Rugby: Penaud is Europese Speler van die Jaar - May 26, 2025
Die Bordeaux-Begles-vleuel Damian Penaud is as Europese Speler van die Jaar gekroon nadat sy span Northampton Saints in Cardiff geklop het. Hy het twee van sy span se vier drieë in hulle oorwinning van 28-20 gedruk. Penaud is die derde Fransman wat die toekenning wen, en volg in die voetspore van Antoine Dupont en Gregory […]
Namibië besluit volgende week oor brandstofprys - May 25, 2025
Die komitee wat die brandstofpryse bepaal, vergader in die die komende week om Junie se pryse vas te stel. Daar is verwagtinge in Suid-Afrika dat pryse sal daal, maar dis nie gewaarborg nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
Eskom se dieselrekening binne begroting - May 25, 2025
Eskom sê besteding op diesel is steeds binne die begroting vir die huidige boekjaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê tot op datum het die kragnutsmaatskappy sowat 3,11-miljard-rand op brandstof vir die oopsiklus-gasturbinevloot bestee wat meer as 520-gigawatt-uur opgewek het. Sy sê dieselverbruik sal na verwagting daal, namate meer eenhede na langtermyn herstelwerk weer in […]
Noord-Korea gryp drie oor blaps met oorlogskip - May 25, 2025
Noord-Korea het drie amptenare in hegtenis geneem wat glo verantwoordelik was vir ‘n blaps verlede week tydens die bekendstelling van ‘n nuwe oorlogskip. Die ongeluk voor Kim Jong-un het die vyfduisend-ton-oorlogskip laat omkantel. Volgens staatsmedia is dit deur ‘n verlies aan balans veroorsaak. Die Noord-Koreaanse diktator het dit ‘n “kriminele daad” genoem en onderneem om […]
Krieket: Zimbabwe kry staande applous in Engeland - May 25, 2025
Engeland het hul internasionale somerkrieket-tuisveldtog begin met ‘n oortuigende oorwinning oor Zimbabwe by Trent Bridge in Nottingham, Engeland. Zimbabwe is twee keer uitgeboul terwyl hulle Engeland se eerste beurt-totaal van 565 vir 6 gejaag het, met onderskeidelik 265 en 255 lopies. Zimbabwe het ‘n dapper stryd gelewer, met Sean Williams wat 88 lopies aangeteken het. […]
Otjiwarongo kry meer as 400 gedienste erwe - May 25, 2025
Altesaam 436 erwe in die Eie Risiko-informele nedersetting op Otjiwarongo gaan deur die Development Workshop of Namibia van dienste voorsien word in ‘n projek van 7 miljoen Namibiese dollar. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling Evelyn !Nawases-Taeyele het die verwikkeling tydens die sooispitseremonie van die projek verwelkom. Sy het nie doekies omgedraai oor die […]
SA oorweeg regulatoriese veranderinge vir Starlink - May 25, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, se besluit om die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika opdrag te gee om regulatoriese veranderinge in die telekommunikasiesektor dringend te oorweeg, is ‘n welkome stap om Suid-Afrika na ‘n groeivriendelike omgewing te verander. Malatsi het aangekondig dat die regering die vereiste 30% […]
Missiele reën vir tweede nag op Kiev - May 25, 2025
Rusland het die Oekraïnse hoofstad Kiev vir ‘n tweede nag met missiele en hommeltuie aangeval terwyl die twee lande honderde krygsgevangenes uitgeruil het. CNN berig drie mense is oornag dood in aanvalle op die streek rondom die Oekraïnse hoofstad, ‘n dag nadat minstens 13 mense regoor Oekraïne in Russiese aanvalle dood is. Die aanslag op die hoofstad […]
Tennis: Cobolli klop Rublev in Hamburg Ope - May 25, 2025
Die Italianer Flavio Cobolli het Saterdag die derde gekeurde Russiese speler Andrey Rublev maklik geklop in die Hamburg Ope. Cobolli het een van die beste vertonings van sy loopbaan gelewer en met 6-2, 6-4 gewen. Die 23-jarige Italianer was die buiteperd teen Rublev, maar danksy die oorwinning sal hy nou met nege plekke tot ‘n […]
Namibië jaag vinniger internet - May 25, 2025
Die inligtingsministerie wil Namibië se internetspoed verbeter en teiken ‘n minimum-aflaaispoed van 25 megabit per sekonde (Mbps) en ‘n oplaaispoed van drie Mbps. Die huidige standaardkoers is 2 Mbps. Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, Audrin Mathe, sê hoewel beduidende vordering met die uitbreiding van digitale infrastruktuur in die land gemaak is, is daar nog […]