Minder moorde in Wes-Kaap - May 25, 2025

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die enigste manier waarop die provinsie misdaad meer effektief kan aanpak, is deur die polisiëringshulpbronne en gesag wat inwoners nodig het en verdien, van die nasionale regering te bekom. Polisiemisdaadstatistieke het getoon dat daar ‘n afname van 4 persent in die algehele moordsyfer vir die vierde kwartaal van 2024/2025 […]

Read More

Trump stook gewapende magte op - May 25, 2025

President Donlad Trump van Amerika het Saterdag by die militêre akademie by West Point met ‘n verdedigingsbegroting van een triljoen Amerikaanse dollar gespog. Die West Point-gegradueerdes betree die Goue Era van Amerika, het Trump gesê. Die verdedigingsmagte se plig is om vreemde kulture te transformeer en demokrasie wêreldwyd met die loop van ‘n geweer te […]

Read More

Rugby: Pumas vat SA Beker huis toe - May 25, 2025

Die Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle Griekwas in Saterdag se eindstryd by die Mbombela-stadion in Nelspruit verslaan het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het ‘n 20-minute rooikaart in die sewende minuut ontvang ná ‘n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars ‘n minuut later ‘n doel aangeteken, wat Griekwas vir die res […]

Read More

Windhoek sal nie in wetteloosheid verval, sê CoW - May 25, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit het reageer op ‘n voorval vroeër vandeesweek waartydens die stadspolisie se optrede teenoor informele verkopers voor ‘n kettingwinkel in Werner Liststraat in die middestad fel kritiek uitgelok het. Volgens CoW kla besighede toenemend op informele verkopers wat onwettig voor hul winkels sake doen, kliënte steur en ingange versper. Dit hou ook ‘n […]

Read More

Solidariteit in reusepoging om raswette te keer - May 25, 2025

Solidariteit gaan ‘n regsfonds van 7 miljoen rand stig in sy grootste poging nóg om raswette te stop, berig Rapport. Dit volg ná die departement van kommunikasie en digitale tegnologie Vrydag regulasies in die Staatskoerant gepubliseer het wat verligting bied aan buitelandse maatskappye, soos Starlink, met betrekking tot swart eienaarskap. Volgens Solidariteit het die Withuis-gesprekke […]

Read More

Meer as 100 miljoen wêreldwyd ontwortel - May 25, 2025

Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36 000 burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122 miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die maatreëls wat burgerlikes moet beskerm, […]

Read More

Motorsport: Norris spring weg in Monaco Grand Prix - May 25, 2025

Die McLaren-jaer Lando Norris spring voor weg in die Monaco Grand Prix, met Charles Leclerc van Ferrari langs hom. Lando Norris se spanmaat en voorloper in die kampioenskap, Oscar Piastri, het derde gekwalifiseer. Lewis Hamilton van Ferrari was vierde vinnigste maar die sewemalige wêreldkampioen is met drie posisies gestraf nadat hy Red Bull se Max […]

Read More

Sonop Boerevereniging NLU se bobaasbraaiers - May 25, 2025

Op Gobabis is die Sonop Boerevereniging Saterdag as vanjaar se NLU Agribraai-kampioene gekroon. Dit beteken die Agribraai vind volgende jaar weer in die Ooste plaas. Twaalf boereverenigings en sewe sosiale spanne het aan vanjaar se kompetisie deelgeneem. Die fokus van die naweek is om jong boere te ondersteun en te inspireer. 

Read More

EU, Zimbabwe wil bande versterk - May 25, 2025

Zimbabwe en die Europese Unie is besig om ekonomiese samewerking te versterk met handels- en beleggingsbande tussen die twee vennote wat in die nabye toekoms na verwagting die kerf van een miljard Amerikaanse dollar oorskryf. Die EU se ambassadeur in die land, Jobst von Kirchmann, het tydens die EU-Zimbabwe Business Forum gesê handel tussen die […]

Read More

Iranse fliekmaker wen Cannes-filmfees - May 25, 2025

Die veelbekroonde Iranse rolprentmaker Jafar Panahi het Saterdagaand die gesogte Goue Palm-prys by die jaarlikse Cannes-rolprentfees gewen. Panahi se komedie-drama, It was Just an Accident, het met die louere weggestap. Die rolprent volg die lewe van Irannese wat saamsweer om die man wat hulle onder die vorige regime gevange geneem het, ook weer aan te […]

Read More