Luka Modric verlaat Real Madrid na Klub-Wêreldbekertoernooi - May 23, 2025
Sokker: Real Madrid se 39-jarige Kroatiese middelveldspeler, Luka Modric, het aangekondig dat hy die Spaanse reus ná die Klub-Wêreldbekertoernooi gaan verlaat. Hy het byna 600 wedstryde vir Real gespeel sedert hy in 2012 van Tottenham af aangesluit het, en het onder meer ses Kampioeneliga- en vier La Liga-titels gewen. Modric het die Ballon d’Or in […]
Regstelsel kort pleitooreenkomste - May 23, 2025
Die justisieministerie het ‘n beroep op lede van die publiek en regspraktisyns gedoen om wetshervorming vir die regstelsel voor te stel. Die lang tye wat dit neem om strafregtelike sake te finaliseer word al lank as ‘n probleem beskou. Prokureur Kadhila Amoomo sê dat die ministerie moet kyk na die instelling van pleitooreenkomste. ‘n Pleitooreenkoms […]
Hoofstad reg vir derde Vivo Energy-maraton - May 23, 2025
Die derde Vivo Energy Windhoek Marathon vind môre in die hoofstad plaas met meer as 4 300 drawwers wat na verwagting aan die verskillende kategorieë van dié wedloop sal deelneem. Volgens die woordvoerder van Vivo Energy Namibia, Lazarus Nafidi, sal die opbrengs van vanjaar se wedloop aangewend word om sonkrag-straatligte in areas te installeer waar […]
Ovaherero-, Nama-owerhede sê regering ignoreer geskiedenis - May 23, 2025
Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp 28 Mei as Volksmoord-Gedenkdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul betrokkenheid ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, wat direk verband hou met die volksmoordbevele. Leiers soos Nandiuasora Mazeingo van die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê die regering ignoreer hul geskiedenis en hulle eis restouratiewe geregtigheid. Kosmos […]
Bankaansoeke oorheers mosiehof - May 23, 2025
Dit was ‘n redelik klein mosiehof vanoggend voor regters Orben Sibeya en Nate Ndauendapo, met 84 aansoeke vir verstekvonnisse, waarvan vyf op die reël 108-rol was. Banke het 36 van die aansoeke gebring. Hulle eis 18 onbetaalde eiendomslenings terug ter waarde van 16,8 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 15 onbetaalde lenings met ‘n skuldlas […]
Ramaphosa, Trump ‘praat by mekaar verby’ - May 23, 2025
Die lippe klap steeds oor Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging se ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump in die Withuis. Internasionale media is dit merendeels eens dat Trump Ramaphosa in ‘n gechoreografeerde lokval gelei het, maar dat Ramaphosa kalm gebly het en hom goed van sy taak gekwyt het. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Minder Namibiërs reis ná Paasnaweek - May 23, 2025
Duitsland, Oostenryk en Switzerland saam het vir net meer as 40 persent van toeriste gesorg wat Namibië verlede maand besoek het, sê Simonis Storm. Plaaslike reisigers het vir sowat 19,3 persent van April se besettingsyfers gesorg, heelwat laer as in Maart toe dit ongeveer 26,5 persent beloop het. Simonis Storm skryf die hoër syfer in […]
Kapitaalprojekte lê en vergader stof - May 23, 2025
Belastingbetalers se geld word steeds vermors omdat die regering nog nie die kwessie van verlate kapitaalprojekte aangespreek het nie. Volgens ‘n verslag van die parlementêre staande komitee vir ekonomie en openbare administrasie, is ses projekte van altesaam 224,5 miljoen Namibiese dollar in die //Kharas-streek laat vaar of is onvoltooid. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry […]
SA parlement erken plaasmoorde is nasionale krisis - May 23, 2025
Die DA verwelkom die parlement se erkenning van plaasmoorde as ‘n nasionale krisis en doen ‘n beroep vir dringende optrede om landelike gemeenskappe te beskerm. Die DA se landbouwoordvoerder, Willie Aucamp, en die polisiewoordvoerder, Ian Cameron, steun die aanvaarding van ‘n gesamentlike parlementêre verslag om hervormings aan te spoor. Dit sluit ‘n landelike veiligheidseenheid, verbeterde […]
Prins William maak dokkie oor wildbewaarders - May 23, 2025
Prins William het in samewerking met United for Wildlife, ‘n nuwe baanbreker dokumentêre reeks getiteld Guardians bekendgestel. Die dokumentêr oor ses episodes bied ‘n seldsame blik op die gevaarlike werk van wildbewaarders wat wêreldwyd aan die voorpunt van bewaring staan. Die reeks volg stories van bewaarders wat in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Indiese Himalajas, Mexiko se See van […]