DA het kommer oor Fazel se skorsing - October 17, 2025
Die DA het sy diepe kommer uitgespreek oor president Cyril Ramaphosa se skorsing van die Inspekteur-Generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel. Die party sê die stap kom te midde van toenemende bewyse van politieke inmenging en korrupsie binne veiligheidstrukture. Dianne Kohler Barnard van die DA waarsku dat Fazel se skorsing, tesame met aanvalle op ander anti-korrupsie-amptenare, […]
Guterres veroordeel gebeure in Madagaskar - October 17, 2025
Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het die onlangse ongrondwetlike regeringsverandering in Madagaskar sterk veroordeel en ‘n beroep gedoen op die onmiddellike herstel van grondwetlike orde en respek vir die oppergesag van die reg. In ‘n verklaring, het hy steun uitgespreek vir die besluit van die Afrika-unie om Madagaskar te skors van deelname aan alle aktiwiteite […]
Gyselaar-oorskot: Dit sal tyd van om almal op te spoor - October 17, 2025
Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het by ‘n gedenkdiens vir slagoffers van die Hamas-geleide aanval op 7 Oktober 2023 gesê dat hy vasbeslote is om te verseker dat die oorskot van gyselaars in Gaza oorhandig word. Dit was nadat Hamas die liggame van nog twee gyselaars teruggegee het, maar gesê het dat hulle nie die […]
Huishoudelike koopkrag bly swak - October 17, 2025
FNB sê in ‘n ontleding huishoudelike kredietgroei het ‘n beskeie verbetering tot 2,8 persent op ‘n jaargrondslag in Augustus getoon, effens hoër as 2,7 persent in Julie. Hierdie marginale toename is hoofsaaklik gedryf deur ‘n beskeie herstel in die oortrokke leningsegment, hoewel hierdie kategorie vir agt agtereenvolgende maande in negatiewe gebied bly as gevolg van […]
Goud styg verder, beleggers soek veiligheid - October 17, 2025
Die prys van goud styg steeds en verhandel net bo 4 300 Amerikaanse dollar per fynons, aangedryf deur ‘n swakker dollar, wat in die afgelope ses maande met amper 8 persent geval het, en onsekere geopolitiek. Deutsche Welle het met Sandra Navidi, een van die bekendste konsultante in internasionale finansies en uitvoerende hoof van Beyond […]
Eise vir ‘n ondersoek na oorgrensbusse in SA - October 17, 2025
Die African United Borders Bus Trucks Association doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om ‘n proklamasie te onderteken vir ‘n ondersoek na die onwettige bedrywighede van oorgrens-busse. Dit volg nadat ‘n busongeluk Sondag op die N1 naby Louis Trichardt 43 lewens geëis het, met die meeste van die passasiers van Zimbabwe en Malawi. Die […]
Vordering met Ebola in DRK - October 17, 2025
Owerhede in die afgeleë dorp Bulape in die DRK sê dat vordering gemaak word om ‘n Ebola-uitbreking in die gebied te beheer, na meer as ‘n maand se pogings om die virus te beperk. Kongolese owerhede het die epidemie op 4 September vir die eerste keer verklaar. Dit was die eerste uitbreking in 18 jaar […]
Regbank sê oor landdros-aanstellings - October 17, 2025
Die Landdroskommissie van Namibië sê die aanstelling van 27 tydelike landdrosposte is daarop gemik om die agterstand in sake te verlig en die doeltreffendheid van die regsproses te verbeter. Daar was kritiek omdat permanente landdroste as tydelike landdroste wou optree maar, dan moes hulle bedank. Regbankwoordvoerder Victoria Hango het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat […]
Gautengonderwys weerlê berigte oor honger kinders - October 17, 2025
Die Gautengse Onderwysdepartement sê hy is bekommerd oor die misleidende storie in ʼn nasionale publikasie met die opskrif: “Hunger Stalks Gauteng Pupils”. Die saak hou verband met een diensverskaffer in die Nasionale Skoolvoedingsprogram in Tembisa, Ekurhuleni. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê hy het Woensdag kennis geneem dat een diensverskaffer weier om ʼn nuwe […]
Houthi-hoof dood in Israeliese aanval - October 17, 2025
Die militêre hoof van Jemen se Houthi-rebelle is in ‘n Israeliese aanval dood. Die Iran-gesteunde groep sê generaal-majoor Mohammed al-Ghamari is in die geveg teen Israel dood sonder om verdere besonderhede te gee, maar het met wraak gedreig. Die aankondiging van sy dood volg dae na ‘n wapenstilstand in die tweejaarlange Gaza-oorlog, waartydens die Houthi’s […]