Sokker: Carlo Ancelotti groet Real Madrid - May 25, 2025
Real Madrid se afrigter, Carlo Ancelotti, het sy waarskynlike opvolger, Xabi Alonso, alle voorspoed toegewens. Alonso, wat Bayer Leverkusen tans afrig, is gereed om die leisels oor te neem voor die Klub-Wêreldbekertoernooi, hoewel Madrid hom nog nie amptelik aangewys het nie. Ancelotti het gepraat voor vandag se La Liga-wedstryd teen Real Sociedad op die Santiago […]
Namibiese sjef Elizabeth Isai kóók - May 25, 2025
Die Namibiese sjef Elizabeth Isai het die World Chefs Global Chefs Challenge se streeksemi-finale vir Afrika en die Midde-Ooste in Sharjah in die Verenigde Arabiese Emirate gewen. Isai, ‘n ervare sjef, was die naaswenner van die Junior Chef van die Jaar in 2020 en het in 2022 ‘n goue medalje by dieselfde kompetisie gewen. Sy […]
SA kleuterskole nie veilig genoeg - May 25, 2025
ActionSA se Vroueforum sê ongereguleerde kinderversorgingsfasiliteite word steeds bedryf sonder die nodige sertifisering of nakoming van veiligheidstandaarde in die land. Modiehi Mashaba van die forum sê die tragiese dood van vier kinders Maandag in ‘n brand in Mayfair, Johannesburg, beklemtoon die sistemiese mislukking om kinders teen onveilige omgewings te beskerm. Sy sê geen kind moet […]
Tennis: Taai stryd vir SA se Harris vandag - May 25, 2025
Lloyd Harris van Suid-Afrika het vir die hooftrekking van die Franse Ope gekwalifiseer na hy die veteraan Marin Cilic van Kroasië in sy laaste kwalifiserende wedstryd geklop het. Cilic het die Amerikaanse Ope in 2014 gewen en was die wêreld nommer-drie. Harris het die afgelope tyd met beserings gesukkel wat hom van 31 tot 226ste […]
Vandag vier ons 62ste Afrikadag! - May 25, 2025
Namibië herdenk vandag die 62ste Afrikadag, onder die tema “Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur reparasies”. Die amptelike vieringe vind plaas in die parlementstuine in Windhoek. Ambassadeur Jerobeam Shaanika, adjunk-uitvoerende direkteur en hoof van multilaterale betrekkinge en samewerking in die internasionale betrekkingeministerie, het ‘n boodskap vir die vasteland.
Amerikaanse toeriste weer lief vir SA - May 25, 2025
Die Suider-Afrikaanse Toerismedienstevereniging het hoë tevredenheid onder besoekers en die volle herstel van Amerikaanse reise na Suid-Afrika rapporteer, met meer as 372 000 aankomste in 2024, wat ooreenstem met vlakke voor die pandemie. Die uitvoerende hoof David Frost sê alhoewel uitdagings soos misdaad bestaan, word toeriste se veiligheid geprioritiseer. Te midde vansterk openbare-privaat veiligheidspogings, doen […]
Israel se hulp aan Gaza ‘druppel in emmer’ - May 25, 2025
Die hoof van die VN sê die hulp wat Israel in Gaza toegelaat het, is slegs ‘n druppel in die emmer, terwyl ‘n vloedgolf hulp benodig word. Hy het gewaarsku dat meer mense sal sterf tensy daar vinnige, betroubare, veilige en volgehoue toegang tot hulp is. Israel sê ongeveer 300 hulpvragmotors is deurgelaat sedert hulle […]
Tennis: Djokovic maak geskiedenis in Genève - May 25, 2025
Novak Djokovic het wéér tennisgeskiedenis gemaak toe hy Hubert Hurkacz Saterdag geklop en ‘n geskiedkundige 100ste ATP-toernooititel by die Genève Ope gewen het. Djokovic is die derde manspeler om 100 ATP-titels te verower. Die Serwiese meastro het die eindstryd met 5-7, 7-6, 7-6 gewen. Die wedstryd het meer as drie uur geduur.
Onstuimige 2025 knou kommoditeitsprestasie, markte - May 24, 2025
Die jaar het met ‘n aansienlike intensiteit begin, volgens Simonis Storm se 2025 Wisselvalligheid en Waarde van Kommoditeite-verslag. Die jaar was sover onstuimig, met beleidskokke en stygende geopolitieke spanning wat beleggersvertroue ontwrig en vinnige prysskommelings in alle bateklasse veroorsaak. Die studie ontleed belangrike kommoditeitsprestasie en identifiseer faktore wat oplewings of korreksies dryf. Kosmos 94.1 Nuus […]
SA burgers leef steeds in vrees weens misdaad: DA - May 24, 2025
Die DA sê die jongste misdaadstatistieke toon vordering, maar te veel burgers lewe steeds in vrees. Meer as 6 000 moorde, byna 11 000 verkragtings en meer as 43 000 ernstige aanrandings is in die tydperk tussen Januarie en Maart vanjaar aangemeld. Die DA-lid, Ian Cameron, sê hierdie syfers dui op ‘n stelsel wat in […]