Trump sal hom nie intimideer, sê Malema - May 26, 2025
Die EFF-leier Julius Malema sê president Donald Trump sal hom nooit intimideer nie. Tydens sy ontmoeting met president Cyril Ramaphosa by die Withuis verlede week, het Trump gevra vir Malema se arrestasie vir die sing van “Kill the Boer”, en die boodskap oor ‘n volksmoord teen blankes bevorder. Malema het Sondag ondersteuners in die Vrystaat […]
Zelensky wil nuwe sanksies teen Rusland hê - May 26, 2025
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, waarsku dat Rusland se geweld nie sonder sterk internasionale druk gestuit kan word nie. Dit volg nadat Moskou die naweek Kiëf met hommeltuie en missiele aangeval en 12 mense, insluitend drie kinders, se lewens geëis het. Rusland se ministerie van Verdediging, sê hy het skade aangerig by teikens soos militêre […]
Tennis: Sabalenka begin Franse Ope op hoë noot - May 26, 2025
Die wêreld se voorste speler, Aryna Sabalenka, van Belarus het haar Franse Ope-veldtog op ‘n hoë noot begin deur Kamilla Rakhimova van Rusland te verslaan om na die tweede ronde deur te dring. Italië se Jasmine Paolini het Yuan Yue van China geklop. Die gewese tweede beste speler ter wêreld Petra Kvitova van Tsjeggië is […]
Ses sterf in gru-botsing op B1 - May 26, 2025
Ses mense is Saterdagaand in ‘n trompop-botsing op die pad tussen Windhoek en Rehoboth dood. Volgens die polisie het die ongeluk gebeur toe een van die voertuie probeer het om ‘n trok verby te steek. Drie insittendes in die een sedan, almal Suid-Afrikaners, is dood. Die ander sedanmotor het aan die brand geslaan toe ‘n […]
SA polisie op hoë gereedheidsbasis ná WhatsApp-boodskappe - May 26, 2025
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hulle is op ʼn hoë gereedheidsbasis ná WhatsApp-boodskappe wat waarsku oor ʼn afsluiting wat vandag in Gauteng beplan word. Die boodskappe probeer gemeenskappe mobiliseer om hoofweë te versper, skole te sluit, die Amerikaanse ambassade en konsulaat te sluit en Amerikaanse ondernemings en koswinkels in die provinsie toe te maak. […]
VN veroordeel Russiese aanvalle in Oekraïne - May 26, 2025
Die Verenigde Nasies se Menseregte-moniteringsending in Oekraïne het die naweek se dodelike Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle veroordeel. Minstens 12 mense waaronder drie kinders is dood in wydverspreide aanvalle in die Kiev-streek. Oekraïnse amptenare het bevestig daar was 298 Russiese hommeltuie en 69 missiele. Die VN sê die aanval beklemtoon die gevare wanneer kragtige wapens in […]
Sport ‘n belangrike katalisator, sê Ngurare - May 26, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare sê sport moet as ‘n katalisator gebruik word om die ekonomie te stimuleer, die jeug se vertroue te bou en Namibië te verenig. Ngurare het Sondag die Dr. Elijah Ngurare-sportveld in Okatseidhi in Omusati geopen. Daarna het hy die Tsandi Village Council Chairperson’s Cup in die streek bekend gestel.
Filmmaker Jen Bartlett sterf - May 26, 2025
Die wêreldberoemde natuurlewe-filmmaker Jen Bartlett van Swakopmund is in die ouderdom van 93 oorlede. Bartlett, ‘n gebore Australiër, en haar man Des het in 1978 na Namibië verhuis. Des is reeds in 2009 oorlede. Saam het die Bartletts meer as 200 dokumentêre programme oral in die wêreld gemaak, baie daarvan in Namibië. Hul werk is […]
Verdagte in hof ná hy Ramaphosa dreig - May 26, 2025
‘n Verdagte sal vandag in die Llanddroshof in Kaapstad verskyn in verband met intimidasie. Die woordvoerder van die Valke, Thandi Mbambo, sê die 28-jarige verdagte is Vrydag in Germiston, Ekurhuleni, in hegtenis geneem nadat ‘n intimidasiesaak vroeër vandeesmaand aangemeld is. Sy sê ‘n uitvoerende hoof van ‘n maatskappy in Kaapstad het na bewering ‘n stemboodskap […]
Vyf liggame van skiërs in Switserland ontdek - May 26, 2025
Ondersoek word ingestel na die ontdekking van die liggame van vyf skiërs in die berge naby Switserland se luukse Zermatt-oord. Volgens die polisie is ‘n reddingshelikopter gestuur om ‘n gebied rondom die Rimpfischhorn te fynkam nadat klimmers die owerhede gewaarsku het oor verlate ski’s naby die kruin. Die liggame is onder die kruin van die […]