NNN bekommerd oor toenemende misdaad - May 23, 2025

Die uitklaarseremonie van 1 799 polisierekrute van die eerste inname van 2024-25 vind plaas in die Oshakati Onafhanklikheidstadion, bygewoon deur kabinet-afgevaardigdes. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar hoofrede benadruk dat Namibië ‘n land moet wees waar burgers en toeriste veilig voel. Sy het haar teleurstelling uitgespreek oor toenemende misdaad in die land.

Read More

Cyril se VSA-besoek ‘n hupstoot vir handel, diplomasie: Agbiz - May 23, 2025

Die hoofekonoom by Agbiz, Wandile Sihlobo, sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan die VSA dui op ‘n keerpunt in die herstel van bande tussen Suid-Afrika en die VSA. Sihlobo het die groeiende uitvoermomentum beklemtoon in produkte wat wêreldwyd in 2024 uitgevoer is. Hy waarsku egter misdaad bly ‘n landwye krisis en vra verenigde optrede […]

Read More

Angelo Mathews gaan uittree uit toetskrieket - May 23, 2025

Krieket: Die voormalige kaptein van Sri Lanka, Angelo Mathews, het aangekondig dat hy uit toetskrieket gaan tree nadat hy volgende maand in die eerste wedstryd teen Bangladesj gespeel het. Hy sal wel aanhou met witbalkrieket. Die 37-jarige veteraan sal die lang formaat verlaat na ‘n toetsloopbaan van 16 jaar, wat in Julie 2009 teen Pakistan […]

Read More

Ryp een van die dae moontlik: weerkenner - May 23, 2025

Met die eerste winterkoue wat sy tande gewys het, voorspel weerkenner Johan van den Berg ‘n moontlikheid van ryp in die nabye toekoms. Dit is maar die begin van die winter, maar boere dink waarskynlik reeds aan die reënprentjie vir die volgende somer. Van den Berg gee ‘n oorsigtelike voorspelling van wat kan verwag word […]

Read More

Universiteite in krisis na VSA-navorsingfondse wegval - May 23, 2025

Die Amerikaanse regering het navorsingsfondse besnoei wat Suid-Afrikaanse universiteite in ʼn krisis gedompel het. Dit raak 44 programme ter waarde van 2,5-miljard Suid-Afrikaanse rand. Die Wits-gesondheidskonsortium sê hy het 1,8-miljard-rand van die Nasionale Tesourie nodig om alle Amerikaanse toelaes oor die volgende drie tot vier jaar te vervang. Die Universiteit van Kaapstad sê sonder ingryping […]

Read More

Man word wakker, vind vragskip in voortuin - May 23, 2025

‘n Man in Byneset, Noorweë, het wakker geword om ‘n groot houerskip in sy voortuin te vind. Die 135m-lange skip het Johan Helberg se huis net-net gemis toe dit omstreeks 5-uur die oggend van koers af gegaan en op land geëindig het. Helberg se huis is naby die oewer van die Trondheim Fjord en hy […]

Read More

Mercedes-motors kort meer woema, sê Russell - May 23, 2025

Motorsport: George Russell glo Mercedes moet beter werkverrigting uit die sy motors haal op die naweek se Grand Prix in Monaco. Die Brit het verlede naweek sewende gekom op die Emilia-Romagna Grand Prix in Imola – die eerste keer dié seisoen dat hy nie onder die voorste vyf was nie. Russell, wat tans vierde is […]

Read More

Pryse styg skerp in vervaardigingsektor, kragpryse stabiel - May 23, 2025

Die Namibië Statistiek-agentskap het sy verslag oor die produsenteprysindeks vir die eerste kwartaal vrygestel. Belangrike bevindings sluit in noemenswaardige prysstygings in die vervaardigingsektor en relatiewe prysstabiliteit in kragopwekking en verspreiding.Mirjam Shihepo, die agentskap se kommunikasie-beampte.

Read More

Ford herroep 2024 Rangers in Suider-Afrika - May 23, 2025

Die Ford Motor-motormaatskappy in Suider-Afrika het Ford Rangers herroep wat verlede jaar vir verkoop beskikbaar gestel is. Dit volg nadat ses voertuigvervaardigers verlede week motors onttrek het. Die Nasionale Verbruikerskommissie se hoof van klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, sê dit word toegeskryf aan die verkeerde laer beheer-arm wat aangebring is:

Read More

Nog filmsterre teken ope brief teen beweerde Gaza-volksmoord - May 23, 2025

Die Franse aktrise Catherine Deneuve het by meer as 900 bekendes aangesluit wat ‘n ope brief onderteken het waarin hulle die beweerde volksmoord in Gaza veroordeel. Dit het begin sirkuleer voor die Cannes-rolprentfees. Ander ondertekenaars sluit in die ster van “Schindler’s List”, Ralph Fiennes, Juliette Binoche, Jonathan Glazer, Richard Gere, Susan Sarandon, Pedro Almodóvar en […]

Read More