Sorteer jou vullis, Stad Windhoek sal jou betaal - May 23, 2025
Die Stad Windhoek het ‘n nuwe opleidingsveldtog oor vaste afvalbestuur van stapel gestuur om herwinning en skoner gemeenskappe te bevorder. Deur hierdie inisiatief kan inwoners nou gesorteerde afval vir kontant verruil. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya gepraat. Sy sê die hoofstad kan sy status as die skoonste […]
Kaholongo, Gertze nou uitvoerende direkteure in presidentskantoor - May 23, 2025
Mateus Kaholongo en ambassadeur Neville Gertze is aangestel as uitvoerende direkteure in die kantoor van die president effektief 1 Junie. Albei het vaste-termynkontrakte gekry, met Kaholongo wat vir drie jaar en een maand sal dien, en Gertze vir vyf jaar. Kaholongo is tans die waarnemende uitvoerende direkteur in die Kantoor van die President. Gertze was […]
Bendegeweld knou SA, sê ActionSA - May 23, 2025
ActionSA rig weer ‘n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê dit dwing onskuldige gesinne om […]
Trump dreig Apple met 25% tariewe - May 23, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump dreig Apple met ‘n tarief van 25-persent as die iPhones wat die maatskappy in die Verenigde State verkoop, nie plaaslik vervaardig word nie. In ‘n plasing op Truth Social het Trump gesê hy het Apple meegedeel dat hy verwag dat hul iPhones wat in die VSA verkoop sal word, nie […]
Sesde Nama Kultuurfees reg om af te skop - May 23, 2025
Die finale voorbereidings is afgehandel vir die 6de uitgawe van die Nama Kultuurfees, wat van 29 Mei tot vroeg in Junie in Keetmanshoop sal plaasvind. Die fees is ‘n jaarlikse viering van die ryk erfenis, tradisies en identiteit van die Nama-gemeenskap. Die voorsitter van die feesorganiseringskomitee, Dirk #Eigub, het met die media gepraat.
Laaste kans om Namibië Rugby Premierliga-semis te haal - May 23, 2025
Verskeie spanne is nog in die stryd om môre vir die halfeindstryde van die Namibië Rugby Premierliga te kwalifiseer. Voorlopers Wanderers op 39 punte en die tweede geplaasde Kudus op 29 punte het reeds hul halfeindstryd-plekke bespreek. Unam en Grootfontein, albei op 21 punte en Trustco United op 20 punte is voor in die stryd […]
NNN maak begin met petroleumeenheid in presidensie - May 23, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het voormalige adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, aangestel as spesiale adviseur en hoof van die Stroomop Petroleumeenheid in die presidensie, terwyl Carlo McLeod as spesiale adviseur en die eenheid se adjunkhoof aangestel is. Hy was Chevron Namibië se adjunk-hoofbestuurder vanaf 2023, en adjunkdirekteur van die direktoraat petroleumaangeleenthede in die energie-ministerie […]
Dis hoekom ACC nie Katima grond-vir-voertuig transaksie ondersoek nie - May 23, 2025
Die direkteur van die Teenkorrupsie Kommissie, Paulus Noa, en die Stedelike en Landelike Ontwikkeling-minister James Sankwasa het vandeesweek ‘n media-debat gehad oor ‘n motor wat vir munisipale grond verruil is in Katima Mulilo. Die kommissie het verklaar dat hulle nie die Katima Mulilo-stadsraad se transaksie sal ondersoek nie. Noa het opgemerk dat die saak nie […]
Natau rig waarskuwing oor nie-nakoming van minimumloon - May 23, 2025
Die nasionale koördineerder van die Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersunie, Natau, Helvi Hamukoshi, het ‘n sterk waarskuwing gerig aan eienaars van sekuriteitsmaatskappye wat nie die verpligte minimumloon betaal nie. Sy beklemtoon dat nakoming van die loonbepalings dringend en ononderhandelbaar is. Hamukoshi waarsku dat voortgesette nie-nakoming ernstige gevolge sal hê, insluitend moontlike regstappe, soos bepaal deur […]
Namdia-rooftogsaak uitgestel na Augustus - May 23, 2025
Die oud-Namdia sekuriteitsbeampte Joel Angula en ‘n mede-beskuldigde, Sam Shololo, het vlugtig in die Windhoekse laerhof verskyn. Hulle word onder meer aangekla van moord op Namdia se sekuriteitshoof, die 58-jarige Francis Eiseb, tydens die opspraakwekkende rooftog op 18 Januarie vanjaar. Diamante ter waarde van sowat 349 miljoen Namibiese dollar is na bewering gesteel. Die saak […]