserwes in Parys - May 27, 2025
Namibië se energieministerie sê meer as 80 persent van die land se aflandige olie- en gasreserwes bly onontgin. Petroleumkommissaris Maggy Shino het tydens die Invest in Africa Energy-konferensie in Parys gesê groot gebiede op land hou ook onbenutte potensiaal in. Met groot eksplorasie aan die gang in die Oranje-bekken, wat glo tot 100 miljard vate […]
26 mense verdrink in Oshana - May 27, 2025
Altesaam 26 mense tussen die ouderdom van een en 65 jaar het in die eerste vyf maande van vanjaar in die Oshana-streek verdrink. Die afgelope naweek het vier mense so gesterf. Drie verdrinkings is Saterdag by die polisie aangemeld. ‘n Eenjarige seuntjie het in ‘n emmer water in die Outapi-kiesafdeling verdrink, terwyl ‘n 17-jarige seun in […]
Franse Ope: Harris sê Rublev die stryd aan - May 27, 2025
Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris speel vandag teen die Rus Andrey Rublev in die eerste ronde van die Franse Ope nadat hy vir die kleibaan-Grand Slam-toernooi gekwalifiseer het. Verskeie beserings het veroorsaak dat die 28-jarige se wêreldranglysposisie skerp gedaal het – van 31ste in September 2021 tot sy huidige 224ste. Harris het 2014 se Amerikaanse Ope-kampioen, Marin […]