Hoof van omstrede Gaza-hulpgroep bedank  - May 27, 2025

Die hoof van die Gaza Humanitarian Foundation wat hulp in Gaza moet versprei as deel van ‘n omstrede Israel-gesteunde plan, het bedank. Die voormalige Amerikaanse vlootlid Jake Wood sê die stigting sou nie kon voldoen aan die beginsels van “menslikheid, neutraliteit, onpartydigheid en onafhanklikheid” nie. Die organisasie het in reaksie hierop gesê hy is “nie afgeskrik” deur […]

Read More

G20 se landboukenners trek saam in Limpopo - May 27, 2025

Die G20-vergadering van landbouhoofwetenskaplikes het Maandag in Polokwane, Limpopo begin. Oor drie dae sal kenners die transformasie van globale landbouvoedselstelsels ondersoek om honger te bekamp, met Afrika wat die meeste geraak word. Die provinsiale LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Nakedi Kekana, sê sleuteltemas sluit klimaat-intelligente landbou, grondgesondheid en digitale innovering in. Sy het die […]

Read More

Nege sterf op paaie die langnaweek - May 27, 2025

Nege mense het die afgelope naweek hul lewens op paaie in Namibië verloor en minstens vyf mense is ernstig beseer. Ses mense is Saterdag in ‘n ongeluk op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth dood. In die Oshikoto- en Otjozondjupa-streke het motorongelukke die dood van twee mense veroorsaak. Op die pad tussen Outjo en Khorixas […]

Read More

Volksmoordgesprek met Duitsland duur voort - May 26, 2025

Die Namibiese regering is steeds besig met onderhandelinge met Duitsland oor reparasies vir die volksmoord van 1904 tot 1908, sê adjunkpresident Lucia Witbooi. Witbooi het Sondag tydens die Afrikadag-vieringe gesê Namibië wil ‘n omvattende oplossing hê wat voorsien in die land  se regmatige eis vir reparasies en die aan die behoeftes van die geraakte gemeenskappe […]

Read More

Ramaphosa beklemtoon belangrikheid van VSA-betrekkinge - May 26, 2025

President Cyril Ramaphosa sê sy suksesvolle werksbesoek aan Amerika het die noodsaaklikheid bevestig om die gesprekskanale oop te hou. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief een van die belangrikste uitkomste van die gesprekke met president Donald Trump was ‘n ooreenkoms oor ‘n ekonomiese samewerkingskanaal tussen die twee lande vir verdere besprekings oor tariewe en ‘n […]

Read More

Trump trap Putin uit, dreig met sanksies - May 26, 2025

Amerika se president, Donald Trump, het sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, gekritiseer en sê hy is verbaas dat Rusland sy bombardering van Oekraïnse stede verskerp het. Dit volg nadat Rusland 298 hommeltuie en 69 missiele in Oekraïne gelanseer het. Twaalf 12 mense, onder wie kinders, is dood. Trump oorweeg nóg sanksies teen Rusland en waarsku […]

Read More

Emosionele afskeid vir Rafael Nadal - May 26, 2025

Die veertienmalige Franse Ope-wenner, Rafael Nadal, is vereer met ‘n emosionele afskeidseremonie op die Philippe-Chatrier-hoofbaan in Parys. Die Spanjaard het die kleibaantoernooi oorheers sedert sy eerste titel in 2005 tot sy rekord 14de in 2022. Sy jarelange mededingers, Roger Federer van Switserland, Novak Djokovic van Serwië en Andy Murray van Skotland, het by hom op […]

Read More

Twee verdrink in Noorde - May 26, 2025

Twee mense het die naweek in Namibië verdrink. ‘n Sewentienjarige seun het Saterdagmiddag in ‘n put by die Okakunda-nedersetting in die Tsandi-kiesfadeling verdrink toe hy sy vislyn uit ‘n put probeer kry het. Op dieselfde dag het ‘n 29-jarige man in ‘n dam by die Onawa-nedersetting by Oshakati verdrink. Ook hy het vis probeer vang. 

Read More

SA wil lewe in ou kernkragreaktor blaas - May 26, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie beplan om die land se heel eerste kernreaktorprojek wat in 2010 gestaak is, te laat herleef en Eskom se kuratorskap oor te neem. Volgens News24 wil Necsa die modulêre korrelbedreaktor gebruik om kernbrandstof en kernkrag te vervaardig. Necsa se uitvoerende hoof, Sengiphile Simelane, sê hulle sal die kernbrandstof by die Pelindaba-fasiliteit in Noordwes vervaardig […]

Read More

Antieke Brugge loop deur onder steendiewe - May 26, 2025

België se antieke stad, Brugge vra toeriste om op te hou om plaveistene uit sy historiese strate te steel. Die strate van Brugge word deur Unesco as Middeleeuse strate beskou. ‘n Plaaslike politikus Franky Demon sê na raming verdwyn 50 tot 70 stene elke maand en dit kos die ekwivalent van ongeveer 4 000 rand […]

Read More