Nuwe strategie vir Nida se Kavango Cattle Ranch - May 24, 2025
Die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, en die Kavango-Wes-streekraad het ‘n nuwe strategie bespreek om die Kavango Cattle Ranch op plaas Mangetti in ‘n winsgewende onderneming te omskep. Die inisiatief poog om beesgesondheid en markkwaliteit te verbeter, plaasinfrastruktuur op te knap, plaaslike jeugdiges te betrek en die plaas se olifantbevolking in ‘n trofeejag-plan te integreer. Nida se […]
Giwusa woedend oor voorstel om wette te buig vir Starlink - May 24, 2025
Die nywerheidsvakbond Giwusa verwerp met minagting wat hy noem Cosatu se skaamtelose voorstel, dat Suid-Afrika sy wette en regulasies tersyde moet stel vir Elon Musk se Starlink-internet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê dit is nie bloot ‘n beleidstoegewing nie, maar klasseverraad. Hy sê die vakbondfederasie is nou verplig om as ‘n drukgroep vir miljardêr-rowers […]
Billy Joel kanselleer toer weens neurologiese toestand - May 24, 2025
Billy Joel se komende toerdatums is gekanselleer, met die legendariese kunstenaar wat behandeling ontvang vir normale drukhidrosefalus, ‘n toestand wat die brein aantas. Volgens ‘n verklaring op sy Instagram-blad is Joel se toestand vererger deur onlangse konsertoptredes, wat gelei het tot probleme met gehoor, sig en balans. Hy ondergaan fisioterapie en is aangeraai om nie […]
Djokovic in Genève Ope-finaal, 100ste titel in sig - May 24, 2025
Tennis: Novak Djokovic is op die punt om sy 100ste toervlaktitel in te palm na hy Cameron Norrie gister met 6-4, 6-7 6-1 in die halfeindstryd van die Genève Ope geklop het. ‘n Oorwinning in vandag se eindstryd teen die sesde gekeurde Pool, Hubert Hurkacz, is die perfekte voorbereiding vir die Franse Ope wat Sondag […]
Bestuur versigtig, wees bedagsaam op paaie: MVA - May 24, 2025
Die Motorvoertuigongelukkefonds vra bestuurders om veiligheid voor oë te hou tydens die langnaweek en komende vakansiedae. Padongelukke het toegeneem en daar’s gewoonlik meer ongelukke in vakansietye, weens meer verkeer op die paaie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming.
Veldtog kap McKenzie se opdrag oor buitelandse werkers - May 24, 2025
Die Veldtog vir Vrye Uitdrukking veroordeel die minister van Sport, Gayton McKenzie, se onlangse opdrag om buitelandse burgers in die Departement van Sport, Kuns en Kultuur te ontslaan. Direkteur Nicole Fritz noem die opmerking ongrondwetlik en skandelik en waarsku dat McKenzie nie die wettige gesag het om sulke optrede af te dwing nie. Sy sê […]
Regter plaas tydelike verbod op Trump se Harvard-plan - May 24, 2025
‘n Regter het ‘n tydelike verbod uitgereik wat die Trump-administrasie se plan blokkeer om Harvard Universiteit te keer om buitelandse studente in te skryf. Die uitspraak is die jongste in ‘n dispuut tussen die Withuis en een van Amerika se mees gesogte instellings. Die bevel keer ‘n poging deur die Departement van Binnelandse Veiligheid om […]
Poemas, Griekwas in 2025 SA Beker-eindstryd - May 24, 2025
Rugby: Die Poemas is die gashere vir Griekwas in die eindstryd van die 2025 SA Beker vanmiddag in Nelspruit. Dieselfde twee spanne het verlede jaar swaarde gekruis met die Griekwas wat 46-24 gewen het om die eerste titel van die kompetisie te wen. Dit is die vyfde eindronde in agt jaar waarin die twee spanne […]
Hoogste besettingskoers vanjaar in April aangeteken - May 24, 2025
Namibië se toerismesektor sal na verwagting 4,6 miljard Namibiese dollar vanjaar genereer, ondersteun deur ‘n groeikoers van 5,5 persent en ‘n 7,3 persent toename in besoekersaankomste. Die groei is weens verbeterde internasionale lugverbindings, doelgerigte bemarkingspogings in Asië en Europa, en die toenemende vraag na eko-toerisme en kulturele reiservarings, sê Simonis Storm. Die hoogste maandelikse besettingskoers […]
Hou Sibanye aanspreeklik oor vasgekeerde mynwerkers: Amcu - May 24, 2025
Die mynwerkersvakbond Amcu eis aanspreeklikheid vanaf Sibanye-Stillwater oor 260 werkers wat by Kloof 7-skag naby Westonaria in Gauteng vasgekeer was. Hysbakinfrastruktuur is beskadig en dit het werkers meer as drie-kilometer ondergrond gestrand gelaat. Amcu het swak noodvoorbereiding, ‘n vertraging om voorrade te stuur en onveilige toestande veroordeel. Geen beserings is aangemeld nie, maar Amcu vra […]