17 beseer in Hamburg mesaanval, vrou in arres - May 24, 2025

Sewentien mense is beseer, waarvan vier in ‘n kritieke toestand, ná ‘n mesaanval by Hamburg se Sentrale Stasie. Die polisie het na ‘n groot soektog ‘n 39-jarige Duitse vrou gearresteer wat waarskynlik alleen opgetree het. Die Polisie het aan CNN gesê hulle vermoed nie enige politieke motivering nie maar kyk na die moontlikheid dat die […]

Read More

Roland Garros begin nuwe era sonder Rafa - May 24, 2025

Tennis: ‘n Nuwe era breek môre in Parys aan wanneer die Franse Ope die eerste keer sedert 2005 sonder die 14-malige kampioen, Rafael Nadal van Spanje, plaasvind. Die koning van klei het ‘n verstommende rekord op Roland Garros met 112 oorwinnings en net vier nederlae – teen Robin Soderling van Swede in 2009, Novak Djokovic […]

Read More

Copps 94.1-span ruim op na gefnuikte gewapende roof - May 24, 2025

Die Copps 94.1-span was Vrydagaand nog besig met voorstaandiens in die hoofstad, toe hulle ontbied is en moes hand bysit na ‘n gefnuikte gewapende roof in Pionierspark. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die aksie en vertel meer:

Read More

NamRA-beamptes stop dwelms by grenspos - May 24, 2025

Beamptes van die Namibiese Inkomste-agentskap het ‘n groot besending dwelms by die Ariamsvlei-grenspos onderskep. NamRA sê in ‘n verklaring baggasie is deursoek en beamptes het 2 039 Mandrax-tablette asook ‘n pakkie wat vermoedelik kokaïenpoeier bevat gevind. Die Mandrax is sowat 244 700 Namibiese dollar werd maar die poeier moet nog getoets en waardeer word. ‘n […]

Read More

SA moordsyfers neem effe af - May 24, 2025

Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê moordsyfers het in agt van die nege provinsies afgeneem. In totaal 6 467 mense is tussen Januarie en Maart dood – ‘n afname van 3,1-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Mchunu het tydens die vrystelling van die jongste misdaadstatistieke in Pretoria gesê die Noord-Kaap is die […]

Read More

Los lelike windturbines, boor vir olie: Trump aan VK - May 24, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Brittanje aangespoor om te boor vir meer olie eerder as om windturbines te bou. Hy het op sy Truth Social-platform gesê hy beveel ten sterkste aan dat Brittanje sy energiekoste verlaag, ophou met duur en onooglike windturbines, en moderne boorwerk in die Noordsee aanspoor waar groot hoeveelhede olie lê […]

Read More

Swakop-munisipaliteit maak plan met groeiende ontwikkeling - May 23, 2025

In reaksie op die toenemende vraag na gedienste grond en ongevraagde ontwikkelingsvoorstelle, het die Swakopmund-munisipaliteit gestruktureerde prosedures vir grondtoewysing geïmplementeer om deursigtigheid, doeltreffendheid en billike toegang te verseker. Die dorpsraad het bepaal dat beplande ontwikkelings grond vir openbare gebruik moet reserveer, en het duidelike kriteria vir private ontwikkelings opgestel. ‘n Grondontwikkelingsraamwerk, wat ‘n ontwikkelingshandleiding, beplanningsprosedures […]

Read More

Limpopo Gesondheid ondersoek dokter oor poging tot verkragting - May 23, 2025

Limpopo se Gesondheidsdepartement ondersoek ‘n klagte van wangedrag teen ‘n mediese dokter wat na bewering probeer het om ‘n swanger pasiënt te verkrag in die George Masebe-hospitaal. Die voorval het in die sonarkamer plaasgevind tydens ‘n ondersoek. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê die dokter sal ook dissiplinêr verhoor word:

Read More

Harvard dagvaar Trump-administrasie oor buitelandse studente - May 23, 2025

Harvard dagvaar die Trump-administrasie oor hul poging om die spoguniversiteit te verhoed om buitelandse studente in te skryf en te huisves. In ‘n groeiende dispuut, het die Minister van Binnelandse sekerheid, Kristi Noem, Donderdag Harvard se vermoë herroep om buitelandse burgers in te skryf, wat die toekoms van duisende studente in onsekerheid dompel. President Donald […]

Read More

UEFA skaam oor te min Europaliga-eindstryd wennersmedaljes - May 23, 2025

Sokker: Die Europese beheerliggaam UEFA het verskoning gevra omdat die wennersmedaljes opgeraak het nadat Tottenham Hotspur vir Manchester 1-0 verslaan het in Woensdag se Europaliga-eindstryd in Bilbao, Spanje. Meer van Tottenham se spelers as wat verwag is het opgedaag vir die medalje-seremonie – insluitend beseerde spelers wat nie gespeel het nie. Kaptein Son Heung-min en […]

Read More