VN-hoof sê hulp aan Gaza is druppel in die emmer - May 24, 2025

Die hoof van die VN, Antonio Guterres, sê die hulp wat Israel in Gaza toegelaat het, is slegs ‘n druppel in die emmer, terwyl ‘n vloedgolf hulp benodig word. Hy het gewaarsku dat meer mense sal sterf tensy daar vinnige, betroubare, veilige en volgehoue toegang tot hulp is. Israel sê ongeveer 300 hulpvragmotors is deurgelaat […]

Read More

Penaud terug vir Bordeaux vir Kampioenebeker-eindstryd - May 24, 2025

Rugby: Die Franse vleuel Damian Penaud is in Bordeaux-Begles se opdrafspan vir vandag se Kampioenebeker-eindstryd teen Northampton in Cardiff. Penaud was op die kantlyn met ‘n enkelbesering sedert die halfeindstryd-oorwinning oor Toulouse vroeër die maand. Die 28-jarige het hierdie seisoen 21 drieë vir die klub en Frankryk gedruk en vorm ‘n gevaarlike vennootskap met Louis […]

Read More

Bipa hou werksessie oor deregistrasie van besighede - May 24, 2025

Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, het ‘n belanghebbende-werksessie in Ongwediva gehou oor die deregistrasie van nie-nakomende besighede. Sake-eienaars is gemaan om hul voordelige eienaarskap-inligting in te dien of hulle kan deregistreer word, met gevolge soos kontrakverliese en regsprobleme. Deregistrasies het amptelik op 16 Mei vanjaar begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Bipa […]

Read More

R1 miljard tenderbedrogsaak in Kaapstad vir eers teruggetrek - May 24, 2025

Die Direkteur van Openbare Vervolging in die Wes-Kaap het die aanklagte in die Stad Kaapstad-tenderbedrogsaak van een-miljard Suid-Afrikaanse rand voorlopig teruggetrek. Dit raak die voormalige burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Malusi Booi, die vermeende 28s-bendeleier, Ralph Stanfield, sy vrou Nicole Johnson en ander medebeskuldigdes. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Stanfield en Johnson bly in […]

Read More

Rusland lanseer massiewe lugaanval op Kiëf - May 24, 2025

Minstens 14 mense is beseer nadat Rusland vanoggend 250 hommeltuie en 14 ballistiese missiele teen Kiëf gelanseer het, wat brande in huise en geboue veroorsaak het. Dit was een van die grootste gesamentlike lugaanvalle op die stad sedert die begin van die oorlog. Die Oekraïnse lugmag sê dat dit ses missiele en 245 hommeltuie afgeskiet […]

Read More

Sinner, Alcaraz se Franse Ope-veldtogte begin môre - May 24, 2025

Tennis: Die wêreld se twee voorste manspelers, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, begin môre met hulle Franse Ope-veldtogte in Parys. Sinner speel in die eerste ronde teen die plaaslike speler Arthur Rinderknech en Alcaraz, die verdedigende kampioen, teen die gewese wêreld-nommer-vier, die 35-jarige Kei Nishikori van Japan. Verlede jaar se naaswenner, […]

Read More

NIP loods mediese vervaardiging-spilpunt op Swakopmund - May 24, 2025

Die Namibië Instituut vir Patologie het ‘n 14 miljoen Namibiese dollar innoverende spilpunt op Swakopmund bekendgestel vir die vervaardiging van mediese verbruiksgoedere, insluitend laboratoriumprodukte soos monsterbuise en skale. Die fasiliteit kan 5,5 miljoen eenhede per jaar produseer. Tydens fase 1 is die fokus op nie-toevoegende buise, insluitend urien- en ontlastingmonster-koppies. Die vervaardigingsentrum sal na verwagting […]

Read More

SA kyk na klein modulêre reaktors om kragnetwerk te versterk - May 24, 2025

Die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika het steun gewerf vir die aanvaarding van klein modulêre reaktors om die land se kragnetwerk te versterk en om verouderende steenkoolstasies te vervang. Die uitvoerende hoof van Necsa, Sengiphile Simelane, sê die maatskappy stel belang in die gebruik van klein modulêre reaktors vir nie-energiedoeleindes, insluitend die produksie van proseshitte vir industriële […]

Read More

Boeing vermy strafsaak oor 737 Max-ongelukke, moet hoes - May 24, 2025

Die Amerikaanse justisie-departement het ‘n ooreenkoms in beginsel aangegaan met Boeing wat die maatskappy se vervolging vermy in ‘n bedrogsaak wat spruit uit twee noodlottige 737 Max-vliegtuigongelukke waarin 346 mense gesterf het. Boeing sal meer as 1,1 miljard Amerikaanse dollar betaal, insluitend die boete en vergoeding aan gesinne, en meer as 455 miljoen dollar om […]

Read More

Sabalenka ‘sterker as ooit’ voor Franse Ope - May 24, 2025

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, sê sy voel sterker as ooit terwyl sy op die Franse Ope mik na ‘n vierde Grand Slam-titel en ‘n eerste op klei. Die topgekeurde van Belarus het in Madrid haar derde titel op klei gewen en die kwarteindronde van die Italiaanse Ope in Rome gehaal. Sabalenka het verlede jaar […]

Read More